中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US kry hiperspektrale kernskandeerder present vir navorsing en opleiding
Outeur: Wiida Fourie-Basson (Media: Faculty of Science)
Gepubliseer: 06/06/2025

?Die Universiteit Stellenbosch (US) sal binnekort die eerste universiteit in Suid-Afrika wees wat kan spog met 'n operasionale hiperspektrale kernskandeerstelsel danksy 'n ruim skenking van Anglo Gold Ashanti.

Die hiperspektrale kernskandeerder is opgestel, en sal in werking gestel word onder  beskerming van die African Rainbow Minerals (ARM) Geometallurgie-navorsingsleerstoel, wat gesamentlik beklee word deur Prof. Bjorn von der Heyden in die US se Departement Aardwetenskappe, en dr. Margreth Tadie van die Departement Chemiese Ingenieurswese, ook aan die US.

Prof. Von der Heyden sê hul het die geleentheid aangegryp aangesien sulke stelsels gewoonlik by mynmaatskappye en raadgewende firmas gehuisves word, gegewe die astronomiese koste van die tegnologie: “Anglo Gold Ashanti was gretig om hulle kernskandeerder aan 'n universiteit soos die US te skenk waar dit vir navorsing en studente-opleiding benut sal word, “ verduidelik hy. 

Vanuit 'n navorsingsperspektief is hulle opgewonde oor die voortgesette aard van mineralogiese data wat die kernskandeerder verskaf: “Die masjien kan tot 200 meter rotskern op 'n daaglikse basis skandeer, en verskaf kortgolf infrarooi hiperspektrale data (1000 – 2500 nm spektrale omvang) en RGB kleurdata teen 'n pixelresolusie van 0.1 – 2 mm, na gelang van die gekose gesigsveld," verduidelik hy.

Die spektrale bande bied insig in die relatiewe oorvloed van minerale soos amfibool, toermalyn, muskowiet, gibbsiet ens. te identifiseer. Verskeie van bogenoemde minerale word as veranderingsminerale beskou, wat geologiespanne op die spoor van die mineralisasie van die ertsminerale kan sit.

Von der Heyden sê dit sal gebruik word in eksplorasiegeologie en grondwetenskap, asook vir die ontwikkeling van werksvloeiprosesse wat in geometallurgie gebruik kan word. Aangesien die groot datastelle toeganklik is vir die toepassing van majienleeralgoritmes, wil die ARM-navorsingsleerstoelhouers in Geometallurgie ook hul verhouding met die Skool vir Datawetenskap aan die US uitbou.

Dr. Tadie voeg by: “Gegewe die skaal waarop die hiperspektrale kernskandeerder werk, vul dit ons bestaande geometallurgiese gereedskapskis uitstekend aan, wat reeds bestaan uit mikro-analitiese karakterisering, empiriese toetswerk op grootmaatmonsters, en ruimtelike en prosesmodellering.

“Dit is 'n ongelooflike robuuste masjien wat aan studente die geleentheid sal bied om by afgele? veldterreine te werk. Hierdie studente sal opgelei word in multidimensionele stelseltipe denke, en sal aan die mineralogie, chemie en veredelingsreaksies van die gesteentes moet dink in terme van hul diagnostiese spektrale handtekeninge wat verander oor die ruimtelike skale wat ge?valueer word," sluit sy af.

20250529_150420.jpg

Op die foto bo: Die span van die US en die raadgewende maatskappy TerraCore, wat hierdie stelsel aanmekaar gesit het, is van links na regs: Prof. Bjorn von der Heyden, dr. Margreth Tadie, dr. Bambesiwe May, Phd-student Mawande Ntantiso, mnr. Thandikhaya Mxinwa (TerraCore), en dr. Boikanyo Motloba?. Foto: Wiida Fourie-Basson