中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Senzakahle Mazibuko: Fakkeldraer vir kulturele identiteit
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 06/06/2025

?JEUGMAAND

Gedurende hierdie Jeugmaand vier ons studente wat positiewe verandering op die kampus, in hulle gemeenskappe en verder bevorder. Deur hulle leierskap, deernis en toewyding help hulle om ? beter toekoms vir Suid-Afrika te bou. Hierdie profiele laat die kollig val op die impak en energie van ? nuwe generasie studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat verandering bewerkstellig.

Toe Senzakahle Mazibuko die eerste keer in Stellenbosch aangekom het, het hy die ritme van sy huistaal en die rykdom van sy landelike grootwordjare in KwaZulu-Natal gemis. “Ek het besef daar is nie baie sigbare platforms waar isiZoeloe-kultuur en perspektiewe van landelike studente gevier word nie," sê hy. Eerder as om te onttrek, het hy gekies om te lei.

Mazibuko, ? Nagraadse Onderwyssertifikaat-student (NOS) wat in Frans en geskiedenis spesialiseer, is die medestigter en ondervoorsitter van die Zoeloe-vereniging aan die US – ? dinamiese studente-organisasie wat tot die bevordering van Zoeloe-identiteit, -taal en -kultuur verbind is. Deur middel van kulturele geleenthede, werksessies en kampusdialo? het die vereniging ruimte vir studente van uiteenlopende agtergronde geskep om met mekaar te skakel en van mekaar te leer.

“Synde iemand wat van ? landelike gebied afkomstig is, moes ek dikwels strukturele en sosiale hindernisse uitdaag," verduidelik hy. “Ek is passievol daaroor om ruimtes te skep waar jongmense uit gemarginaliseerde agtergronde kan gedy en met trots op hulle identiteit kan lei."

? Stem vir insluiting

In sy rol as ? NOS-verteenwoordiger in die Onderwysstudentekomitee (OSK) maak Mazibuko voorspraak vir die akademiese en emosionele welstand van NOS-studente – waarvan talle, soos hy, die Universiteit as eerstegenerasie-studente navigeer. Hy het ook deur sy rol in die Grondwetlike Hersieningskomitee van die Verenigingsraad tot institusionele hervorming bygedra, waar hy gehelp het om inklusiewe grondwette op te stel om te verseker dat studente-organisasies die diversiteit van die bre?r universiteitsbevolking weerspie?l. Verlede jaar het hy aan die Grondwet- en Dissiplinêre Komitee by die Walter Pary-koshuis deelgeneem, waar hy tot dissiplinêre beleide bygedra het.

“Ek hoop om ? ho?ronderwys-omgewing te sien waar kulturele diversiteit nie net geduld word nie, maar verwelkom word," sê Mazibuko. “Deur my werk in die Zoeloe-vereniging en die OSK help ek om inklusiewe platforms te skep waar studente tuis kan voel, en waar kulturele kennis as ? bate eerder as ? hindernis beskou word."

Vir Mazibuko strook hierdie pogings met die US se Visie 2040, wat transformasie as ? integrale deel van die instelling se toekoms erken. “Hopelik sal al die transformasiestrukture ook die belangrikheid van kulturele transformasie erken en studente-inisiatiewe ondersteun," voeg hy by.

Geanker in gemeenskap, ge?nspireer deur veerkragtigheid

Mazibuko is in KwaBhekuZulu, ? landelike gemeenskap in Estcourt, KwaZulu-Natal, gebore, waar sy waardering vir kulturele identiteit gekoester is. “Ek het eerstehands gesien hoe taal en kultuur, na gelang van die ruimte waarin jy jou bevind, óf ? bron van trots óf van onsigbaarheid kan wees," sê hy.

Daardie vroe? ervaring het sy benadering tot leierskap en onderwys gevorm. Sy doelwit is om seker te maak dat geen student onsigbaar of misverstaan in institusionele ruimtes voel nie. “Om ander studente uit agtergronde soos myne te kan verteenwoordig en op te hef is iets wat ek met groot trots doen."

Sy pogings is verlede jaar formeel erken toe Mazibuko die Rektor se Toekenning vir Uitnemendheid in Kultuur ontvang het. “Dit was ? kragtige bevestiging dat die werk wat ek doen om kulturele identiteit en studentebemagtiging te bevorder, nie net vir my saak maak nie, maar ook vir die bre?r universiteitsgemeenskap," merk hy glimlaggend op.

Mazibuko wys vinnig daarop dat sy prestasies die produk van kollektiewe sorg is. Van sy familie in KwaBhekuZulu tot die vriende wat hy as “broers" beskryf, van sy dosente tot gemeenskapsleiers, het almal gehelp om sy storie te vorm. “Ek glo dat dit werklik ? dorp verg, en ek is die produk van kollektiewe sorg, ondersteuning en geloof. Ek dra die vingerafdrukke van ? hele gemeenskap, en elke tree wat ek gee, is ? weerspie?ling van diegene wat gulhartig aan my gegee het."

Aanhouer wen

Twee mentors staan uit: Dr Gibson Ncube, sy Franse dosent, “wie se mentorskap en geloof in my akademiese potensiaal lewensveranderend was", asook Eulender Uys, mede-eienaar van Go Gadgets SA in die Strand. “Haar werksetiek, nederigheid en toewyding om ander te bemagtig, veral jong swart vroue, inspireer my steeds ten diepste."

Wanneer Mazibuko oorweldig voel, dink hy aan sy gemeenskap – mense wat vas in hom glo, al verstaan hulle nie altyd die akademiese stelsels wat hy moet navigeer nie. Hulle stil geloof herinner hom hoekom hy moet aanhou. Om sy ewewig te behou wend hy hom tot Maskandi-musiek, veral Khuzani se “Amayakayaka", ? liedjie oor veerkragtigheid en deursettingsvermo?. “Die liedjie se boodskap vind diep aanklank by my en herinner my om ongeag die uitdagings vol te hou. Ek kan nie ? eksamen onthou wat ek gedruip het nadat ek dit gespeel het nie!"

Vir hom is die sleutel om aan te hou. “Ware verandering neem tyd. Selfs wanneer vordering stadig voel, dra elke gesprek, elke treetjie en elke inisiatief by."

Toe hy gevra is watter raad hy aan ander studente sou gee wat hoop om ? verskil te maak, weerspie?l Mazibuko se antwoord die stil vasberadenheid wat hom definieer: “Begin waar jy is. Skep die ruimte wat jy nodig het – nie net vir jouself nie, maar ook vir ander."

FOTO: Stefan Els
GRAFIKA: Geola Bergman