?Ouers moet ondersteun word om koesterende sorg aan hul kinders te verskaf. Die verskaffing van koesterende sorg beteken nie net om te verseker dat hulle gesond is en goed gevoed is nie. Dit beteken ook om hulle behoeftes raak te sien, te verstaan en daarop te reageer—om te verseker dat hulle veilig voel, buite gevaar bly en om aan hulle eenvoudige en uitvoerbare vroe? leergeleenthede te bied. Só skryf Kelly Gemmell van die Instituut vir Lewensloopgesondheidsnavorsing in ? meningsartikel vir die Weekend Argus ter viering van Wêrelddag vir Ouers wat Sondag 1 Junie gehou is.
- Lees die vertaalde weergawe van die artikel hieronder of klik hier vir die stuk soos geplaas.
?Kelly Gemmell*
Ouers het al sedert bevrugting 'n beduidende invloed op hulle kinders se ontwikkeling. Sodra iemand 'n ouer word, hou dié belangrike verantwoordelikheid nooit op nie. Ouerskap kan wonderlik en lonend, maar ook uitdagend en vreesaanjaend wees.
Daarom herdenk jaarliks ons Wêrelddag vir Ouers op 1 Junie, om erkenning te gee aan die uiters belangrike rol wat ouers in kinders se lewens—en uiteindelik in die samelewing—speel. Maar waarom is ouers se rol so belangrik? En wat benodig Suid-Afrikaanse ouers om dit te vervul?
Alle kinders moet, om hulle volle potensiaal te ontwikkel, versorg en gekoester word. Die verskaffing van koesterende sorg beteken nie net om te verseker dat hulle gesond is en goed gevoed is nie. Dit beteken ook om hulle behoeftes raak te sien, te verstaan en daarop te reageer—om te verseker dat hulle veilig voel, buite gevaar bly en om aan hulle eenvoudige en uitvoerbare vroe? leergeleenthede te bied.
Ouers en versorgers is in die eerste lewensjare die naaste aan die kind en dus is hulle die beste verskaffers van hierdie koesterende sorg. Koesterende sorg kan lewensveranderend wees en bied die omgewing wat vir optimale breingroei noodsaaklik is, insluitende die vorming van neurale konneksies—die boustene van leer en geheue. Koesterende sorg, wat deur 'n liefhebbende en oplettende ouer verskaf word, stel 'n kind in staat om verhoudings te bou en om 'n gesonde selfbeeld te ontwikkel.
Armoede en uiterste te?spoed in lae- en middelinkomstelande (LMIL'e) beteken egter dat ongeveer 250 miljoen (of ongeveer 40 %) van kinders jonger as vyf jaar die risiko van suboptimale ontwikkeling en dwerggroei loop. Ons weet ook dat net 25% van kinders tussen die ouderdom van drie en vier in LMIL'e tans voldoende koesterende sorg ontvang. Dit stel hulle aan die risikofaktore bloot wat hulle gesonde ontwikkeling benadeel.
Verder hou 'n kind se behoefte aan koesterende sorg nie op as hulle die ouderdom van drie bereik nie. Die aandag moet deur die middelkinderjare tot in adolessensie deurgaans voortgaan om die vordering wat in die vorige fases gemaak is, te konsolideer en om die uitdagings wat hulle in elke fase van ontwikkeling ondervind of wat met daarmee geassosieer word, aan te spreek.
Daar is bykans sewe miljoen kinders onder die ouderdom van ses in Suid-Afrika. Altesame 70% van hierdie kinders woon in huishoudings met 'n inkomste van minder as R1 634 per maand per persoon—die amptelike “ho?rgrensende" broodlyn—en bykans 40% woon in huishoudings waar hulle nie genoeg verdien om in hulle kinders se basiese dieetkundige behoeftes te voorsien nie.
Die Thrive by Five-indeks het onlangs berig dat 'n skrikwekkende 57% van Suid-Afrikaanse kinders wat 'n vroe? leerprogram bygewoon het, nie teen die ouderdom van vyf kon floreer nie. Dit beteken dat hulle in terme van hulle fisiese-, kognitiewe, taal- of sosiale en emosionele ontwikkeling nie die ouderdomsgepaste mylpale kan bereik nie.
Ons weet daar bestaan steeds massiewe ongelykheid in Suid-Afrika in kinders se ondervinding van sorg in hulle eerste vyf jaar, wat tot meetbare uiteenlopendheid in hulle vermo?ns en potensiaal lei. Ons weet dat die meeste behoeftige kinders selfs nog voordat hulle skool toe gaan, beduidende hindernisse in hulle reis na sukses ondervind. Dit be?nvloed sodoende hulle langtermynvooruitsigte en versterk die siklus van armoede. Wanneer hulle individuele ontwikkeling en welstand nie bevorder word nie, kan die voordele tussen geslagte vir gesinne en gemeenskappe verlore gaan, wat tot 'n samelewing lei wat minder produktief en koherent is.
Om van die belangrikheid van ouerskap en koesterende sorg bewus te wees, is een ding. Maar om dit heeltyd te kan verskaf, is baie keer onbereikbaar en onrealisties. Dit is vir vele Suid-Afrikaanse ouers en gesinne moeilik om voldoende sorg aan hulle jong kinders te kan verskaf wanneer hulle in die uiterste armoede leef en oorlewing 'n daaglikse stryd is. Vele staar werkloosheid, finansi?le te?spoed, jong ouerskap, gestremdheid, gesinsgeweld, rasse- of etnisiteitsgebaseerde diskriminasie, alkohol- of middelmisbruik of nageboortelike depressie in die gesig.
Ons weet hierdie tipe bedreigings is geneig is om hand-aan-hand te gaan, dikwels saam met onvoldoende diensverskaffing en sosiale uitsluiting. Om aan een bedreiging bloot gestel te word, beteken gewoonlik om aan baie bedreigings blootgestel te word.
Hoewel ouers wat die belangrikheid van ouerskap en kinderontwikkeling verstaan, meer geneig is om koesterende, ingeligte en positiewe ouerskapspraktyke toe te pas, is kennis alleen nie genoeg nie. Ouers en versorgers is beter toegerus om die sorg wat hulle kinders benodig, te verskaf wanneer hulle emosioneel, finansieel en sosiaal seker is. Hulle moet die nodige tyd en hulpbronne hê om na hulleself om te sien en sodoende koesterende sorg aan hulle kinders te kan verskaf.
Ons weet hoe om die bemagtigende omgewings te skep wat ouers nodig het om koesterende sorg te kan verskaf. Beleide wat gesonde omgewings en universele gesondheidsorg aanmoedig, asook internasionale konvensies wat oor vrede, sekerheid en menseregte handel, is amptelik bekragtig. Talle individuele lande se maatskaplike beskermingstelsels beskerm gesinne en individue wanneer hulle ekonomiese en sosiale te?spoed in die gesig staar.
Werksbeleide laat ook ouers toe om tyd weg van die werk af—of in geriewe by die werkplek —te spandeer om hulle jong kinders te voed en te versorg. Daar moet egter nog baie meer gedoen word om te verseker dat kinders wat nie koesterende sorg ontvang nie—en hulle ouers wat nie in staat is om dit te verskaf nie—ondersteun word.
Gesinsvriendelike lands- en konteksspesifieke beleide, tesame met 'n sterk politieke wil en die gehalte-versekerde implementering van hierdie beleide, is nodig. Soos sake staan, sorg Suid-Afrika se Nasionale Ge?ntegreerde Vroe?kinderontwikkelingsbeleid (NGVKOB) vir 'n ge?ntegreerde en gevarieerde pakket dienste wat in die vroe? kinderjare nodig is. Die hele Suid-Afrikaanse regering en samelewing moet voortgaan om saam te werk om 'n ondersteunende en bemagtigende omgewing te skep om te verseker dat alle kinders werklik die volle, ho?-gehalte pakket dienste ontvang soos wat dit in die beleid uiteengesit word.
Hoewel ons dit nie vir onsself nou kan voorstel nie, moet ons groot droom en vir ander groot oorwinnings vir ons land se ouers en kinders veg. Oorwinnings soos voldoende betaalde verlof aan alle ouers wat in die formele én informele sektor werk, sodat hulle in hulle kinders se behoeftes kan voorsien. Kom ons visualiseer 'n samelewing waar ma's ondersteun word om uitsluitlik te borsvoed deur werksomstandighede te verbeter, borsvoedkamers te bied en in gesinne te belê sodat hulle tyd en ondersteuning aan hulle jong kinders kan verskaf.
Stel 'n Suid-Afrika voor waar ouers toegang tot goeie-gehalte en bekostigbare kinderversorging vir hulle kinders het om die vroe? leerbehoeftes soos wat hulle ontwikkel en groot word, aan te spreek.
Dit is 'n moontlikheid. Kom ons maak dit 'n werklikheid.
*Kelly Gemmell is 'n navorser by die Instituut vir Lewensloopgeson dheidsnavorsing aan die Universiteit Stellenbosch.
?