中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sivenathi Booi: Lewer uitstekende opbrengste
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 02/06/2025

?Ter viering van Jeugmaand plaas die Jong Alumni-program (YAP) aan die Universiteit Stellenbosch (US) die kollig op ons ongelooflike jong alumni. Ontmoet van ons merkwaardige Maties onder 35 jaar, wat hul US-verworwe kennis en vaardighede gebruik om grense te verskuif en werklik ’n impak in verskeie velde te maak.

Sivenathi Booi is 'n vrou wat weier om deur haar omstandighede gedefinieer te word. Deur pure vasberadenheid en 'n onwrikbare geloof in haar potensiaal het sy daarin geslaag om te?spoed te oorkom om haar eie weg te baan. Deesdae is sy 'n finansi?le adviseur by Liberty Group South Africa en floreer sy nie net in haar loopbaan nie, maar help ook om ander te bemagtig en op te hef.

Sivenathi, wat van die Oos-Kaap afkomstig is, het sonder haar ouers grootgeword en selfs tye van haweloosheid beleef. Maar sy het nie toegelaat dat hierdie uitdagings haar visie be?nvloed nie. Met meedo?nlose fokus het sy in 2018 'n Baccalaureus in Rekeningkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) verwerf, 'n mylpaal wat meer as akademiese sukses simboliseer – dit dien ook as 'n oorwinning oor haar omstandighede.

“Dit was nie maklik nie. Ek was genoodsaak om by verskillende familielede te bly. Gelukkig het ek akademies goed presteer en die toekenning vir die beste distriksleerder in my matriekjaar in 2013 ontvang. Gevolglik het ek ook 'n beurs van die Departement van Opvoedkunde ontvang om aan die US te studeer. Ek was vasbeslote om my droom te verwesenlik om 'n invloedryke vrou in die korporatiewe wêreld te word.

“My skoolhoof het my oortuig om vir 'n geoktrooieerde rekenmeester te studeer, aangesien dit, volgens hom, 'n vinniger manier was om my doelwit te bereik, selfs al het ek nooit Rekeningkunde op skool gedoen nie. Ek het gedink ek kon enigiets doen, maar ek het uiteindelik nie my studies geniet nie en dit het my 'n jaar langer geneem om my graad te voltooi."

Sy het van daardie tyd gesê: “Ek het depressie ontwikkel. Ek het as 'n sekuriteitswag by my koshuis en as 'n bemarkingsassistent by die LaunchLab gewerk om geld te maak om kos te koop, aangesien my beurs net onderrig gedek het. Ek het nie goed geslaap nie en medikasie geneem wat dinge net vererger het."

Maar dit was haar studies aan die US en die mense met wie sy daagliks interaksie gehad het, wat uiteindelik haar lot omgekeer en haar hoop gegee het.

“Ek onthou een vakansie toe ek nie die busrit huis toe kon bekostig om my familie te besoek nie. Een van die studente by my koshuis, Jessica Edwards, het daarvan uitgevind en vir my 'n vlug na die Oos-Kaap bespreek. Dit was my eerste keer op 'n vliegtuig, maar ook die eerste keer dat iemand my gehelp het sonder om iets terug te verwag. Terwyl ek by die LaunchLab gewerk het, het ek ook iemand ontmoet wat betrokke was by Blessing Bucks, 'n fonds wat studente bystaan wat nie genoeg geld het om kos te koop nie. Sy het my gehelp om befondsing te kry en gevolglik kon ek my deeltydse werk los en net op my studies fokus. Hulle vrygewigheid het my geleer om altyd uit my pad te gaan om ander te help, want ek weet hoeveel dit kan beteken.

"My kursus het 'n module, Tesourie, bevat wat gefokus het op beleggings wat ek baie geniet het en waarin ek uitgeblink het. Dit is ook die tyd dat kriptoegeldeenhede op die toneel gekom het en ek het die kans aangegryp om ander te leer hoe om daarin te belê en hoe om markte te lees. Ek het bekend geword as 'n soort beleggingsghoeroe vir my eweknie? en selfs vir mense buite die universiteit, en dis hoe my loopbaan as 'n finansi?le adviseur begin het."

Sivenathi het in 2022 'n finansi?le adviseur by Liberty Group South Africa geword nadat sy haar klerkskap by 'n groot rekeningkundige firma laat vaar het, “want as ek nie bedank het nie, sou dit my geestesgesondheid vernietig het". Voor sy by Liberty aangesluit het, het sy as 'n au pair gewerk en 'n suksesvolle groothandelbakkery bedryf.

“My werk as finansi?le adviseur help my om mense se lewens te verander. Ek wou nog altyd help om armoede in Afrika te verlig en volhoubare ekonomiese oplossings te bewerkstellig. My werk help my om dit te doen, al is dit op 'n kleiner skaal."

Sy moedig jongmense aan om Jeugmaand te gebruik as 'n geleentheid om hul finansi?le gesondheid te prioritiseer.

“Ons generasie is uitgesproke. Ons praat oor geestesgesondheidskwessies en kwessies wat vroe?r taboe was, soos rassisme en seksisme. Ons is ook die generasie van sosiale media en onmiddellike bevrediging – almal wil vinnig geld maak en almal kritiseer hulself wanneer hulle nie daarin slaag nie. Ons praat nie oor finansi?le rykdom as 'n reis nie, ons bespreek nie hoe ons te werk kan gaan om geld te spaar nie. Ek wil graag hê ons moet ook meer uitgesproke raak oor ons finansi?le welstand, in plaas daarvan om toe te gee aan onmiddellike bevrediging."

Sivenathi droom daarvan om ? onafhanklike finansi?le adviseur te word en om vanjaar haar eie makelaarsonderneming te begin. ?“Ek wil volhoubare ontwikkeling bewerkstellig deur mense te leer hoe om hul geld te optimaliseer. Ek is goed in wat ek doen. Ek het net iemand nodig om in my te glo."

Foto: Jika Jika Media