中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
'n Dag in die lewe … Michelle Pietersen
Outeur: Corporate Communication and Marketing | Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking (Hannelie Booyens)
Gepubliseer: 14/05/2025

?Met ons jaarlikse reeks #dagindielewe, wat in Mei ter viering van Werkersdag verskyn, vestig ons spesiaal die aandag op ons personeellede by die Universiteit Stellenbosch (US). Vanjaar stel ons jou bekend aan professionele administratiewe steundienstepersoneel wat 'n tasbare verskil in studente se lewens maak.

Met doelgerigtheid en 'n passie vir positiewe verandering stort Michelle Pietersen haar hart in alles wat sy doen, en maak sy op dié manier 'n impak in ander se lewens – hetsy deur haar werk by ons Sentrum vir die Bevordering van Sosiale Impak en Transformasie (CASIT) of in haar persoonlike hoedanigheid buite die kantoor. Pietersen vertel ons meer oor haar werk.

Wat behels jou werk by die US?
As die bestuurder van Betrokke Burgerskap in CASIT, skep en bestuur ek programme wat deur middel van sinvolle gemeenskapskakeling 'n transformerende studente-ervaring bied. Die skakelingsinisiatiewe is alles gegrond op die Verenigde Nasies se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte en strek oor 'n wye verskeidenheid gebiede – van opvoedkundige bystand en tutorleiding tot welweesprojekte en sportprogramme.

Om ons studente vir gemeenskapskakeling te help toerus, hou ek toesig oor opleiding vir leiers van sosiale impak in koshuise, studentefakulteitskomitees en verenigings. Ek bestuur ook ons aanlyn kursusse, waaronder Bevorder Betrokke Burgerskap, Transformerende Maatskaplike Werk, en Aktiveer Betrokke Burgerskap.

Boonop skakel ek met gemeenskapsvennote, wat 'n kernrol vervul om geleenthede vir ervaringsleer – praktiese, nadenkende leer – vir studente te skep om hulle 'n dieper begrip van samelewingskwessies te gee. Ons bestuur ook programme in samewerking met gemeenskappe, so daar is altyd wedersydse leer, wat die spil is waarom ons benadering draai.

Hoe lyk 'n tipiese dag by die werk?
Elke dag is 'n kombinasie van aktiwiteite soos beplanning, ko?rdinering, en mentorskap vir studenteprojekte. Ek is dikwels betrokke by opleidingsfasilitering, vergaderings met studente en fakulteitsvennote, en monitering om te sorg dat ons programme vlot verloop en met die US se Visie 2040 strook.

Ek werk sy aan sy met gemeenskapsvennote om relevante, impakryke leerervarings te skep, en te bepaal hoe ons kursusse en vrywilligerprogramme sowel studente as gemeenskappe be?nvloed. Die ko?rdinering van studente se vervoer- en programbehoeftes neem ook 'n groot gedeelte van die dag in beslag.

Hoe het jou opleiding of vorige ervarings jou vir dié werk voorberei?
Ek het ná skool 'n BMus in Musiekopvoeding aan die Universiteit van Kaapstad verwerf en toe in 1992 my Ho?r Onderwysdiploma met spesialisering in klavier en die Franse horing voltooi. Ek het later ook 'n Diploma in Ondernemingsbestuur verwerf.

In 2011 het ek by die Stellenbosch Bestuurskool 'n bestuursprogram vir organisasies sonder winsoogmerk voltooi, wat waardevolle insigte vir my werk gebied het.

My onderwysloopbaan het as klasmusiekonderwyser by die Sekondêre Skool Voorbrug in Delft begin. Ek het daardie geleentheid gebruik om uitvoerings op die planke te bring en die leerders se estetiese ontwikkeling te bevorder. Ek was ook betrokke by die Genesis-program, 'n gemeenskapsprojek wat smiddae by laerskole les gegee het in koperblaasinstrumente. Ek glo dít is waar my passie vir gemeenskapsontwikkeling begin het. Deur die Genesis-program het ek persoonlik beleef hoe konsekwentheid, die uitruiling van vaardighede en gesamentlike leer werklike verandering in die lewens van kinders en hulle gemeenskappe kan teweegbring – alles deur musiek.

Ek het later 'n pos as koperblaasinstrumentonderwyser by die Frank Pietersen-musieksentrum in die Paarl aanvaar. In 2005 het ek my as orkesbestuurder op 'n driejaarkontrak by die US se Departement Musiek aangesluit, waar ek in beheer was van die simfonie- en die blaasorkes. Daardie pos het uiteindelik tot my huidige werk gelei.

Met 17 jaar se ondervinding as gemeenskapspraktisyn en 12 jaar in die onderwys het ek 'n deeglike begrip ontwikkel van wat dit verg om studente te lei en te ondersteun om aktiewe burgers te word. Die Universiteit bied my die geleentheid om waarlik sinvolle werk te doen wat die volgende geslag leiers help ontwikkel.

Wat geniet jy die meeste van jou rol en werk by die US?
Ek geniet dit om te sien hoe studente en gemeenskappe groei danksy die skakelingsgeleenthede wat ons hulle bied. Om dop te hou hoe studente meer maatskaplik bewus, nadenkend en vasberade word om 'n verskil te maak is ongelooflik bevredigend. Die goeie samewerking tussen die US se mense, en die opregte institusionele verbintenis tot regstelling, transformasie en wederkerigheid, maak die werk selfs méér betekenisvol.

Vertel ons iets opwindend oor jouself wat min mense sou verwag.
Min mense weet van my onderwysgeskiedenis in die Paarl, of dat ek die US se simfonie- en blaasorkes bestuur het.

Ek is ook betrokke by Jamestown Sounds, 'n nieregeringsorganisasie (NRO) wat prof Karen Calitz en haar seun, Wilken, saam met die Nederduitse Gereformeerde Kerk tot stand gebring het. Ek dien tans as voorsitter van die NRO, wat 'n konsekwente positiewe impak op gemeenskappe in Jamestown en verder het. Musiek was nog altyd deel van my lewe: Ek speel steeds Sondae die kerkorrel om uiting te gee aan dié passie.

 * Beeld deur? Ubaid Abrahams?