Met een van die grootste stroomvloei netwerke in die wêreld, is Suid-Afrika een van 30 lande wêreldwyd wat tot 'n globale datastel bygedra het om klimaatsgedrewe hidrologiese neigings op te spoor. Dié netwerke word deur Suid-Afrika se Departement Waterwese en die Suid-Afrikaanse Omgewingswaarnemingsnetwerk (SAEON) geadministreer.
Die datastel, wat onlangs bekend gestel is, word die “Reference Observatory of Basins for International hydrological climate change detection" of ROBIN genoem. Dit bevat riviervloeidata vir 2,386 meetstasies oor die wêreld heen binne natuurlike opvangsgebiede. Data van opvanggebiede wat relatief min deur menslike impakte versteur is, is belangrik vir pogings om klimaatgedrewe hidrologiese neigings op te spoor en ingeligte besluite te neem oor aanpassingstrategie?.
Die ROBIN datastel is nou vrylik beskikbaar hier. Bowendien is daar 'n nuwe toeganklike artikel wat die data beskryf en verduidelik hoe die netwerk en datastel ontwikkel is.
Dr Andrew Watson, 'n senior navorser in die Universiteit Stellenbosch se Skool vir Klimaatstudies, sê hulle het saam met SAEON gewerk om stroomvloeidata tot ROBIN by te dra: “SAEON het verskeie krities-belangrike waarnemingspunte wat weg is van mensgemaakte verspreidingsinfrastruktuur soos reservoirs, waterwerke, en besproeiing. Hierdie data sal gebruik kan word om die impakte en neigings van klimaatsverandering te analiseer," verduidelik hy.
'n Goeie voorbeeld van so 'n waarnemingspunt is by Jonkershoek net buite Stellenbosch – die Jonkershoekopvangebiede-eksperiment the Jonkershoek multiple catchment experiment is al sedert die 1930s aan die gang en is die oudste in Afrika en die langslopende eksperiment ter wêreld. 'n Mens kan selfs hier gaan kyk na die intydse data van SAEON se weerstasie op Dwarsberg. Die stroomvloeidata, wat met ROBIN gedeel is, word geargiveer en gestoor op die SAEON Data Portaal.
Die ROBIN inisiatief het in Maart 2022 afgeskop en word gelei deur die Verenigde Koninkryk se Sentrum vir Ekologie en Hidrologie (UKCEH). Dit bestaan vandag uit 'n span van internasionale spesialiste, insluitend meer as 60 organisasies vanaf 30 lande en oor vyf kontinente heen.
In 'n mediaverklaring wat deur die UKCEH uitgereik is, sê Prof. Peter Thorne van Maynooth Universiteit in Ierland dat die mees onlangste Assesseringsverslag van die Interregeringspaneel oor Klimaatsverandering (IPCC) 'n lae vlak van vertroue gestel het in die patrone van waargenome veranderings in globale stroomvloeineigings: “Die gebrek aan vertroue hou verband met die relatiewe afwesigheid van riviere wat nie deur menslike faktore versteur is nie. ROBIN bied 'n datastel van lang-termyn, volhoubare metings van riviere wat grootliks onversteur is. Ons kan dus met heelwat meer vertroue enige seine optel wat verband hou met klimaatsverandering."
ROBIN verteenwoordig dus 'n aansienlike stap vorentoe in die beskikbaarbestelling van stroomvloeidata op 'n globale skaal. Die ROBIN datastel beskik ook oor die metadata van 3,060 meetstasies, insluitend diegene wat daaglikse vloeidata verskaf. Die meeste opmetings strek oor ten minste 40 jaar, en 'n paar dateer selfs vanaf die laat 19de eeu.
Volgens die mediaverklaring is die analise van neigings in riviervloei op globale vlak belangrik vir verskeie redes. Toekomstige IPCC assesserings en ander beleidsdokumente benodig hierdie data om beter te kan verstaan hoe klimaatsverandering riviervloei be?nvloed. Hidrolo? en waterbestuurders moet weet wat die natuurlike fluktuasies in riviervloei is ten einde die impak van mensgemaakte versteurings, soos damme en onttrekkings, op te spoor.
Meer oor die datastel
ROBIN is 'n “oop wetenskap" inisiatief waar al die data en kodes gedeel word ten einde vennote en die wyer wetenskaplike gemeenskap toe te laat om analises te dupliseer. Die kodebiblioteek is hier beskikbaar.
Die ROBIN span het kwaliteitsbeheer oor die data data uitgeoefen voordat dit tot die datastel gevoeg is, en twee vlakke van datakwaliteit word toegepas om gebruikers te lei tot die toepaslike gebruik van die data.