中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die Universiteit Stellenbosch groei sterk, so ook sy ekonomiese impak
Outeur: BER
Gepubliseer: 08/05/2025

?

·       Die US spandeer R4.2 miljard in die ekonomie van Stellenbosch in 2024

·       Besteding dra sowat 13% by tot plaaslike BBP

·       Universiteite het nog altyd 'n kragtige rol gespeel in ekonomiese ontwikkeling; 'n proses waardeur ons meer welvarend raak en kwalitatief anders leef as vorige generasies."

·       Studente met NSFAS beurse wat in  Stellenbosch woon, bestee gemiddeld R35 347 per jaar in die dorp (uitgesluit verblyfkoste), in vergelyking met R51 123 vir studente wat nie NSFAS beurshouers is nie.

 

Die Universiteit Stellenbosch (US), sy studente, personeel en besoekers het verlede jaar R4.2 miljard in die Stellenbosch-ekonomie bestee. Hierdie besteding het sowat 13% tot die plaaslike Bruto Binnelandse Produk (BBP) bygedra en 13% van formele werk in die Stellenbosse munisipale streek ondersteun.

Dit is die hoofbevinding in die Buro van Ekonomiese Ondersoek (BEO) se onlangse ekonomiese impakstudie van die US wat hulle, as 'n onafhanklike navorsingsinstituut binne die Universiteit, gedoen het. Groot veranderinge het in die samestelling van die US se studenteliggaam plaasgevind sedert die BEO se vorige studie in 2017.*

Die belangrikste hiervan is die groei in studentegetalle oor die afgelope twee jaar: daar was 'n 3.4% groei in 2023 en 5.1% in 2024. Oor die afgelope dekade het studentegetalle met gemiddeld 1.8% per jaar gegroei.

Die Stellenbosch-kampus huisves nou 28 922 studente, 17% meer as in 2017. In totaal is sowat 35 000 studente by die US oor sy vyf kampusse geregistreer.

Dit is opvallend dat die getal wit en bruin studente marginaal gedaal het, terwyl swart Afrika-studente met 50% gegroei het, van 5 025 in 2020 tot 7 572 in 2024. Laasgenoemde maak nou 21.6% van die 35 000 studente uit.

Wit studente bly die grootste groepering by die US, ten spyte daarvan dat die 16 254 studente in 2024, minder was as die 16 529 in 2020.

Nog 'n belangrike verandering tussen 2017 en 2024 is 'n byna sesvoudige toename in die aantal staats-gesubsidieerde Nasionale Studente Finansi?le Hulpskema (NSFAS)-studente wat by die Universiteit ingeskryf is – van 853 studente in 2017 tot net meer as 5 000 in 2024. In persentasie terme het NSFAS-studente gegroei van 2.7%  to sowat 14% tvan die totale studentetal. Verlede jaar het een uit sewe US-studente 'n NSFAS-beurs ontvang.

Prof Stan du Plessis, die US se Uitvoerende Bedryfshoof, het gesê die Universiteit streef daarna om 'n kosmopolitiese universiteit van die wêreld en 'n Universiteit vir alle Suid-Afrikaners te wees. “Ons volg suksesvolle en doelbewuste transformasiestrategie? na om dit te bereik."

“Die US vermeerder doelbewus geleenthede vir alle studente, veral van gemeenskappe wat voorheen beperkte toegang tot Stellenbosch gehad het," sê Du Plessis. "Ons skep hierdie geleenthede met die hulp van fondsinsamelings en bied uitgebreide finansi?le hulp aan behoeftiges omdat ons glo die studente-ervaring is 'n noodsaaklike dimensie van transformasie by ons Instelling."

"Universiteite het nog altyd 'n kragtige rol gespeel in ekonomiese ontwikkeling; 'n proses waardeur ons meer welvarend raak en kwalitatief anders leef as vorige generasies," voeg Du Plessis by. "Toegang tot tersiêre onderwys bied 'n onomkeerbare toetrede tot hierdie proses van ekonomiese ontwikkeling vir die student en haar gesin."

"Soos dit nou staan, sal duisende studente van alle ouderdomme geweldig baat vind by US se programme, maar weens verskeie redes, kan hulle nie hier studeer nie – een daarvan is finansieel van aard. Deur spesiale kostoelaes, beurse, lenings en ander innoverende ondersteunende projekte help die US voortdurend studente se toegang tot ho?r onderwys te verbeter, 'n proses wat hul lewens en dié van hul gesinne onomkeerbaar sal verander."

Bevolkingsdinamika vorm plaaslike bestedingspatrone

Hierdie ontwikkelende studentebevolkingsdinamika gee ook vorm aan plaaslike bestedingspatrone. Volgens die BEO het studente wat in Stellenbosch woon en nie NSFAS-beurshouers is nie, gemiddeld R51 123 per jaar in die dorp spandeer, verblyf uitgesluit. Diegene in private verblyf het 'n bykomende R99 506 bestee aan behuisingverwante koste soos huur, nutsdienste, huishouding en vesel. Daarteenoor het NSFAS-studente jaarliks R35 347 in die dorp bestee en R68 656 aan behuising en verwante koste. Die totale besteding deur NSFAS-studente wat in Stellenbosch woon, beloop gemiddeld 69% in vergelyking met dié van hul nie-NSFAS-eweknie?. 

Ná inflasie-aanpassing, het die gemiddelde student in 2024, 19% ho?r huurgeld in Stellenbosch betaal as in 2017. 

Naas behuisingsverwante koste, spandeer die meeste studente hul geld aan kruideniersware. Studente se gemiddelde maandelikse kruideniersbesteding in Stellenbosch was R2 049 per persoon (of R1 454 vir NSFAS-studente) in 2024.

Die gemiddelde besteding aan openbare vervoer vir studente wat in Stellenbosch woon, het in re?le terme meer as verdubbel sedert 2017. Dit strook met die verhoging in die VPI van passasiersvervoerdienste op nasionale vlak, wat die ondergang van openbare vervoer soos passasierspoor, en die groei in duurder alternatiewe, soos saamryklubs, weerspie?l. Veral NSFAS-studente word hierdeur geraak (sien figuur), en veral dié wat buite Stellenbosch woon.

Student_spending_new graph to use.png

Let wel: Waardes wat in die grafiek getoon word, is gemiddeldes van die totale studentetal. Werklike besteding aan spesifieke items word afgetrek deur studente wat geen geld aan 'n spesifieke item bestee nie.

Alhoewel die studentebevolking vinnig gegroei het, was daar by die US 'n afname van 3,6% in voltydse ekwivalente poste sedert 2017. Die deel van die totale bedryfsuitgawes wat aan personeel bestee word, het van 47% in 2016/17 tot 52% in 2023/24 gegroei. Terwyl die Universiteit minder personeel in diens geneem het, het personeelkoste dus toegeneem. Dit wys hoe moeilik dit is om personeel te lok en te behou in 'n mededingende mark vir hoogs- geskoolde arbeid.

Ongeveer R666 miljoen van die US se totale bedryfsuitgawes is aan sowat 900 plaaslike verskaffers van goedere en dienste in Stellenbosch bestee. Dit was 18,7% meer as die Universiteit se besteding in die plaaslike Stellenbosch-ekonomie in 2016/17. 

Die grootste begunstigde was Stellenbosch Munisipaliteit, wat ongeveer 28% van die US se besteding in die plaaslike ekonomie in die vorm van tariewe en diensheffings geabsorbeer het, gevolg deur die finansi?le- en versekeringsektor (12,7%). In die derde plek was die spysenierings- en verblyfsektor (12,6%), wat besteding aan restaurante, gastehuise en hotelle, en ander verskaffers van private korttermynverblyf insluit. 

In totaal het studente verlede jaar 40% meer in die Stellenbosch se plaaslike ekonomie bestee as in 2017 (in re?le terme). Dit is hoofsaaklik gedryf deur verhoogde studentegetalle. Personeel het byna 30% minder in Stellenbosch bestee.

Senior ekonoom by die BEO, Helanya Fourie, wat die studie gelei het, skryf hierdie neigings toe aan tegniese verbeterings in die studie-ontwerp en veranderende verbruikspatrone. Byvoorbeeld, die beskikbaarheid van aanlyn-studiemateriaal het gemiddelde uitgawes aan handboeke en ekstra klasse verlaag. 

Die studieresultate dui ook daarop dat personeel en studente in 2024 minder geld spandeer het om klere by Stellenbosse kleinhandelaars te koop as in 2017, wat kan dui op 'n ommeswaai na aanlyn-inkopies. 

Die effense afname in die totale aantal personeellede en 'n kleiner deel van die personeel wat in die dorp woon, dra by dat personeel oor die algemeen minder geld plaaslik bestee het. In 2017 het net meer as die helfte van die personeel wat by die Stellenbosch-kampus gewerk het in Stellenbosch gewoon. Die jongste studie bevind dat dié aandeel tot 42% gedaal het. Stellenbosch se ho? eiendomspryse en die verhoogde beskikbaarheid van naburige eiendomsontwikkelings het heel waarskynlik tot hierdie tendens bygedra. 

Kortom, die werklike besteding deur die US, studente, personeel en besoekers in die dorp het in 2024 altesaam R4.22 miljard beloop – 'n re?le toename van 21% teenoor 2017. Dit het R5.83 miljard in plaaslike ekonomiese aktiwiteit (uitset)** gegenereer, wat 13% van die dorp se BBP gegenereer het en 13% van die formele werk ondersteun het. 

EINDE

·       Skakel gerus met Celeste Booysen (BEO) by cbooysen@sun.ac.za vir verdere inligting.

 

 

Nota aan redakteurs:

·       *Die 2017-studie het gefokus op studente en personeel op die Stellenbosch-kampus (en Elsenburg). Die 2024-studie sluit die US se ander kampusse in (bv. die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe in Tygerberg en die Bestuurskool in Bellville), gebaseer op die aanname dat hierdie studente en personeel van tyd tot tyd Stellenbosch besoek. Hierdie en ander tegniese verbeterings beteken dat die 2017- en 2024-studies nie streng vergelykbaar is nie. Tog openbaar die bre? trekke fassinerende veranderinge oor die afgelope sewe jaar.

·       Die BEO-studie volg 'n besteding-gebaseerde benadering om die ekonomiese voordele (die bykomende besteding en direkte toename in ekonomiese aktiwiteit regdeur die plaaslike ekonomie) wat deur die Universiteit se bedryfs- en kapitaalbesteding gegenereer word, sowel as plaaslike besteding deur personeel en studente, en besoekersbesteding te kwantifiseer. Dit is gebaseer op 'n omvattende 2024 aanbod-gebruik tabel-ontleding van die Stellenbosch-ekonomie wat deur Quantec Research ontwikkel en onderhou word.

·       ** Dit sluit direkte impakte in (die onmiddellike ekonomiese aktiwiteit wat deur 'n projek of belegging gegenereer word), indirekte of sekondêre effekte (soos verhoogde vraag na materiaal en dienste van plaaslike besighede), en ge?nduseerde effekte (soos werkers wat hul lone uit die direkte en indirekte aktiwiteite bestee).

·       Die terme “dorp" of “plaaslike ekonomie" verwys na die Stellenbosch munisipale streek, insluitend Pniel en Franschhoek.