中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Koestering van kinders deur beweging
Outeur: FMHS Marketing & Communications
Gepubliseer: 08/05/2025

In 'n wêreld waarin skerms kinders se lewe al hoe meer oorheers en veilige speelruimtes in die buitelug al hoe minder word, is prof Eileen Africa 'n baken van hoop vir ontwikkeling gedurende die kinderjare. As 'n medeprofessor in die Afdeling Bewegingswetenskap en Oefeningterapie van die Universiteit Stellenbosch (US), het Africa haar loopbaan aan die transformasie van jong lewens deur die wetenskap van beweging gewy.  

“Vroe? ingryping is die sleutel," benadruk Africa. “Die geleentheidsvenster om holisties te ontwikkel is tussen 0 en ses jaar oud." Hierdie filosofie is die aansporing vir haar baanbrekerswerk in kinderkinetika, 'n studierigting wat sy in 2010 by die US gevestig het en sedertdien lei.

Beweging as geneesmiddel

Kinderkinetika is 'n veld in pediatriese bewegingswetenskap waar spesialiste met kinders vanaf kleintyd tot 13-jarige ouderdom werk. Hulle gebruik liggaamlike aktiwiteit en beweging om die ontwikkeling van kinders se groot motoriese vaardighede te verbeter.

Hierdie werk het toenemend onontbeerlik in die hedendaagse Suid-Afrika geword. Sommige welvarende skole hou gestruktureerde liggaamlike opvoedingsprogramme in stand, maar baie skole het 'n gebrek aan gekwalifiseerde onderwysers en toegewyde tyd vir liggaamlike aktiwiteit. Skole prioritiseer akademiese vakke, tegnologie hou kinders binnenshuis, en veiligheidsoorwegings verhinder die sorgvrye buitelugspeletjies wat vorige geslagte geniet het.

“Toe ek 'n kind was — en dis nie so lank gelede nie — het ons in die straat gespeel en dit was veilig. Maar deesdae kan kinders dit nie doen nie," sê Africa. “Hulle kry nie meer baie natuurlike liggaamlike aktiwiteit nie."  

Die gevolge strek veel langer as die kinderjare. “Indien ons kinders sover kan kry om in hul vroe? jare liggaamlik aktief te wees, sal hulle gesonde, aktiewe volwassenes word," sê sy. Hierdie voorkomende benadering verminder die druk op gesondheidsorgstelsels deur te help om vetsug, chroniese siektes, diabetes en hipertensie in die volwasse jare te voorkom.

Kronkelpad na sukses

Africa se reis om 'n leier in hierdie veld te word was nie eenvoudig nie. Sy is in Worcester gebore en geto? en het aanvanklik fisioterapie gestudeer. 'n Vroe? kliniese ervaring het egter tot 'n heroorweging van haar studiekeuse aanleiding gegee.

“Ek wou met kinders werk," verduidelik sy. “Ek het my akademiese loopbaan in ? ander rigting gestuur deur vir sportwetenskap aansoek te doen." Nadat sy haar voorgraadse studies in menslike bewegingswetenskap voltooi het, het sy te wete gekom van 'n honneursprogram in pediatriese bewegingswetenskap wat perfek met haar passie gestrook het. Dit het tot 'n meesters- en 'n doktorsgraad gelei, asook haar aanstelling as lektor in 2007.

Hoewel haar akademiese reis vol uitdagings was — met inbegrip van 'n aansienlike aanvanklike onderwyslading en beperkte ondersteuning — het Africa volhard. Haar toewyding het gelei tot 'n Rektorstoekenning vir uitmuntende prestasie in 2011, bevordering tot senior lektor in 2015, en uiteindelik tot ? medeprofessorskap in 2023.

Nog 'n mylpaal is in dieselfde jaar bereik: 'n Fulbright-studiebeurs wat haar na die Nationwide-kinderhospitaal en die Ohio State-universiteit in Columbus, Ohio, geneem het. Dit was ? lewensveranderende ervaring en het haar vertroue in Suid-Afrikaanse kundigheid versterk.

“Ons Suid-Afrikaners het die kundigheid, maar nie die fasiliteite nie. Hulle het die fasiliteite, maar nie die kundigheid nie," sê sy. “Ons studente is merkwaardig en op gelyke voet met hulle."

? Nalatenskap met momentum

Vandag vind meer as 400 kinders weekliks baat by Africa se programme wat deur haar uitsoekspan van 12 nagraadse studente aangebied word. Hul kursus is straf en sluit 300 kliniese ure in by van die Tygerberg-hospitaalskool tot gemeenskapskole en -instellings, asook selfs Virgin Active-fasiliteite.

Africa put die grootste vreugde uit die belewenis van groei — by haar studente én by die kinders aan wie hulle 'n diens lewer. “Om te sien hoe beweging kinders laat sprankel en en hul vordering danksy terapie waar te neem, is wat my werklik aan die gang hou," sê sy. “Dit herinner my daagliks aan hoekom ek doen wat ek doen."

As 'n ma wat die Kinderkinetika-program in 2010 begin het terwyl sy swanger was — en selfs haar eersgeborene as “proefkonyn" vir demonstrasies gebruik het — het Africa se persoonlike en professionele lewens verweef geraak in haar missie om kinders te help om hul volle potensiaal te bereik.

Haar boodskap is duidelik: “Die krag van beweging, liggaamlike aktiwiteit en vroe? ingryping is hoogs belangrik." En ? samewerkende benadering moet gevolg word: “Op stuk van sake gaan dit alles oor die kind … dit verg 'n hele dorp."

Deur haar werk onderrig Africa nie net beweging nie — sy skep momentum vir gesonder toekomstige geslagte.