Prof Reza Daniels, Direkteur van die Suider-Afrikaanse Arbeids- en Ontwikkelingsnavorsingseenheid (SALDRU) aan die Universiteit van Kaapstad (UK), is as die nuwe dekaan van die Fakulteit Ekonomiese Bestuurswetenskappe (EBW) aangestel. Sy termyn tree op 1 November 2025 in werking.
Die voormalige direkteur van die UK se Skool vir Ekonomie beskik oor 'n magdom ervaring in senior leierskap, nie net binne die ho?ronderwysomgewing nie, maar ook in die privaat sektor.
Sy navorsingsbelangstellings sluit geselekteerde onderwerpe in ontwikkelingsekonomie, omgewingsekonomie en toegepaste ekonometrie in en hy was een van die hoofondersoekers van die National Income Dynamics Study (NIDS) en die NIDS Coronavirus Rapid Mobile Survey (NIDS-CRAM).
Daniels het aan die Universiteit van Auckland, die Universiteit van Michigan en die UK studeer, waar hy in 2013 sy PhD in Ekonomie verwerf het.
Hy het wyd in eweknie-ge?valueerde tydskrifte gepubliseer en tree gereeld as redakteur vir plaaslike en internasionale vaktydskrifte op. Hy is 'n lid van die Ekonomiese Vereniging van Suid-Afrika, die Amerikaanse Ekonomiese Vereniging, die Ekonometriese Vereniging en die Internasionale Statistiese Instituut.
Die Wetenskapakademie van Suid-Afrika het Daniels in 2024 as lid van die Staande Komitee oor Wetenskap vir die Vermindering van Armoede en Ongelykheid aangestel
Sy werk strek verder as die akademie, en hy het in die openbare en private sektor, asook vir internasionale ontwikkelingsbanke gekonsulteer. Daniels is 'n lid van die Instituut van Direkteure van Suid-Afrika en het uitvoerende en nie-uitvoerende poste in die vervaardigings-, konsultasie-, niewinsgewende en filantropiesektore beklee.
Hy is ook 'n genoot van die Afrika-leierskapsinisiatief en die Aspen Globale Leierskapsnetwerk.
Die US se Rektor en Visekanselier, prof Deresh Ramjugernath, sê hy sien daarna uit om saam met Daniels te werk wanneer hy later vanjaar by die US aansluit. "Ek is verheug om prof Reza Daniels as die nuwe dekaan van die EBW-fakulteit by die US te verwelkom. Hy sluit by ons aan met 'n magdom ondervinding en 'n inspirerende rekord in ho?ronderwysleierskap, navorsing en sosiale impak."
Ramjugernath het bygevoeg dat Daniels se diepgaande begrip van ekonomiese ontwikkeling, inklusiewe groei en bewysgebaseerde beleidmaking "geweldige waarde" tot die Universiteit en Suid-Afrika in die bre? sal toevoeg. "Ek is vol vertroue dat hy betekenisvol sal bydra tot ons gedeelde visie vir 'n florerende, toekomsgeskikte instelling."
Prof Pieter von Wielligh neem sedert Julie verlede jaar as dekaan van die Fakulteit waar, nadat die voormalige dekaan, prof Ingrid Woolard, 'n pos as die uitvoerende dekaan van die Universiteit van Sussex Besigheidskool aanvaar het.
Daniels sê hy sien daarna uit om in sy nuwe rol by die US te begin. "Ek is opgewonde om later vanjaar by die fakulteit aan te sluit en saam met kollegas te werk om die visie van EBW te verwesenlik. Deur ons inisiatiewe met die kernaspirasies van die Universiteit Stellenbosch se Visie 2040 te belyn – 'n voorbeeld van uitnemendheid as 'n Afrika-kennissentrum, die koestering van 'n getransformeerde akademiese gemeenskap, die skep van bre? maatskaplike en ekonomiese impak, en die versekering van sistemiese volhoubaarheid – sal ons goed geposisioneer wees om leiers te bemagtig wat toekomsgereed is en volhoubare ontwikkeling regoor Afrika en verder te dryf."