中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
’n Dag in die lewe… Erik van Zyl
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 30/04/2025

Met ons jaarlikse reeks #dagindielewe, wat in Mei ter viering van Werkersdag verskyn, vestig ons spesiaal die aandag op personeellede by die Universiteit Stellenbosch (US). Vanjaar stel ons lesers bekend aan professionele administratiewe steundienstepersoneel wat 'n tasbare verskil in studente se lewens maak.

Vir Erik van Zyl is geen twee werksdae dieselfde nie. Nietemin is dít presies hoe hy dit verkies. Van Zyl werk as 'n fakulteitsadministrateur in die Registrateurskantroor van die Fakulteit AgriWetenskappe, waar hy nie net belangrike akademiese prosesse bestuur nie, maar ook studente op hul akademiese reis, van registrasie- tot gradedag, ondersteun en lei. Dié US-alumnus vertel ons meer oor sy rol by die US.

Wat behels jou werk by die US? 
As 'n fakulteitsadministrateur vir AgriWetenskappe, is ek bevoorreg om studente deur hulle hele akademiese reis te kan ondersteun – van hulle eerste tre? as voorgraadse studente tot die trotse oomblik wanneer hulle die gradeverhoog oorsteek. Om deel te wees van hierdie transformerende proses is ongelooflik bevredigend, want ek aanskou en ondersteun studente se groei, volharding én uiteindelike vreugde wanneer hulle een van die grootste mylpale in hulle lewens bereik.
My rol gaan oor méér as studentesteun. Ek is aktief betrokke by 'n aantal administratiewe prosesse wat die Fakulteit vlot help funksioneer. Ek neem byvoorbeeld ook deel aan die keuringsproses vir akademiese programme, help met die ontwikkeling en samestelling van kurrikulums en dien as die sekretariaat vir die Fakulteitsraad.
Dié rol kombineer struktuur, diens en impak, en ek is trots daarop om deel te wees van 'n span wat die toekoms van studente by die Universiteit Stellenbosch help vorm.

Hoe lyk 'n tipiese dag by die werk? 
Geen twee dae in die lewe van 'n fakulteitsadministrateur is ooit dieselfde nie. Elke dag bied nuwe uitdagings, maar ook geleenthede om 'n betekenisvolle impak te hê. Of jy nou met studente ontmoet wat op soek is na akademiese advies, met registrasie uithelp, of met voornemende studente en hulle ouers skakel, die rol is sowel dinamies as mensgerig.
Benewens persoonlike interaksies, word 'n aansienlike gedeelte van die dag aan noodsaaklike administratiewe take gewy. Die werk vereis organisatoriese vaardighede en aanpasbaarheid – van die bestuur van 'n voortdurende stroom e-posse en foonoproepe, tot die versekering dat daaglikse bedrywighede vlot verloop.
Ons werk teen 'n vinnige pas, wat aandag aan detail, duidelike kommunikasie en doelgerigtheid vereis. Ondanks die uitdagings van die werk, lê die beloning in die wete dat elke taak, groot óf klein, tot die akademiese sukses en algehele ervaring van ons studente bydra.

Hoe het jou opleiding of vorige ervarings jou vir dié werk voorberei?? 
My reis na akademiese administrasie het in AgriWetenskappe begin. As 'n voorgraadse student in die program BScAgric in Akwakultuur, het ek nie net 'n diep waardering vir die vakgebied ontwikkel nie, maar ook 'n sterk band met die akademiese omgewing en die mense wat my langs die pad ondersteun het.
Ek het in my studentedae reeds as studente-assistent in Kli?ntedienste gewerk. Daardie ervaring het die grondslag gelê vir my begrip van studentebehoeftes en die belang van doeltreffende en empatiese ondersteuning. Nie lank daarna nie het ek 'n voltydse pos as 'n Kli?ntedienste-agent aanvaar, waar ek my administratiewe vaardighede verder kon ontwikkel en 'n algemener oorsig van die Universiteit se bedrywighede gekry het.
Ek het 'n paar jaar later as 'n fakulteitsbeampte vir Opvoedkunde begin werk. Dit het nuwe uitdagings ingehou en my gehelp om my selfvertroue en vaardighede te bou. En uiteindelik het my pad my na AgriWetenskappe teruggelei. Dit voel of ek 'n kringloop voltooi het noudat ek in die einste fakulteit werk waar ek as student begin het. Dit wys jou net dat elke ervaring, ongeag hoe onbenullig dit dalk op daardie tydstip voel, 'n trapklip na iets groter kan wees.

Wat geniet jy die meeste van jou rol en werk by die US? 
Een van die vervullendste aspekte van my rol is die geleentheid om studente te vergesel op hulle reis na hulle akademiese doelwitte. Ek kry daagliks die geleentheid om bystand, leiding en motivering te bied aan individue wat hard werk om hulle drome te bewaarheid.
Ek beleef persoonlik hoe selfs klein oomblikke van bystand 'n groot verskil aan 'n student se ervaring kan maak, of ek nou met kursuskeuring help, vrae oor akademiese beleide beantwoord, of bloot iemand in 'n stresvolle tyd bemoedig.
Dis ongelooflik bevredigend om te sien hoe studente meer selfvertroue kry, hulle vaardighede ontwikkel, uitdagings te bowe kom en uiteindelik gradueer. Die wete dat ek selfs net 'n klein aandeel aan daardie reis gehad het, is wat my inspireer om elke dag my bes te doen.
My werk gaan uiteindelik oor mense. Dit gaan daaroor om te luister, te help en in studente te glo wanneer hulle dit die nodigste het.

Vertel ons iets opwindend oor jouself wat min mense sou verwag.  
Ek verdiep myself bedags ten volle in die wêreld van akademiese administrasie. Maar na-uurs raak dinge kreatief. Om stories te vertel en myself kreatief uit te leef gee my soveel vreugde – maak nie saak of ek tekste skryf, 'n vertoning regisseer, of 'n karakter op die verhoog vertolk nie. Dit vul 'n mens met energie en inspirasie en is net so 'n klein bietjie dramaties (in die heel beste sin, natuurlik).
Ek's ook passievol oor tuinuitleg en blomontwerp. Plante is my terapie en ek is altyd aan die dink aan maniere om klein ruimtes in welige, groen hoekies te omskep. Ek gryp elke geleentheid aan om blommerangskikkings vir troues en geleenthede te ontwerp. Dit is werklik spesiaal om kleur, tekstuur, drama en die natuur te kombineer om iets te skep.
Hierdie kreatiewe uitlaatkleppe gee my energie vir my werk in administrasie – dit hou my ge?nspireerd en help my om aanpasbaar te bly en innoverend te dink. Want selfs in 'n gestruktureerde omgewing is daar heelwat ruimte vir kreatiwiteit, siel en 'n tikkie drama.

FOTO: Stefan Els