?'n Baanbrekersooreenkoms is deur die Universiteit Stellenbosch se Eenheid vir Internasionale Kwalifikasies (US-UIC) en die Eksamenraad van Lesotho (ECoL) onderteken – 'n ooreenkoms wat onderwys nie net vir leerders van Lesotho nie, maar ook vir die groter SAOG-streek vinnig sal transformeer.
Die US-UIC, wat in die Sentrum vir Kapasiteitsontwikkeling in Afrika (CCDA) by US Internasionaal gesetel is, sal nou eksterne gehalteversekeringsdienste vir Lesotho se nuwe nasionale skoolverlatingskwalifikasie, die Lesotho Gevorderde Sekondêre Sertifikaat (LASC), verskaf.
Die LASC is ontwikkel om hierdie leerders se toegang tot ho?r onderwys te versnel. Ratsiu Majara, die hoofsekretaris van die Ministerie van Onderwys en Opleiding in Lesotho, het by die ondertekeningsgeleentheid wat 17 April 2025 plaasgevind het, gesê die LASC sal help om die lewens van baie mense te transformeer.
"Die LASC sal help om ons leerders na voltooiing van hulle skoolloopbaan geskik vir indiensneming te maak en baie van ons leerders ondersteun wat verder wil studeer. Die LASC sal ons leerders nou akademies geskik maak kom om aan die toelatingsvereistes van baie ho?ronderwysinstellings te voldoen. Hierdie samewerking sal ons land grootliks bevoordeel," het Majara gesê.
Die LASC sal baie Lesotho-leerders die geleentheid bied om direk vir universiteit aansoek te doen, eerder as om 'n oorbruggingskursus te volg, soos tans algemeen die geval is vir diegene wat binne en buite Lesotho verder wil studeer.
Prof Deresh Ramjugernath, Rektor en Visekanselier van die US, het hierdie belangrike vennootskap verwelkom om akademiese uitnemendheid in Lesotho te help bevorder.
"Dit is 'n baie belangrike vennootskap tussen die US en die Lesotho Onderwysministerie. Dit spreek van die US se visie en strategie om vennootskappe met verskeie belanghebbers, insluitende die regering te bou om akademiese uitnemendheid en navorsing te bevorder. Dit weerspie?l ook ons verbintenis tot samewerking in diens van die samelewing," het Ramjugernath verduidelik.
Die Direkteur van die US se Eenheid vir Internasionale Kwalifikasies, prof Sarah Howie, het gesê dit was 'n plesier om die LASC te help ontwikkel en ontwerp. "Dit is die begin van 'n reis om onderwys in die groter SAOG-streek te help bevorder," het sy gesê.
Die LASC sal in 2025 in 12 skole regoor Lesotho van stapel gestuur word, met 60 leerders wat eksamens in ses vakke skryf en 'n nasionale ontplooiing wat vir 2026 beplan word. ?