Prof Bertie Fielding, Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe by die Universiteit Stellenbosch, het Dinsdag 22 April 2025 sy intreerede gelewer. Die titel van sy lesing was 'Van pandemie tot pandemie, en alles tussenin'.
Fielding het met die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking gesels oor hoe sy navorsing ons begrip verbeter van die manier waarop virusse met die liggaam omgaan en die ontwikkeling van behandelings vir virale en bakteri?le infeksies ondersteun.
Vertel ons meer oor jou navorsing en waarom jy in hierdie spesifieke vakgebied begin belangstel het.
Ek is 'n molekulêre bioloog wat hoofsaaklik op die bestudering van menslike koronavirusse fokus. My belangstelling in hierdie vakgebied het gedurende my tyd as navorsingsgenoot in die Samewerkende Antivirale Navorsingsgroep by die Instituut vir Molekulêre en Selbiologie in Singapoer (2003–2006) begin, waar ek die EARS (ernstige akute respiratoriese sindroom — SARS in Engels)-CoV-virus bestudeer het wat die uitbreek van EARS veroorsaak het. My laboratorium ondersoek ook die molekulêre basis van die medisinale eienskappe van 'n Suid-Afrikaanse plant bekend as die geelbos. Interessant genoeg het hierdie gebiede nou na 'n neksus verskuif waar ons na medisinale plante kyk om die koronavirusinfeksies met behulp van nanodeeltjies te behandel.
Hoe sou jy die relevansie van jou werk beskryf?
My navorsing fokus op die molekulêre biologie van menslike koronavirusse, wat belangrik is vir openbare gesondheid — veral met die toename in nuwe virusinfeksies. Dit help ons om beter te verstaan hoe virusse met die liggaam in wisselwerking tree en ondersteun die ontwikkeling van behandelings. Ek bestudeer ook die medisinale geelbos-plant en ondersoek die potensiaal daarvan om groot siektes soos kanker en bakteri?le infeksies te behandel. Ons werk het ten doel om te verstaan wat hierdie plant sy gesondheidsvoordele gee.
As jy terugkyk op die 中国体育彩票-pandemie, wat was die lonendste aspekte van jou navorsing oor menslike koronavirusse?
Ek glo my werk — veral oor vorige EARS-CoV-virusse — het tot gebiede soos diagnostiek en waarneming bygedra. Maar wat ek die lonendste gevind het, was om gedurende die pandemie met die publiek deur middel van verskeie platforms te skakel om huidige toepaslike wetenskaplike inligting te deel. Dit het gehelp om die wydverspreide verkeerde inligting, of wat die Wêreldgesondheidsorganisasie die 'infodemie' genoem het, teen te werk.
Jy ondersoek ook die gebruik van nanodeeltjies om infeksies te behandel. Watter opwindende verwikkelinge sien jy op die horison?
Ek het aan projekte saamgewerk wat nanodeeltjies gebruik om immuunreaksie teen infeksies te verbeter. Hierdie interdissiplinêre pogings fokus op die ontwikkeling van nuwe behandelings deur nanotegnologie te gebruik om patogene en kanker meer doeltreffend te teiken. Ek is veral ge?nteresseerd in die gebruik van nanotegnologie om die uitwerking van verbindings wat ons van die geelbos ge?dentifiseer het, te verbeter. Ons eerste stap is egter om die doeltreffendheid van hierdie antivirale en antibakteriese verbindings te toets. As dit suksesvol is, kan dit tot 'n bre?spektrumbehandeling vir huidige en toekomstige koronavirusse lei.
Universiteite word soms as 'ivoortorings' beskou. Waarom is dit vir hulle belangrik om deur navorsing met die publiek in gesprek te tree?
Daar was reeds 'n jaar of twee vóór die pandemie groot openbare wantroue in akademiese instellings — veral in navorsing. Die gemengde en dikwels verwarrende boodskappe van navorsers gedurende die pandemie het dit waarskynlik vererger. Dit is verder bemoeilik deur die maklike toegang tot inligting aanlyn, waarvan baie onakkuraat is. Ek glo navorsers het 'n verantwoordelikheid om hulle werk op maniere te kommunikeer wat toeganklik en verstaanbaar vir die algemene publiek is. Dit is ook belangrik om te verduidelik dat wetenskap — veral in vakgebiede soos die geneeskunde — nie altyd presies is nie. Wat ons deel, is op die beste beskikbare kennis op daardie tydstip gegrond en kan verander namate nuwe navorsing na vore kom.
Om die dekaan van 'n fakulteit te wees, kan op die beste tye uitdagend wees. Wat hou jou aan die gang wanneer dinge moeilik raak?
Skakeling met personeel en studente om hulle te ondersteun en om mense te sien floreer en groei. Dit is ook die rede waarom ek 'n MPhil in Bestuursafrigting aan die Stellenbosch Bestuurskool voltooi het. Die is baie lonend om na mense te luister en saam met hulle te werk om hulleself te word.
Hoe balanseer jy jou verantwoordelikhede as dekaan met jou navorsingswerk?
Ek dink die meeste akademici sal saamstem dat hulle voortdurend besig is. Vir my is noukeurige beplanning noodsaaklik om tyd te maak vir die dinge wat saak maak en om 'n gevoel van balans te handhaaf. Ek probeer myself ook daaraan herinner dat nie alles 'n onmiddellike reaksie vereis nie — sommige kwessies kan wag, en dit is belangrik om sorgsaam te prioritiseer.
Watter aspekte van jou werk geniet jy die meeste?
Om mense te be?nvloed en hulle welstand te verbeter, hetsy deur my navorsings- of leierskaprol.
Vertel ons iets opwindends oor jouself wat mense nie sou verwag nie.
Ek is baie lief vir kosmaak. Net soos die wetenskap is dit so eenvoudig soos om 'n protokol te volg.
Wat doen jy in jou vrye tyd?
Ek ding mee in padwedlope, nie goed nie, maar ek probeer. En miskien is meeding nie die regte woord nie; ek voltooi padwedlope en ontvang medaljes vir deelname. ?