Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO) se Gandhi-Montessori-Luthuli-leerstoel vir Opvoeding vir Vrede en Transformatiewe Solidariteit is aan die Universiteit Stellenbosch (US) toegeken. St Edmundskollege aan die Universiteit van Cambridge, Engeland, sal die leerstoel se medegasheer wees.
Professor Alain Tschudin is die bekle?r van die leerstoel, wat in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe aan die US gele? sal wees, met prof Dorcas Ettang van die Internasionale Sentrum vir Nie-geweld aan die Durban-Universiteit van Tegnologie as die medebekle?r.
Hierdie UNESCO-leerstoel, wat vir vier jaar tot Junie 2029 toegeken is, is deel van die wêreldwye UNITWIN/UNESCO-leerstoelprogram. Die program mobiliseer kundigheid van ho?ronderwys- en navorsingsinstellings om die interafhanklike uitdagings van vandag se toenemend komplekse wêreld die hoof te bied.
Die program, wat in 1992 gevestig is, het sy waarde bewys in die bevordering van UNESCO se interdissiplinêre kennisskepping en die organisasie se rol as wêreldwye waarnemer en as 'n laboratorium van idees. Dit het nuwe onderrigprogramme voortgebring, nuwe idees deur navorsing en dialoog geskep en tot die verryking van bestaande ho?ronderwysvennootskappe en -netwerke bygedra.
"Dit is 'n eer om hierdie bekragtiging te ontvang vir die werk wat ons doen," sê Tschudin. "Hierdie toekenning spoor ons aan om ons transdissiplinêre navorsing te verdiep en ons toegepaste vakkundigheid te verbreed. Dit motiveer ons ook om inklusiewe deelname te bevorder en om ons maatskaplike en omgewingsimpak deur 'n groeiende netwerk van plaaslike en internasionale vennote te verhoog."
Die leerstoel se werk is nou belyn met UNESCO se twee internasionale prioriteite, 'Afrika' en 'Geslagsgelykheid' en sal op drie onderling verwante gebiede fokus naamlik:
- Opvoeding vir Vrede;
- Menseregte vir Sosiale en Omgewingsgeregtigheid;
- Transformerende Solidariteit.
Die leerstoel se doelwit is om 'n kultuur van vrede deur opvoeding te bevorder – wat deur UNESCO as 'n hoeksteen van volhoubare ontwikkeling, armoede-uitwissing en interkulturele dialoog beskou word.
Hy voeg by dat hierdie werk nou meer toepaslik is as ooit in Suid-Afrika en verder aangesien ons toenemende wêreldwye uitdagings in die gesig staar – van klimaatsverandering en konflik tot ontheemding en ekonomiese onsekerheid. Dat vier van die vyf naamgenote van die leerstoel – Albert en Nokukhanya Luthuli, Mahatma en Kasturba Gandhi – bande met Suid-Afrika het, spreek boekdele. Die blywende vriendskap tussen die Gandhi- en Luthuli-families voeg 'n diepgaande menslike resonansie by. Maria Montessori was op haar beurt een van UNESCO se medestigters.
“Toenemende verdeeldheid, etno-godsdienstige nasionalismes en ander fundamentalismes loop die risiko dat die mensdom in trurat is in die ruimte van universele regte en volhoubare ontwikkeling. Die tema van onderwys vir vrede en transformerende solidariteit moet voorop staan as ons die menswaardigheid van almal wil beskerm, lewe wil onderhou en planetêre integriteit wil handhaaf," sê Tschudin.
Prof Sibusiso Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies by die US, het in reaksie op die aankondiging gesê dat Prof Alain Tschudin gelukgewens word en dat daar waardering is vir St Edmund's College aan die Universiteit van Cambridge, vir die vennootskap wat betref die aansoek. “Ons Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe sal die leerstoel huisves en ek bedank ook ons nuwe dekaan, prof Vasti Roodt en me Karen Bruns, Senior Direkteur, Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge, vir die fasilitering van die proses. Die UNESCO Gandhi-Montessori-Luthuli-leerstoel vir Onderwys vir Vrede en Transformerende Solidariteit val binne die US se Visie 2024, waar die US geposisioneer is om Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit te wees, wat wêreldwyd as uitnemend, inklusief en innoverend erken word, waar ons kennis in diens van die samelewing bevorder."
- Die UNESCO Gandhi-Montessori-Luthuli-leerstoel vir Opvoeding vir Vrede en Transformatiewe Solidariteit is die derde UNESCO-leerstoel wat aan die US toegeken word.
MORE ABOUT UNESCO CHAIRS
A UNESCO Chair is a team led by a higher education or research institution that partners with UNESCO on a project to advance knowledge and practice in an area of common priority. There are currently some 1000 UNESCO Chairs and 45 UNITWIN Networks hosted in higher education institutions in 120 countries with some 10,000 individuals involved in the UNESCO Chairs programme.
A UNITWIN Network is a partnership between UNESCO and a network of higher education or research institutions of at least three institutions in different countries, at least two of which must be located in the Global South, and which pool their competencies and resources around particular theme(s).
The UNESCO Chairs and UNITWIN Networks act as think tanks and bridge-builders between the academic world, civil society, local communities, research and policymaking thereby strengthening UNESCO's research-training-policy-society nexus.
MORE ABOUT THE INCUMBENT
Professor Alain Tschudin completed his PhD in Psychology in 1999 through the then 中国体育彩票 of Natal (The 中国体育彩票 of Kwazulu-Natal) on the comparative evolution of social complexity and intelligence in dolphins and primates. In 2007, he completed his second PhD in moral philosophy and theology on the meaning of being, at the 中国体育彩票 of Cambridge. Tschudin worked for the 中国体育彩票 of Seville and the European Commission on a project to foster social integration and economic participation for immigrant and ethnic minorities in Spain. He later returned to South Africa and ran t?????