?Die Fakulteit Natuurwetenskappe verwelkom graag Mnr. Mbuso Dludlu vanaf 1 April 2025 as die nuwe direkteur: fakulteitsbestuur.
Hy neem die leisels oor by Me Mariétta van den Worm wat die afgelope 25 jaar aan die stuur was en aan die einde van 2025 aftree.
Hy het meer as 16 jaar ondervinding in die ho?ronderwyssektor, waarvan die laaste ses jaar as departementele bestuurder van die US se Departement Chemie en Polimeerwetenskap. Mbuso sê hy sien daarna uit om sy passie vir wetenskap te kombineer met bestuur en leierskap in sy nuwe rol as fakulteitsdirekteur.
Mbuso is in Piet Retief in Mpumalanga gebore, maar het in Makhosini grootgeword by sy oorlede ouma, Me Teressa Mazibuko, in die woonbuurt Makhosini net buite die klein dorpie Nhlangano in Eswatini. In 2008 het hy sy BSc in Chemiese Tegnologie aan die Universiteit van KwaZulu-Natal verwerf, wat in 2014 opgevolg is met 'n baccalaureusgraad in Tegnologie in Polimeertegnologie, en 'n meestersgraad in Polimeertegnologie in 2016 van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) . Op daardie tydstip het hy as senior laboratoriumbestuurder gewerk in TUT se Departement van Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie. Dit is ook gedurende hierdie tydperk dat hy beide sy ouers, Sizakele and Comfort Dludlu, aan die dood moes afstaan.
Mbuso wat tans besig is met sy PhD-studie in Polimeerwetenskap aan die US, sê hy sal altyd dankbaar wees teenoor sy ouma, wat gesorg het dat hy 'n goeie opvoeding kry deur handwerk langs die strate van Soweto en Johannesburg te verkoop: “Sy was nie geleerd nie, maar het die belangrikheid van onderwys na waarde geskat. Ek is vandag passievol oor onderwys en ek glo sterk dat ons lewenslank moet leer. Ek dink dis om hierdie rede dat ek 'n leergierige ingesteldheid het, wat die sleutel is vir leierskap."
Vir die afgelope 25 jaar gee hy al loopbaanleiding aan leerders deur middel van “Brighten-up your Future" 'n organisasie sonder winsbejag wat hy in 2007 op die been gebring het. Hy tree ook as mentor op vir 12 universiteitstudente by ag Suid-Afrikaanse ho?ronderwysinstellings, wat in verskeie vakrigtings studeer – van die natuurwetenskappe en ingenieurswese, tot die lettere en sosiale wetenskappe, en ekonomiese en bestuurswetenskappe.
Vir sy PhD ondersoek Mbuso die voorkoms van PFAS (per- en polifluorineerde alkielstowwe), algemeen bekend as forever chemikalie? weens hul langdurige voorkoms in die omgewing, by afvalwatersuiweringsaanlegte en riviere en damme in die Wes-Kaap. Die doelwit is om 'n polimeriese membraan met nanopartikels te ontwikkel vir verbeterde verwydering van hierdie langdurige chemikalie?. Sy navorsing word deur die Waternavorsingskommissie befonds en is reeds by twee internasionele konferensies en aan 'n paneel van 30 bestuurders van die Stad Kaapstad aangebied.
Mbuso, wat in 2018 by die US aangesluit het kort nadat hy sy MBA aan die Regent Business School verwerf het, sê hy is baie dank verskuldig aan al sy kollegas in die Departement Chemie en Polimeerwetenskap, en in die besonder Prof. Peter Mallon, voormalige uitvoerende departementshoof wat hom aanvanklik bekend gestel het aan stelses en prosesse by die US: “Ek het net met kennis en vaardighede hier ingekom, terwyl Prof. Mallon die ondervinding en begrip gehad het. Oor die volgende vyf jaar het ons tot 'n formidabele bestuurspan ontwikkel wat saamgewerk het om die departement volhoubaar te bedryf."
Maar nou is hy opgewonde oor sy nuwe rol as direkteur, fakulteitsbestuur: “Ek is dankbaar dat ek by iemand soos die huidige direkteur kan oorneem, wat oor 'n magdom ondervinding en institusionele kennis beskik. Ek wil graag voortbou op die grondslag en nalatenskap wat sy oor die afgelope 25 jaar vir die fakulteit en universiteit opgebou het."
Hy is gretig om saam met Prof. Burtram Fielding, die dekaan, en die fakulteit se bestuurspan te werk en hul te ondersteun:“Vir my gaan leierskap en bestuur daaroor om mense na die beste van jou vermo? te dien ten einde vertroue te skep. Vertroue is 'n baie spesiale menslike belewenis. En ons kan ander slegs vertrou as ons weet dat hulle aktief en bewustelik in ons belangstel en oor ons besorg is," voeg hy by.
Mbuso sê sy leierskapstyl is gebaseer op deernis, empatie en respek. Hierdie waardes vorm ook deel van die US se kernwaardes van Uitnemendheid, Deernis, Verantwoordbaarheid, Respek en Billikheid: “Ek sal hierdie waardes met my saamneem in my nuwe rol, in diens van my kollegas, en sodoende bydra tot die groei en sukses van die Fakulteit Natuurwetenskappe."
Laastens gee hy eer aan sy gesin, en vrou van die afgelope 14 jaar, Me Lydia Dludlu, en sy kinders Lwandzile (13) en Kagiso (9). Die gesin stap graag in die Helderberg Natuurreservaat, hou van reis en om vriende en familie te nooi vir 'n braai. En natuurlik kan niks kers vashou by 'n verfrissende stappie langs die see wat met 'n roomys afgesluit word nie.
“My lewe is gegrond op die lees van die Woord en in gebed – wat een van die belangrikste onderliggende beginsels in my lewe en in die grootmaak van my kinders is," sluit hy af.
Foto: Stefan Els