Emeritusprofessor Wim de Villiers, wat onlangs uitgetree het as Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), sit sy betrokkenheid met die instelling voort in ? nuwe hoedanigheid as Fondsinsamelings- en Strategiese Projekte-leier vir die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) en Sentrum vir Epidemiese Reaksie en Innovasie (CERI).
“Ek is verheug om by my alma mater aan te sluit in hierdie nuwe rol wat sal bydra tot die fakulteit se missie om gesondheidsorg in Afrika, en wyer, te bevorder," sê De Villiers, wat in 1983 sy mediese graad aan die FGGW verwerf het. Daarna het hy in gastro?nterologie gespesialiseer en ? roemryke loopbaan gebou in geneeskunde en gesondheidsorgleierskap in die Verenigde State en Suid-Afrika voordat hy in 2015 as Rektor en Visekanselier van die US aangestel is.
“Ek is opgewonde om by die dinamiese spanne by die FGGW en CERI aan te sluit om fondsinsameling en ander strategiese inisiatiewe te ondersteun wat volhoubaarheid van hul opvoedkundige en wetenskaplike aktiwiteite sal versterk. Deur my loopbaan het ek waardevolle ondervinding opgedoen en belangrike verbindings gevestig wat ek in hierdie nuwe posisie kan benut," sê De Villiers, wie se fokus op fondsinsameling gehelp het om meer as R3 miljard vir die US in te samel tydens sy termyn as Rektor en Visekanselier.
FGGW-dekaan, prof Elmi Muller, het haar entoesiasme uitgespreek oor De Villiers se nuwe rol by die fakulteit. “Sy bre? ervaring en kennis is van onskatbare waarde vir ons, en ek sien uit daarna om saam met prof De Villiers te werk aan verskeie projekte binne ons fakulteit," sê Muller.
Die rol sal die bestuur van geteikende fondsinsamelingsinisiatiewe en die ontwikkeling van strategiese vennootskappe met beide plaaslike en internasionale belanghebbendes behels om volhoubaarheid en globale groei van FGGW- en CERI-projekte te verseker.
CERI Direkteur, prof Tulio de Oliveira sê: “Ons het daarin geslaag om een van die mees impakvolle programme oor epidemiese reaksie in die wêreld by die US te skep. Terwyl ons ons program uitbrei in die tyd van verminderde wêreldwye gesondheidsbefondsing, het ons besluit om die kundigheid van prof de Villers in te roep, wat ? uitstekende fondsinsameling, akademiese leier en mediese beroepspersoon is om ons doel te help bevorder."