?U word uitgenooi om die middagete Auxin-sessie by te woon wat deur die Sentrum vir Onderrig en Leer aangebied word.
Spreker: Delecia Davids
?Onderwerp: Leer om te laat gaan: Pedagogiese moed en onsekerheid met ontsnapkamer-onderrigmetodiek?
??Datum: 22 April 2025
Tyd: 13:10-14:10
Plek: MS Teams: Join the meeting now
Opsomming van die Auxin:
Hierdie aanbieding bied ? nadenkende ondersoek van ? (virtuele) ontsnapkameringryping in ? onderwys-onderrigmodule. Die ontsnapkamer was daarop gemik om studentebetrokkenheid en ?kreatiwiteit te verbeter deur hulle uit te nooi om oop digitiale take te navigeer en betekenis binne speelse, dog professioneel-gegronde scenario's te ko-konstrueer. Dit het egter vinnig ontwikkel tot ? kragtige pedagogiese provokasie wat die produktiewe spanning van onsekerheid, moed en medewerking in ho?ronderwys-onderrig, -leer en -assessering uitgelig het. Hierdie ontwerp het die tradisionele pedagogiese gesag en assesseringsverwagtings gedestabiliseer, wat Barnett (2007) se oproep dat ho?r onderwys studente vir die onbekende moet voorberei, herhaal het. Die ingryping het van studente vereis om dubbelsinnigheid te navigeer, kollektiewe besluite te neem en kreatief op onbekende uitdagings te reageer. Dit het ook assessering as leer aangekweek, deur besinning en transformasie bó korrekte antwoorde te prioritiseer, wat studente in staat stel om meer agentskap in hulle leer aan die dag te lê. Vir opvoeders bied dit ? provokasie om pedagogiese eksperimentering as ? vorm van ondersoek en moed te beskou en onsekerheid as vrugbare grond vir groei na te streef.
Delecia Davids is ? dosent en vroe?loopbaan-akademikus in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch. As ? Mandela Rhodes-beurshouer, het Delecia haar magister in onderwysbeleidstudies met ? tesis oor die agentskap en plek-gehegtheidspraktyke van studenteleiers verwerf. Sy is tans ? PhD-kandidaat en haar navorsing verken onderwysstudente se digitale agentskap deur ? sosiologiese en sosiomateri?le lens.
?Kontak persoon: Simbongile Ntwasa by sim@sun.ac.za