??“Ons was besig," het Prof Johann Mouton opgemerk by 'n onlangse konferensie wat die 30ste herdenking van die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Navorsing oor Evaluasie, Wetenskap en Tegnologie (CREST) gevier het.
Daarmee het die Direkteur van die Sentrum drie dekades van ernstige intellektuele arbeid – en merkwaardige institusionele prestasie – op tipies beskeie wyse opgesom.
“Ek het in 'n Calvinistiese huis grootgeword. My ouers het altyd gesê ons moet nooit spog nie," het hy met 'n glimlag bygevoeg. “So dit is nie spog nie. Dit is waarop ek trots is – wat ons bereik het, en wat ons met die hulp van baie mense gebou het."
En die lys is lank. Sedert sy stigting het CREST die volgende geproduseer:
- 29 boeke, 14 434 keer aangehaal
- 230 hoofstukke in boeke en 448 vaktydskrifartikels, 12 945 keer aangehaal
- Meer as 200 navorsingsverslae en 1 200 konferensie-aanbiedings
- 40 seminare en konferensies, en meer as 60 werkswinkels
- 1 878 gegradueerdes
Selfs 'n oppervlakkige lees van die CREST-verhaal wys volgens Prof Sibusiso Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie, hoe die Sentrum die aansien van die US verhoog het. In haar openingstoespraak by die herdenkingskonferensie, het sy CREST geprys vir “uitsonderlike bydraes" en die lewering van “onge?wenaarde prestasie en impak" wat “nasionaal en internasionaal erken word".
Op die konferensie is die Leiersforum vir Wetenskap, Tegnologie en Innovasie in Afrika (ASTIL) bekend gestel – 'n belangrike nuwe kontinentale inisiatief. Die Forum bring ses stigtersorganisasies bymekaar, wat gesamentlik sommige van die kontinent se mees invloedryke en gerespekteerde liggame in die veld verteenwoordig: die Afrika Akademie vir Wetenskappe, Netwerk van Afrika Wetenskap-akademies, Vereniging van Afrika Universiteite, Alliansie vir Afrika Navorsingsuniversiteite, Wetenskap vir Afrika Stigting, en die Inisiatief vir Wetenskapsbefondsingsrade, verteenwoordig deur die Nasionale Navorsingstigting van Suid-Afrika.
'n Verhaal in drie hoofstukke
Prof Mouton het CREST se reis van 30 jaar in drie afsonderlike fases verdeel.
Die ontstaansfase (1995–2003) het begin met die Sentrum se stigting as die Sentrum vir Interdissiplinêre Studies (CENIS). Vroe? akademiese aanbiedings het 'n MPhil in Sosiale Wetenskapmetodes (1996) en 'n MPhil in Wetenskap- en Tegnologiestudies (1997) ingesluit.
In dieselfde jaar het die Sentrum deelgeneem aan 'n nasionale Navorsings- en Tegnologie-oudit – 'n deurslaggewende vroe? mylpaal. Dit het belangrike nuwe data oor die publikasiepatrone van Suid-Afrikaanse akademici opgelewer, wat die grondslag gelê het vir wat die Suid-Afrikaanse Kennisbasis geword het.
“Dis ons baba," het Mouton gevoelvol gesê oor die baanbrekende databasis wat publikasiemetings met demografiese inligting kombineer.
Teen 2003 het die Sentrum herfokus en sy huidige naam aangeneem – 'n weerspie?ling van sy groeiende identiteit as 'n middelpunt vir navorsingsevaluering, sci?ntometrie en beleid oor wetenskap, tegnologie en innovasie (WTI).
CREST se groeifase (2004–2013) het 'n skerp toename in ekstern gefinansierde projekte gesien, veral in sci?ntometrie en WTI-beleid. Dit het ook die stigting van die Afrika Doktorale Akademie (ADA), wat nou binne US Internasionaal gehuisves word, en die vestiging van 'n nasionale Navorsingsdirekteure-forum ingesluit. Gedurende hierdie tydperk het CREST 'n reeks akademiese programme in monitering en evaluering (M&E) van stapel gestuur, in reaksie op groeiende vraag van die regering en burgerlike samelewing.
Daarna volg die volhoubaardheidsfase (2014–2024), gekenmerk deur eksponensi?le groei in uitsette, data-infrastruktuur en inkomstegenerering – wat R438 miljoen teen die einde van verlede jaar bereik het.
Die Sentrum het die volgende toekennings ontvang:
- Die DWT-NNS Sentrum van Uitnemendheid in Sci?ntometrie en WTI-Beleid (SciSTIP) in 2014
- 'n SARChI-leerstoel in Wetenskapkommunikasie in 2015
- 'n US Leerstoel in Wetenskapstoekoms in 2024
'n Onlangse eksterne evaluering het opgemerk: “Die evalueringspaneel het bevind dat SciSTIP beskou kan word as 'n nasionale bate vir Suid-Afrika en die kontinent. Die werk is van ho? gehalte, op die vlak van uitnemendheid, en het 'n belangrike en hoogs relevante impak op die Nasionale Stelsel van Innovasie gehad."
In Desember 2024 het die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie SciSTIP se befondsing vir 'n verdere vyf jaar hernu.
“Dit was verstommend," het Mouton gesê. “Hulle het ons inderwaarheid vrye teuels gegee, en ons gevra om te werk aan die vestiging van 'n volwaardige nasionale WTI-Observatorium – iets wat Suid-Afrika nog nooit gehad het nie."
Geen wonder dus dat Prof Moyo CREST beskryf het as “'n uitstekende prototipe om te gebruik vir die vestiging van volhoubare toekomstige sentrums en skole binne die US en die ho?ronderwyssektor".
Versterking van universiteite en die ho?ronderwysstelsel
CREST se strategiese waarde vir die land is al herhaaldelik gedemonstreer. Oor die afgelope drie dekades het die Sentrum meer as 50 strategiese-beplanningsverslae vir Suid-Afrikaanse universiteite geproduseer. Dit be?nvloed ook steeds debatte oor nasionale wetenskapbeleid.
Een huidige projek ondersoek die onbedoelde gevolge van die Departement van Ho?r Onderwys en Opleiding se navorsingsubsidiebeleid – wat sedert die vroe? 2000's in plek is.
“Ons kyk na hoe die subsidiestelsel eintlik ongelykheid tussen instellings verhoog het," het Mouton gesê.
“Die gaping tussen die topvyf-universiteite en die onderste vyf het verdubbel. Dit is nie moeilik om te sien hoekom nie: sterk universiteite het sterker geword, landelike universiteite het relatief swakker geword. Dit was nooit die beleid se bedoeling nie – maar dit is die gevolge. En dit het implikasies.
“So, dit is die soort werk wat ons doen – en dit wys hoekom goeie, konteks-bewuste aanwysers belangrik is."
Die geheim tot sukses?
Wat is dus die geheim agter CREST se volgehoue sukses?
Mouton, wat die Sentrum “'n redelik interessante dier" noem, skryf die impak daarvan toe aan 'n duidelike langtermynvisie, konsekwente beplanning, goeie mense – “en baie harde werk," het hy bygevoeg, net half grappend.
Prof Deresh Ramjugernath, wat nog die aangewese rektor was toe hy die dankbetuiging by die galadinee op 19 Maart gelewer het, het dit bondig saamgevat: “Hierdie mylpaal is 'n bewys van julle toewyding om kennis te bevorder en die toekoms van wetenskap, tegnologie en innovasie in hierdie land vorm te gee."