Het jy al jou bydrae gemaak? Die boodskap gedeel? Ander aangemoedig om betrokke te raak? Ons jaarlikse #It'sGivingMaties-veldtog is in volle swang, en ons maak staat op JOU om ons oor die wenstreep te help.
Die veldtog duur tot 16 April 2025 en het ten doel om R2 miljoen in te samel vir beurse, studente-maaltye en studieskuld – om te verseker dat meer studente die geleentheid kry om sukses te behaal, ongeag hul finansi?le omstandighede.
“Met die stygende koste van opvoeding worstel vele studente met die harde werklikheid van skuld en voedselonsekerheid. #It'sGivingMaties spreek hierdie uitdagings direk aan deur fondse vir studente in nood in te samel," sê die #It'sGivingMaties-organiseerder by die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge (AOA), Viwe Benxa.
Skenkingseisoen
Benxa verduidelik: “Vanjaar doen ons dinge 'n bietjie anders. Ons het die geleentheid uitgebrei na 'n 'skenkingseisoen', sodat jy oorgenoeg tyd het om ons studente te ondersteun. Die seisoen bereik 'n hoogtepunt op Maties-skenkingsdag, wat op 16 April val en wanneer verskeie sosiale geleenthede op die US-kampusse gaan plaasvind."
Ons Rektor, prof Deresh Ramjugernath, beklemtoon die waarde van kollektiewe optrede. "Ek put inspirasie uit die vrygewigheid van die Matie-gemeenskap. Finansi?le swaarkry behoort nooit 'n struikelblok tot sukses te wees nie. Ek moedig elkeen aan om deel te neem aan hierdie skenkingseisoen en ons te help om 'n blywende verskil te maak."
"Danksy die ruimhartige ondersteuning van ons gemeenskap en vennote, bou die veldtog goeie momentum. Ons is trots om aan te kondig dat Standard Bank as 'n borg aan boord gekom het, wat ons pogings om ons studente op te hef, verder versterk," sê die It'sGivingMaties-ambassadeur en ?fondswerwer by die AOA, Alwin Mabuza.
“Sedert die bekendstelling van die veldtog op 6 Maart, het ons reeds die R70 000 kerf verbygesteek, danksy individuele ondersteuners—'n sterk begin oppad na ons R2 miljoen-doelwit. Met Maties-skenkingsdag op 16 April wat vinnig nader kom, is dit nou die tyd om ons pogings te versterk.
“Onthou, elke bydrae tel, hoe groot of hoe klein dit ook al is. Indien elkeen R100 insamel, kan ons hierdie doelwit bereik en soveel studente bevoordeel," voeg hy by.
Die fondse wat ingesamel word, gaan aan die US se BridgeTheGap- (BTG-)jaarfonds ter ondersteuning van inisiatiewe wat ontwerp is om in die dringendste studentebehoeftes te voorsien.
Hierdie inisiatiewe sluit in:
#Move4Food – Verskaf noodvoedselverligting aan studente wat voedselonsekerheid ervaar
#GradMe – Verleen hulp aan studente met uitstaande gelde om hulle graad te bekom
#CaughtInTheMiddle – Verleen hulp aan studente wat nie vir finansi?le bystand van die regering kwalifiseer nie, maar steeds nie hul opvoeding kan bekostig nie
#EndPeriodPoverty – Verseker dat alle studente toegang tot basiese sanitêre produkte het
#Action4Inclusion – Ondersteun studente met finansi?le uitdagings tydens registrasie en probleme om toegang tot akademiese rekords te bekom.
Hier is 'n oorsig van die Skenkingsdag-aktiwiteite:
Skenkingswoud (Tygerberg 9 April en Stellenbosch 15 April)
Belanghebbersgroepe versier bome in Victoriastraat volgens 'n tema wat by studentesteun aansluit, begelei deur optredes van musiekkunstenaars.
Personeel #Groove4Good (16 April, Rooiplein)
Personeelafdelings neem aan 'n pretdanskompetisie deel.
'The Amazing Chase' (16 April, Rooiplein)
Koshuise en Fakulteite jaag in 'n kreatiewe kaskarwedren op die Rooiplein.
Virtuele Trivia-uitdaging vir Matie-ouers (16 April, aanlyn)
Matie-ouers toets hulle kennis tydens 'n aanlyn Trivia-geleentheid.
Wys jou kleure (16 April, Sosiale Media)
Alumni word aangemoedig om US-kleure werk toe te dra en hul Matie-trots op sosiale media te deel.
Pokkel-jag en prysuitdeling (16 April, Coetzenburg)
Studente span saam om Pokkel uit die kloue van Maties-sportspanne te “red", gevolg deur 'n prysuitdelingsplegtigheid.
Wat kan jy doen?
- Klik hier en kies die inisiatief wat jy wil ondersteun.