?'n Span wetenskaplikes van Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk het 'n sinteseraamwerk ontwikkel wat veelvuldige bewysstrome integreer. Deur diue gebruik hiervan, is dit dan moontlik om veranderinge in insekbiodiversiteit vinning te kan evalueer.
“Ons weet dat insekbiodiversiteit aan die verander is, en dat daar baie afnames in biodiversiteit in dele van die wêreld voorgekom het. Ons weet egter nie hoe ernstig of diepgaande die probleem is nie. Nog meer van belang is die feit dat ons nie 'n duidelike begrip het van waarom insekbiodiversiteit aan die verander is nie," skryf hulle in 'n belangrike oorsigartikel wat onlangs in Science gepubliseer is nie.
Prof. Cang Hui, 'n biowiskundige van die Universiteit Stellenbosch se Departement Wiskundige Wetenskappe en een van die mede-outeurs, sê die doel van die sinteseraamwerk is om 'n roetekaart te verskaf na 'n bewysgebaseerde sintese van veranderings in insekbiodiversiteit waarop bewaringsbeleide gebou kan word.
“Ons kan nie dekades lank vir omvattende moniteringsdata wag nie. Die Kunming-Montreal Global Biodiversity Framework het 'n ambisieuse doelwit gestel om biodiversiteit teen 2050 te herstel: om dít te kan bereik moet ons verstaan op watter skaal ons sal moet optree om historiese afnames om te keer," verduidelik hy.
Modellering van globale insekbiodiversiteitsverandering deur die integrasie van bewyse
Prof. Hui is deel van die span wetenskaplikes wat aan die Global Insect Threat-Response Synthesis (GLiTRS)-projek werk, wat deur die National Environmental Research Council Highlight Topics-program gefinansier word. Dit is 'n konsortium van ses instellings in die VK en Suid-Afrika.
Hulle doelwit is om 'n globale bedreiging-reaksie-model te bou, wat baie lyne van bestáánde bewyse integreer. Met ander woorde: in plaas daarvan dat hul wag op meer ho?kwaliteit data alvorens hul optree – soos oor die algemeen aangevoer word – volg hul 'n ander benadering. “Ons argumenteer dat die dringendheid van die situasie vereis dat ons beter gebruik moet maak van die data wat nou reeds beskikbaar is, alhoewel dit beperk is," skryf hulle in die oorsigartikel.
Vier lyne van bewyse word gesintetiseer en ge?ntegreer in die GLiTRS -projek om hierdie uitdaging aan te pak, naamlik: tydreekse, ruimtelike vergelykings, eksperimente, en deskundige menings. Wiskundige ekologie en modellering help om tendense uit die eerste twee bronne te identifiseer. Hui verduidelik: “Insektydreekse toon afwisselend skommelings, tog is hul beide tydelik ge-outokorreleer en ruimtelik gesinkroniseer. As ons die korrekte ruimtelike en tydelike skale kan bepaal, kan ons hierdie tendense ekstrapoleer na (skattings maak) van gebiede waarvan ons nie steekproefnemings het nie, asook voorspellings maak van wat in toekomstige tydperke sou kon gebeur."
Dr Rob Cooke, 'n ekologiese modelleerder by die Verenigde Koninkryk se Sentrum vir Ekologie en Hidrologie en gesamentlike hoofskrywer van die artikel, stem saam: “Ons moet uitvind of die afname in insekbevolkings wydverspreid voorkom, en wat dit veroorsaak. Die uitdaging is soos 'n reuse legkaart waar duisende stukkies vermis work, maar ons kan nie vir dekades wag om hierdie gapings te vul voordat ons optree nie."
Dr Charlotte Outhwaite van die So?logiese Vereniging van London se Instituut vir So?logie en gesamentlike hoofskrywer, sluit af: “Insekte vorm 'n ongelooflike belangrike deel van ons ekosisteme – hulle bestuif omtrent 80% van alle blomdraende plantspesies en is noodsaaklik vir 35% van globale voedselproduksie. Maar tóg word insekte nie genoegsaam waardeer óf bestudeer nie."
Het jy geweet?
- Insekte is die dominante vorm van dierelewe op ons planeet (gewig is gelyk aan dié van alle mense en vee saam, ongeveer 1 miljard ton).
- Insekte word bedreig deur 'n kombinasie van 52 mensgemaakte bedreigings, insluitend die verandering in die gebruik van grond, klimaatsverandering, toename in landbou-aktiwiteite, besoedelings, plaagdoders, en ingevoerde spesies.
- Tans het slegs ongeveer 1,2% van insekspesies uit ongeveer 1 miljoen wat beskryf is, die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur se rooilys-assesserings ondergaan wat nodig is om die uitsterwingsrisiko te bereken, waarvan 1/4 se evaluasie-uitkoms aangedui is as: “Data Deficient."
- Insekte beslaan tot 90% van alle meersellige dierspesies, waarvan die meerderheid nog nie beskryf is nie ('n geraamde totaal van 5,5 miljoen insekspesies).
Ekologiese modellering en wiskundige ekologie is snel groeiende vakgebiede met 'n groot aanvraag na kundige afgestudeerdes. Kundiges werk saam met globale agentskappe, navorsingsinstellings, nieregeringsorganisasies, en nywerhede om dwingende ekosisteemuitdagings aan te pak. Verskeie internasionale finansi?le toekennnings en inisiatiewe bied aan studente geleenthede om hul loopbane te bevorder deur middel van nagraadse studies in biowiksunde. Klik hier om die geleenthede te verken - SARChI-span
Op die foto bo: 'n Reeks van insekte wat in jou tuin in Suid-Afrika voorkom. Van links na regs, (1a) Blou keiser naaldekoker (Anax imperator), (1b) Europese papierwespe (Polistes dominula), (1c) die kewer Afronycha picta; Onder (2a) Suidelike groenstinkbesie (Nezara viridula), (2b) die reuse-by (Hyleoides zonalis), (2c) Kaapse mot (Eutricha capensis), (2d) Oranje valvlerkie (Trithemis kirbyi). Foto's: (1a) Alandmanson van Wikipedia; (1b) Eebee, (1c), Bunder, (2a&b) C Hui, (2c) Magriet B, (2d) Erland Nielsen, vanaf iNaturalist.org; CC BY.?