?'n Nuwe studie by die Universiteit Stellenbosch (US) het bevind dat belastingadministrasie in baie Afrikalande ondoeltreffend is en inkomste-invordering belemmer. Dit dui op potensi?le leemtes wat deur institusionele hervormings aangespreek kan word.
?"Wydverspreide ondoeltreffendheid in belastingstelsels ondermyn die mobilisering van staatshulpbronne en beperk hulle vermo? om openbare dienste te lewer en noodsaaklike beleggings te maak. Hierdie ondoeltreffendheid skep sistemiese gapings wat korrupsie en manipulasie aanwakker, wat dikwels inkomste-ongelykheid vererger," sê dr Onesmo Mackenzie, 'n postdoktorale navorsingsgenoot in die Departement Ekonomie aan die US. Hy het onlangs sy doktorsgraad in die ekonomie aan die Universiteit verwerf.
Mackenzie het as deel van sy studie verskillende tegnieke en gevallestudies gebruik om die doeltreffendheid van belastingadministrasie in 32 Afrikalande, insluitende Suid-Afrika, van 2000–2021 te ondersoek. Hy het data van verskeie organisasies verkry, insluitende die Afrika-belastingadministrasieforum en die Wêreldbank.
Mackenzie sê baie lande in Afrika het nie die kapasiteit en tegnologiese infrastruktuur om akkurate belastingbetalersdatabasisse in stand te hou nie.
"Belastingowerhede is dikwels onderbeman en het nie behoorlike databestuurstelsels om belastingbetalers doeltreffend op te spoor, data in te samel en rekords te berg nie. Die afwesigheid van behoorlike rekords vir sommige belastingbetalers bemoeilik hierdie proses verder.
"'n Gebrek aan institusionele ko?rdinering beperk belastingadministrasies se vermo? om belastingbetalersdata met derdeparty-organisasies te kontroleer.
"Wanneer ondoeltreffendheid bespeur word, gee dit belastingbetalers se vertroue in belastingadministrasie 'n knou, wat weer nakoming laat afneem en die stelsel verder verswak. Uiteindelik lei sulke ondoeltreffendheid tot aansienlike inkomsteverliese, verminderde fiskale kapasiteit, belemmering van ekonomiese groei en ontwikkeling, asook toenemende afhanklikheid van eksterne ondersteuning."
Volgens Mackenzie poog doeltreffende belastingadministrasie om inkomste binne die perke van beskikbare hulpbronne en die belastingbasis tot die maksimum te benut. Dit voorkom ook ongelyke belastinglaste op spesifieke groepe, bevorder regverdigheid en verhoog belastingbetalers se vertroue in regeringsinstellings.
"Deur doeltreffendheid te verbeter, kan belastingowerhede in Afrika inkomsteverlies voorkom en korrupsie, belastingontduiking en -vermyding die stryd aansê om 'n stabiele inkomste te verseker. Dit sal op sy beurt Afrikalande bemagtig om hulle ontwikkelingsprioriteite te finansier, afhanklikheid van eksterne hulp te verminder en billikheid en vertroue te bevorder."
Hy voeg by dat doeltreffende belastingstelsels in Afrikalande met groot informele sektore 'n sleutelrol kan speel om by die informele ekonomie betrokke te raak en sodoende die belastingbasis uit te brei.
Mackenzie het sy verbasing uitgespreek oor die wisseling in doeltreffendheidsvlakke na gelang van die tipe aanwyser wat gebruik word. "Hoewel Afrikalande veral uitblink in belastingregistrasies, sukkel hulle om dit in inkomste te omskep omdat belastingbetalers nie aktief belastingopgawes indien en belasting betaal nie."
Volgens hom dui die vasteland se lae belasting-tot-BBP-verhouding – die inkomste wat 'n land uit belasting in vergelyking met sy ekonomiese uitsette invorder – op die potensiaal vir inkomstegroei. 'n Ho?r verhouding beteken meer belastinginkomste, terwyl 'n laer een op uitdagings met belastinginvordering of 'n kleiner belastingbasis kan dui. Volgens Mackenzie kan die verbetering van belastingadministrasie help om hierdie potensiaal te benut.
Hy beklemtoon ook die belangrikheid daarvan dat die bolaag van die samelewing (die elite) hulle belasting betaal. "Hulle bydraes is beduidend en wanneer hulle hul verpligting nakom, kan regerings meer inkomste invorder. Elite-nakoming bepaal bre?r belastingbetalersgedrag, aangesien individue dikwels regverdigheid beoordeel op grond van die belasting wat deur ho?-inkomsteverdieners betaal word.
“"Belastingowerhede bereik meer sukses in die versekering van nakoming en die bereiking van inkomsteteikens wanneer die elite belastingbeleide en hervormings ondersteun, eerder as om dit te weerstaan. Om inkomstemobilisering te verbeter, sal Afrikalande dalk strategie? moet prioritiseer om elite-nakoming te verbeter en hulle weerstand teen belastinghervormings doeltreffend aan te spreek."
Mackenzie sê belastingadministrasies moet verskeie aanwysers gebruik om hulle prestasie te beoordeel en om te verseker dat geregistreerde belastingbetalers aktief tot inkomstegenerering bydra.
"Hulle moet ook belastingbetalersopvoeding verbeter en dit oorweeg om die term 'belastingadministrasie-owerheid' met 'belastingadministrasiediens' te vervang om die verhouding tussen belastingbeamptes en belastingbetalers te verbeter, en om die fokus van gedwonge na vrywillige nakoming te verskuif.
"Hulle moet meer reageer op belastingbetalers se behoeftes deur dit vir hulle makliker te maak om opgawes in te dien, betalings te maak, toegang tot belastinginligting en -dienste vir persoonlike ondersteuning te verkry en meer oor belastingverpligtinge, regte en voordele te wete te kom."
Mackenzie doen 'n beroep op regerings in Afrika om belastingowerhede te ondersteun deur die doeltreffende gebruik van inkomste vir openbare dienste en beleggings te verseker.
?