Rowena (36) het jare agter die skerms as die sekretaris van die Sentrum vir Verantwoordelike Leierskapstudies (Afrika) by die Stellenbosch Bestuurskool bestee, waar sy die gladde verloop van hulle leierskapsprogramme verseker het, die akademiese personeel ondersteun het en die betroubare konstante was in die lewens van studente wat hulle studies navigeer. Maar toe sy self die klaskamer betree het, het die onderskeid tussen administrateur en student verdof, wat iets dieper onthul het: haar vermo? om die stelsel waarin sy eens gedien het, uit te daag en te verander.
Rowena se akademiese reis is nie slegs uit ambisie gebore nie, maar uit noodsaak. “In my grootwordjare het ek nooit die finansi?le middele gehad om vir verdere studie te betaal nie,” sê sy. “Maar ek het nog altyd oor ? verskeidenheid skaars vaardighede beskik. Die uitdaging was dat ek konstant ondermyn is, omdat ek nie ? kwalifikasie gehad het om dit te rugsteun nie.”
By die Bestuurskool het sy gesien hoe studente hulle leierskap afrond, leer om impak aan te dryf en geleenthede aangryp wat sy al lank reeds vir ander fasiliteer. Dit was ? strak besef: ? formele kwalifikasie was ? stem, ? sitplek aan die tafel en, uiteindelik, ? vorm van validasie wat haar lank ontsê is.
Die balansering van die dubbele rol
Rowena se ervaring is verder gekompliseer deurdat sy as student ingeskryf het by die instelling waar sy werk. Sy het aanvanklik oorweeg om haar studies geheim te hou, omdat sy bang was dat dit haar kollegas en studente se siening van haar sou verander. Maar toe sy as klasverteenwoordiger verkies is, was anonimiteit nie meer ? opsie nie.
“Die oomblik toe ek met die program begin het, was ek diep verbind tot die begrip en verbetering van die studente-ervaring, omdat studente immers die rede vir ons instelling se bestaan is.” Hierdie tweeledige perspektief het aan haar ? skaars uitsigpunt verleen: sy kon die akademiese reis van albei kante af beskou, ondoeltreffendhede in administratiewe prosesse uitken, en maniere vind om gapings tussen die studente en die fakulteit te oorbrug.
Maar daarmee saam het ook ? onsigbare las gekom. “Ek het die voorkeurpersoon vir elke vraag en probleem geraak; akademies, administratief en selfs persoonlik. By tye het dit vir my gevoel asof ek talle rolle vervul, en verantwoordelikhede probeer nakom wat veel verder as my eie studies gestrek het.” Self in die aanloop tot haar eie gradeplegtigheid was sy besig om navrae te hanteer oor logistiek en vereistes vir die einste plegtigheid waaraan sy ook binnekort sou deelneem.
? Perspektiefskuif: Besitneming van haar plek aan die tafel
Ten spyte van die druk, het Rowena se studies iets baie meer diepgaande as ? akademiese kwalifikasie ontsluit. “Voorheen sou ek ondoeltreffendhede raaksien, maar stilbly en aanneem dat ‘dit maar is hoe dinge gedoen word’. Maar nou het ek die kennis, die kritiese denkvaardighede en die selfvertroue gehad om iets te sê. En mense het geluister.”
Jare lank al hou sy van die kantlyn af dop hoe studente hulle opvoeding inspan om bevordering te bewerkstellig, van bedryf te verander, of besighede te begin. Nou het sy haar eie pad met nuutgevonde helderheid gesien. “My studies het ? begeerte aangevuur om meer te doen; om meer betrokke te wees by die vorming van die prosesse en prosedures by die USB en selfs geleenthede te verken om oor die administratiewe strukture van ons programme te konsulteer.”
Vir die Stellenbosch Bestuurskool, waar verantwoordelike leierskap ? hoeksteen van die filosofie is, getuig Rowena se verhaal van die idee dat leierskap nie tot ? titel beperk is nie. Dit gaan oor die stille, maar vasbeslote werk daaraan om instellings van binne af beter te maak, en te verseker dat toekomstige studente, veral diegene wat lank oorgesien is, die deure oop eerder as toe sal vind.
? Gradeplegtigheid wat meer beteken
Rowena se gradeplegtigheid beteken op persoonlike vlak vir haar baie. “Dit het my tot in my diepste wese geskud toe ek my ma aan die einde van 2020 verloor het. Sy kon my nooit oor die verhoog by ? gradeplegtigheid sien stap, of my hoor sê het: ‘Mamma, ek het dit reggekry’ nie.” Hierdie mylpaal gaan nie oor haar nie, maar oor die huldiging van ? erflating. “Hierdie een is vir haar en vir elke #BruinVrouMetBreins wat aan haarself twyfel, wat almal anders eerste stel, wat dink dat sy te oud is of dat die oomblik verby is.”
Vir die toekoms sien Rowena haarself in ? leierskapsrol waar sy kan voortgaan om betekenisvolle verandering aan te dryf. “Die groot leiers waardeur ek omring was, het vir my gewys dat dit moontlik is om sorgsaam te lei, om ruimtes te skep waar mense gewaardeer voel, en om verandering wat werklik saak maak, aan te dryf.”
Haar verhaal herinner ons daaraan dat onderwys nie net loopbane verander nie; dit hervorm identiteite. Dit hervorm diegene wat eens oorgesien is na diegene wat die toekoms vorm. In die proses bewys dit dat die magtigste leiers soms diegene is wat hulle reis agter die skerms begin, maar die werk insit om hulle drome en aspirasies te verwesenlik.