中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Verby die punt van stilte: Nou’s die ‘regte’ tyd om te praat
Outeur: Dr Armand Bam
Gepubliseer: 26/03/2025

Menseregtedag is nie net ’n historiese baken nie; dit dien as ’n spie?l vir elke hedendaagse Suid-Afrikaner. Dit dwing ons om onsself deeglik te bekyk, en te besin oor of ons waarlik die destydse opofferings vir vryheid, geregtigheid en gelykheid eer. Die dag het vanjaar egter ook ’n heel nuwe betekenis en belang teen die agtergrond van die ontstellende wêreldretoriek uit die Verenigde State. ’n Tydperk van onverdraagsaamheid het onlangs uitgeloop op die verklaring van Ebrahim Rasool, ’n gerespekteerde diplomaat en kampvegter vir geregtigheid, tot persona non grata in die Verenigde State. Hoewel hy dalk intern stilweg oor die kole gehaal is, vir sy sienings, moet alle Suid-Afrikaners besef dat dít nie ’n ge?soleerde voorval is nie; dit is ’n simptoom van ’n groter, uiters kommerwekkende ontwikkeling.

Wat die Verenigde State (en dalk ook ander lande) se misnoe? betref, is daar ’n aantal faktore wat, wanneer dit van nader beskou word, met ’n paar belangrike menseregtekwessies verband hou. In die lig hiervan moet alle Suid-Afrikaners verstaan dat stilbly nie ’n opsie is wanneer die stemme van ontevredenheid uit daardie en ander nasies opklink nie. Dit is elke burger se plig om die lae van daardie misnoe? een vir een weg te trek en te bestudeer, en die ware bron van ongemak met nugter o? en, selfs belangriker, eerlike harte te ondersoek. Ons moet besef dat die kwessies nie toevallig of lukraak is nie, maar alles om eenvoudige waarhede draai – die aandrang op geregtigheid, op waardigheid, en op die regte wat elke persoon, en nie net diegene in ons binnekring nie, verdien.

Eerstens het, Suid-Afrika se onomwonde veroordeling van Israel se optrede in Gaza en die verwysing van Israel na die Wêreldhof, ons land die toorn van Westerse bondgenote, veral die Verenigde State, op die hals gehaal. Hierdie stap, wat uit ons verlede van teenstand teen apartheid en verdrukking spruit, is met ekonomiese en diplomatieke dreigemente begroet. Die diskoers uit die Verenigde State gaan egter nie net oor Suid-Afrika nie, maar is deel van ’n groter wêreldwye tendens waar voormalige koloniale moondhede en hulle bondgenote opnuut probeer beheer neem oor nasies wat weier om na hulle pype te dans. Met ander woorde, dit is ál hoe duideliker dat dit hier gaan om die handhawing van ekonomiese oorheersing deur dwang (by gebrek aan diplomasie), die versterking van ou hi?rargie?, en die bestraffing van nasies wat durf standpunt inneem vir soewereiniteit.

Suid-Afrikaners moet hulleself dus afvra of hulle waarlik verwag het dat die Suid-Afrikaanse regering moes stilbly oor die volksmoord in Gaza. Moes ons dan werklik ons o? vir die onreg sluit ná ons eie bittere stryd om demokrasie, en nadat so baie burgers deur apartheid moes leef en teen ontmensliking moes baklei? Het ons geskiedenis ons nie juis geleer om standpunt in te neem teen die onderdrukking van ander, en dat wanneer onreg genormaliseer word, dit blitsig versprei nie? Suid-Afrika is vandag die teiken. M?re is dit moontlik enige ander land wat weier om aan internasionale magspeletjies mee te doen. As ons kies om dit met nugter o? en eerlike harte te beskou, behoort Suid-Afrikaners krities te staan teenoor wat in Gaza gebeur, veral in die lig van die enorme lewensverlies in wat die Wêreldhof self as onregverdigbaar gevoellose omstandighede bestempel het.

Suid-Afrika se weiering om hom teen Rusland uit te spreek is ’n tweede gesprekspunt. Dít, tesame met bewerings oor wapentransaksies, plaas ’n verdere demper op verhoudings met die Verenigde State en die Weste. Hoewel dit vir Suid-Afrika ongemak op die wêreldverhoog veroorsaak, moet ons nie vergeet dat ons ’n soewereine staat is nie. Ons behoort die reg te behou om ons eie beleide en alliansies te bepaal, sonder perverse dreigemente van ekonomiese vervolging. Nelson Mandela se bekende antwoord aan Ken Adelman gedurende die Ted Koppel-onderhoud in New York herinner my aan die belang van beginsels bo koste. Die ‘Weste’ se vyande is nie noodwendig ons vyande nie. Ons bly dankbaar teenoor diegene wat ons wil help om ’n sterker nasie te bou, en ons houding teenoor ander behoort bepaal te word deur hulle houding teenoor ons, nie net in retoriek nie, maar ook in die stryd om menseregte.

Derdens is ’n uitgesproke minderheid in Suid-Afrika aktief aan die steun werf in die Verenigde State deur ons land as ’n onstabiele, mislukkende staat uit te beeld waar wit burgers bedreig word. Ondanks die feitelike onakkuraatheid daarvan, vind dié narratief byval by sommige Amerikaanse politieke groepe en dien dit as verdere motivering vir strafmaatre?ls teen Suid-Afrika. Dít is ’n prys wat ons almal sal betaal – swart én wit. Ons het nie nóg Brandon Huntley’s nodig nie; om eensydige stories te verkondig help niemand nie.

Kom ek ruim enige onduidelikheid uit die weg: Moord is verkeerd, en enige lewensverlies in sulke omstandighede is tragies en onaanvaarbaar. Nietemin verskil die ware feite van die gesaniteerde narratief dat die gruwel van misdaad uitsluitlik teen witmense gepleeg word. Die waarheid is dat dit ons almal raak. Dis gewoon te simplisties om te beweer dat ál hierdie moorde op ras gegrond is, selfs teen die agtergrond van dwase uitsprake soos “shoot the boer”. Moorde op plase word nie net teen witmense gepleeg nie; swart boere sterf ook. Onvolledige narratiewe gooi olie op ’n reeds verwoestende vuur. Kom ons aanvaar byvoorbeeld dat, met die pswak misdaadaanmeldingsyfers en die beskikbare data in ag genome, meer as 85% van die moordslagoffers in vier groot Suid-Afrikaanse stede mans is, met ’n aansienlike oorverteenwoordiging van swart en bruin individue. Net in Kaapstad met sy 58 polisiedistrikte word 44% van alle moorde in die vyf polisiedistrikte van Nyanga, Khayelitsha, Harare Khayelitsha, Gugulethu en Delft/Belhar gepleeg. Dít is histories swart gemeenskappe.

Vierdens dreig die Verenigde State voortdurend om finansiering te onttrek en sy ekonomiese bande met Suid-Afrika te heroorweeg, wat rampspoedige gevolge vir nywerhede, werkskepping en ekonomiese stabiliteit sal inhou. Party wit Suid-Afrikaners haal dalk hulle skouers op, want hulle reken dis ’n regeringsprobleem, ’n buitelandse beleidsgeskil, of iets wat nie hulle daaglikse lewens sal raak nie. Tog is die realiteit veel somberder: Die onttrekking van internasionale finansiering hou inderwaarheid ’n eksistensi?le bedreiging in vir alle Suid-Afrikaners, ongeag ras of klas. Dit raak nywerhede, werksgeleenthede en ekonomiese stabiliteit. Dit vererger ongelykheid, verdiep maatskaplike skeidslyne, en veroorsaak al hoe meer oproer. Niemand spring die gevolge van ’n wankelende ekonomie vry nie, ongeag hoe hoog die mure van bevoorregting dalk lyk.

In die vyfde plek beleef die wêreld ’n toename in polisi?ring van diegene wat durf anders dink. Lande wat Westerse hegemonie bevraagteken, hetsy deur buitelandse beleidsbesluite of ekonomiese herposisionering, ervaar aggressiewe diplomatieke en ekonomiese teenreaksies. Suid-Afrika, met sy geskiedenis van anti-imperialisme, is nou midde-in hierdie storm. Moet ons die Suid-Afrikaanse regering kasty omdat hulle standpunt inneem, of moet ons liefs swig voor die druk van diegene wat die ekonomiese septer van veronderstelde voorspoed swaai? Menseregte is duidelik nie ’n werklike oorweging vir diegene oorsee terwyl hulle die ekonomiese dekstoele van bevoorregting rondskuif nie.

’n Morele en ekonomiese afrekening: Wat sal jy doen?

Dié Menseregtedag is dit tyd vir alle Suid-Afrikaners om eerlik te wees met hulleself en mekaar. Neem ons net standpunt in vir geregtigheid wanneer dit ons pas, of bly staan ons daarvoor selfs wanneer dit opoffering verg? Kan oorge?rfde bevoorregting enigeen waarlik beskerm wanneer die grondslag van Suid-Afrika se ekonomie bedreig word? Stilbly te midde van onreg is nie neutraliteit nie; dit is ’n keuse. En die geskiedenis sal diegene onthou wat geweier het om iets te sê. Die onttrekking van finansiering is nie net ’n politieke taktiek nie; dit is ’n ekonomiese aanslag op die toekoms van Suid-Afrika. En die grootste fout wat Suid-Afrikaners kan maak, is om aan te neem dat dit nie hulle stryd is om te stry nie. Wanneer die ekonomie wankel, wanneer skeidslyne verdiep, en wanneer die internasionale isolasie begin, sal bevoorregting niemand beskerm nie. Hierdie krisis is nie net die regering s’n nie; dit is ’n oomblik van afrekening vir almal wat in hierdie land woon en nie elders asiel soek nie.

Die tyd vir stilbly is verby. Suid-Afrikaners moet standpunt inneem teen die retoriek uit die Verenigde State, teen toegespitste aanvalle op Suid-Afrika se demokraties verkose leiers, en teen passiewe aandadigheid wat ongelykheid laat voortduur. Dit gaan nie oor partypolitiek nie; dit gaan oor beginsels. Dit gaan oor die besef dat ekonomiese dwang, diplomatieke afknouery en die polisi?ring van diegene wat anders dink, nie ’n vae gedagte is nie, maar ’n onmiddellike bedreiging vir ons gemeenskaplike toekoms. Dit gaan oor die gebruik van invloed, hetsy in die sakesektor of in beleids- of openbare diskoers, om voorspraak te doen vir ’n regverdige en volhoubare Suid-Afrika wat menseregte op prys stel.

Menseregtedag gaan nie net daaroor om die verlede te onthou nie; dit gaan oor die bou van ons toekoms. Die vraag is eenvoudig: Staan jy aan die kant van geregtigheid, of bly jy stil en wees só medepligtig? Want die geskiedenis sal diegene onthou wat nooit iets gesê het nie en wat weggekyk het toe dit die meeste saak gemaak het.

Hierdie artikel het in IOL.co.za verskyn.