Afrika is op 'n deurslaggewende oomblik en gereed om akademiese samewerking te hervorm om billike voordele vir instellings, navorsers en studente regoor die vasteland te verseker.
Om dit te bereik vereis strategiese leierskap, ferm beleide, en 'n verbintenis tot intellektuele billikheid. Internasionale vennote moet Afrika beskou as 'n aktiewe bydraer tot globale geleerdheid en nie slegs 'n passiewe ontvanger nie. Samewerkings moet Afrika se intellektuele soewereiniteit respekteer en sy instellings bemagtig. Deur sterk navorsingsekosisteme te bou en globale netwerke te bevorder, kan Afrika-universiteite 'n meer selfstandige en veerkragtiger ho?ronderwyssektor vir die toekoms skep.
Dit was die woorde van prof Deresh Ramjugernath, die Universiteit Stellenbosch (US) se inkomende Rektor en Visekanselier, tans die Adjunkkanselier van Leer en Onderrig.
Prof Ramjugernath was die gasspreker op die US Internasionaal se Sentrum vir Samewerking in Afrika (SSA) se werkwinkel wat aangebied is as 'n voorloper van die jaarlikse vergadering van die Stellenbosch Internasionale Akademiese Netwerk (SIAN) wat vanaf 12 Maart 2025 plaasgevind het. Hy het klem gelê daarop dat Afrika-universiteite voortdurend hulle plek moet volstaan in die globale akademiese arena.
"Kom ons bou ons eie navorsingsekosisteme op die Afrika-kontinent sodat ons sinergisties kan werk, met netwerke wêreldwyd, en verseker dat universiteitsvennootskappe wat ons vandag hier bespreek, sal lei tot 'n sterker en meer selfstandige ho?ronderwyssektor in Afrika in die toekoms."
Prof Ramjugernath het die US se Visie 2040 uitgelig: om 'n toonaangewende navorsingsintensiewe universiteit op die vasteland te wees. Hy het die behoefte aan billike vennootskappe, deursigtigheid en volhoubaarheid beklemtoon.
Altesame 58 afgevaardigdes van 36 instellings wêreldwyd, het die werkswinkel bygewoon wat die belangrikheid van die US se doelgerigte samewerking met ander Afrika-universiteite binne die konteks van hul globale vennootskapstrategie beklemtoon het. Afgevaardigdes was afskomstig van verskeie lande, wat insluit Namibi?, Uganda, Kenia, Burkina Faso, Angola, die VSA, Duitsland, Rusland, Ysland, Denemarke, Japan Ethiopi?, die VK, Mosambiek, Egipte, Brasili?, Tanzani?, Itali?, Bulgarye, Sloweni?, Kanada, Ghana, Swede, Nigeri?, Angola, Itali? en Columbia.
Dr Nico Elema, Direkteur van die SSA, het gesê: “Ons het die program ontwerp vanuit 'n globale Suide-perspektief en om geleenthede te skep vir bilaterale gesprekke, met die fokus op onbevooroordeelde vennootskappe en die behoefte aan billike praktyke in ho?ronderwys internasionalisasie. Hierdie jaarlikse geleentheid is 'n geleentheid vir internasionaliseringspraktisyns om idees uit te ruil en voort te bou op bestaande vennootskappe vanuit 'n Afrika-perspektief, wat die behoefte aan billike en verantwoordelike internasionalisering beklemtoon."
'n Behoefte aan kritiese besinning oor internasionalisering
Met die klem op die rol en konsep van verantwoordelike internasionalisering, het die gasspreker Professor Luciane Stallivieri, van die Universidade Federal de Santa Catarina in Forianópolis in die suide van Brasili?, die gehoor herinner aan die behoefte aan kritiese besinning oor internasionaliseringsprosesse om te verseker dat dit volhoubaar en billik is.
“Daarom verwys ek graag daarna as verantwoordelike internasionalisering, naamlik 'n benadering wat nie net die ekonomiese en akademiese voordele van internasionalisering in ag neem nie, maar ook die sosiale, kulturele en omgewingsimpak daarvan," sê prof Stallivieri, Navorser van Internasionalisering van Ho?r Onderwys by die Instituut vir Studies en Navorsing in die Universiteitsadministrasie (INPEAU).
Prof Stallivieri het gesê baie studente word uitgesluit van internasionale ervarings weens finansi?le en taalkundige hindernisse. Uit haar eie ondervining van internasionale uitruilprogramme het sy die geweldige transformerende impak wat dit op haar en haar loopbaan gehad het, beklemtoon – iets wat sy vandag vir elke jong student toewens. Daar is volgens haar 'n dringende behoefte aan verantwoordelike internasionalisering wat inklusief en billik is, en wat verseker dat alle studente die geleentheid het om voordeel te trek uit internasionale ondervindings.
Prof Stallivieri het gesê volgens die UNESCO Instituut vir Statistiek was daar 5,3 miljoen internasionaal mobiele studente in 2019, 'n beduidende toename vanaf die 2 miljoen studente in 2000. “As hierdie tendens voortduur, kan daar teen 2025 ongeveer 8 miljoen internasionale mobiele studente wees. Dit is slegs 2,6 persent van die wêreldwye studentebevolking, wat wys hoe eksklusief studentemobiliteit bly," het sy gesê. Internasionale studente maak hoogstens 5 persent van die totale inskrywings uit Latyns-Amerika uit, terwyl slegs 0,83 persent van die streek se studente in die buiteland studeer.
Sy het verantwoordelike internasionalisering uitgebeeld op 'n padkaart met vyf noodsaaklike pilare: balans, aanspreeklikheid, insluiting, nakoming en volhoubaarheid. “Balans verseker dat universiteite die voordele van internasionalisering regverdig verdeel onder alle betrokke partye — studente, personeel, internasionale vennote en plaaslike gemeenskappe en belanghebbendes. Dit behoort nie ten koste van plaaslike en nasionale behoeftes en prioriteite te gebeur nie."
Vir haar behels aanspreeklikheid die implementering van deurlopende evaluering en moniteringsmeganismes om te verseker dat internasionaliseringspraktyke strook met etiese beginsels en institusionele doelwitte, insluitend deursigtigheid. “Ho?ronderwysinstellings moet by plaaslike en globale gemeenskappe inskakel en billik en volhoubaar bydra tot maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling. Dit sluit die uitvoer van uitreikings- en navorsingsprojekte in wat die werklike behoeftes van gemeenskappe aanspreek en insluiting en sosiale geregtigheid bevorder."
Omgewingsvolhoubaarheid
Professor Stallivieri het die behoefte aan internasionaliseringspraktyke beklemtoon wat omgewingsverantwoordelik is en bydra tot volhoubare ontwikkeling. Projekte moet ontwikkel word om dringende globale kwessies, soos klimaatsverandering en omgewingsagteruitgang, aan te spreek en by te dra tot die skepping van innoverende en volhoubare oplossings. Sy glo internasionalisering moet bydra tot bewustheid en optrede vir omgewingsbewaring en die integrasie van hierdie tema in akademiese kurrikulums en navorsingsaktiwiteite.
Internasionale vennootskappe moet gebaseer wees op etiese en volhoubare vennootskappe: kies vennote wat soortgelyke waardes deel en verseker dat samewerking wedersyds voordelig is, het Professor Stallivieri bygevoeg.
Die woord "insluiting" is regdeur die werkswinkel gebruik as een van die noodsaaklike aanwysers van suksesvolle vennootskappe. “Verseker dat die ontwikkeling van beleide en programme die deelname van onderverteenwoordigde groepe, soos lae-inkomste studente, etniese minderhede en gemarginaliseerde gemeenskappe, sal bevorder. Insluiting behels die verwydering van finansi?le, sosiale en kulturele hindernisse wat billike toegang tot internasionale geleenthede kan verhoed," het Professor Stallivieri gesê.
"Internasionalisering behoort nie 'n voorreg vir slegs 'n paar mense te wees nie, maar 'n geleentheid wat toeganklik is vir alle studente, ongeag hul sosio-ekonomiese agtergrond," het Professor Stallivieri gesê.
“Net so belangrik is die behoud van kulturele identiteit: Internasionalisering moet kulturele diversiteit respekteer en waardeer en die oplegging van 'n hegemoniese kulturele model vermy. Ho?ronderwysinstellings behoort interkulturele uitruiling as 'n tweerigtingstraat te bevorder, waar plaaslike en internasionale studente uit hul kulturele verskille kan leer en groei," het sy gesê.
Die nakomingspilaar beklemtoon die nakoming van wette, regulasies en etiese standaarde in internasionale aktiwiteite. Instellings moet ooreenstem met globale en nasionale standaarde, menseregte respekteer en sosiale geregtigheid handhaaf. Etiese vennootskappe moet gebaseer wees op wedersydse respek, billikheid en integriteit.
Professor Stallivieri het gesê dat, ten spyte van verskeie uitdagings en struikelblokke vir instellings om verantwoordelike internasionalisering te beoefen, alle belanghebbendes kollektiewe verbintenis nodig het. 'n Gebrek aan betrokkenheid kan sukses belemmer, maar die bevordering van 'n gedeelde visie en deurlopende betrokkenheid help om hierdie uitdaging te oorkom.
“Verantwoordelike internasionalisering is 'n deurlopende proses wat toewyding en 'n verskuiwing in perspektief vereis. Deur die riglyne te volg, kan instellings 'n meer regverdige, inklusiewe en volhoubare globale onderwysstelsel bevorder. Die implementering van hierdie strategie? bevoordeel instellings, vennote en die samelewing, en het uiteindelik 'n positiewe impak op die wêreld," het Professor Stallivieri afgesluit.
Bou vertroue en volhoubare vennootskappe
Professor Sam Tshehla, US se waarnemende Adjunkkanselier van Strategie, Globale en Korporatiewe Aangeleenthede, het die belangrikheid van die bou van vertroue en volhoubare vennootskappe in die Afrika-konteks beklemtoon.
“Jy bou nie vertroue met een besoek nie. Dit is 'n proses wat van onder af begin: kry die akademiese personeel om gesamentlik te werk en kapasiteit te bou deur PhD-programme. Daarna kan die memorandum van ooreenkomste volg," het Professor Tshehla gesê en die rol van akademiese personeel in die bevordering van volhoubare vennootskappe en die belangrikheid van mede-publikasies en konferensies beklemtoon om hierdie samewerking te versterk.
Dr Elema het in sy besinning oor die werkswinkel die belangrikheid van doelgerigte samewerking met Afrika-universiteite binne die US se globale strategie vir internasionalisering beklemtoon. “Die US bou al vir meer as 25 jaar aktief aan vennootskappe met ander Afrika-universiteite ,. Die stigting van die CCA in 2016 was om hierdie vennootskappe te versterk, en om 'n bemagtigende omgewing te skep vir die US om hierdie pogings verder te ontwikkel, te koester en te versterk."
Dr Elema het gesê vanjaar se geleentheid beklemtoon die behoefte aan billike vennootskap en die belangrikheid van Afrika-instellings om hul unieke sterkpunte te benut. Hy het beklemtoon die noodsaaklikheid dat Afrika-instellings hul sterkpunte en bydraes duidelik verwoord buite die beperkings wat in gesprekke uitgelig is. "Ons moet baie duidelik wees oor wat ons bied, en daardie aanbieding moet buite die beperkings wees wat in die gesprekke uitgelig is."
“Afrika is 'n groot kontinent, nie net een land nie. Elke land en elke instelling het unieke aanbiedinge. Dit is dus belangrik om jou sterk- en swakpunte te ken en hoe ons mekaar se sterk en swak skakels kan ondersteun en aanvul."
Dr Elema het die belangrikheid van die opvoeding van die jeug van Afrika beklemtoon. “Door die hele wêreld verouder die bevolking. Afrika is die enigste vasteland waar ons bevolking nog jonk is. Ons moet uitklim en saam optree en ons jeug ondersteun so veel as wat ons kan en hulle nou die geleenthede gee sodat hulle vrugte kan dra in die jare wat kom. Ons is nou op die regte plek op die regte tyd."