中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SMART-program help met sinvolle verandering
Outeur: Ronél Beukes
Gepubliseer: 28/02/2025

’n Inisiatief wat daarop gemik is om etiese, betrokke en innoverende leerders te help ontwikkel wat na ekonomiese en gemeenskapstransformasie streef, word deur die Skool vir Rekeningkunde by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe gekoester en ontwikkel. Die SMART-program is in 2024 van stapel gestuur en is ’n kragtige voorbeeld van hoe studente tot sinvolle verandering in landelike gemeenskappe kan bydra deur middel van vrywilligerdiens en onderwys.

Baie leerders in landelike gebiede word deur beduidende struikelblokke in die gesig gestaar om die ondersteuning te kry wat hulle nodig het om in wiskunde uit te blink. Sistemiese kwessies soos groot klasse, beperkte fondse en ’n gebrek aan individuele ondersteuning kan leerders se vermo? kortwiek om ingewikkelde wiskundige konsepte te begryp. Vir vele leerders kan die gebrek aan bykomende hulpbronne buite die klaskamer die verskil maak tussen sukses en sukkel.

’n Slim oplossing

Studente van die Skool vir Rekeningkunde het vroe?r ’n seminaar oor maatskaplike innovasie bygewoon en die beperkings van wiskunde-onderrig in Suid-Afrika, en die impak daarvan op jeuggeleenthede, ge?dentifiseer. Daarna het ’n opname bevind dat studente graag as vrywilligers wil deelneem aan geleenthede wat hierdie kwessies pak. Dié terugvoer, tesame met die begeerte om ’n betekenisvolle bydrae tot die gemeenskap te lewer, het aanleiding gegee tot die ontstaan van die SMART-program.

SMART (School of Accountancy Mathematics and Accounting Rural Tutoring) bied rekeningkundestudente die geleentheid om as vrywillige wiskundetutors by naskoolse sentra in die landelike omgewing van Stellenbosch op te tree. Vir hierdie naskoolprogramme is dit moeilik om voldoende vrywilligers te werf om een-tot-een-hulp aan leerders te bied wat dit nodig het om wiskundige begrippe baas te raak. Die SMART-program is ontwerp om hierdie gaping te vul met studente wat passievol is oor onderwys én gemeenskapsontwikkeling.

Mev. Remerta Basson, dosent by die Skool vir Rekeningkunde en die SMART-ko?rdineerder, het dit soos volg verduidelik: “Aan die een kant wil die program leerders se wiskundeprestasie verbeter en aan die ander kant wil dit studente deur middel van ervaringsleer transformeer tot graduandi met goeie burgerlike vaardighede.” Die projek fokus nie net op akademiese ondersteuning nie, maar ook op die persoonlike ontwikkeling van die studentevrywilligers en berei hulle voor om as leiers in die sakewêreld én die samelewing op te tree.

Om die program se sukses te verseker, word studentevrywilligers nie net in doeltreffende tutormetodes opgelei nie, maar ook van voortgesette leiding voorsien om hulle te help om oor hul ondervindings te besin. Hierdie holistiese benadering tot studenteontwikkeling sorg vir waardevolle insigte in onderrig, mentorskap en gemeenskapsbetrokkenheid. Danksy ’n vrygewige skenking van RAiN Geoktrooieerde Rekenmeesters, is vervoer na nasorgsentra in landelike gebiede beskikbaar gestel. Dit het vrywilligers in staat gestel om hul aangewese sentrum te bereik en ’n doeltreffende bydrae te maak.

Vennootskappe lei tot groter impak

Die projek word in vennootskap met twee plaaslike organisasies uitgevoer, Prochorus Gemeenskapsontwikkeling en die Pebbles Projek, wat met kinders uit plaasgemeenskappe werk. Deur hierdie samewerking bereik die SMART-projek verskeie landelike gebiede naby Stellenbosch, waaronder nasorgsentra by Mt Vernon, L’avenir, Koopmanskloof en Delheim in die Koelenhof- en Klapmuts-gebiede, sowel as Niel Joubert (Simondium), Eikendal, Kaapzicht (Bottelary) en die Prochorus Nasorgsentrum in Jonkershoek.

Die terugvoer van beide die leerders en die studentevrywilligers was oorweldigend positief. Die leerders het nie net hul begrip van wiskunde verbeter nie, maar ook blywende verhoudings met hul tutors gebou. Op hul beurt het die studente aangedui dat die ondervinding tot ’n verdieping in hul sin vir verantwoordelikheid en burgerskap gelei het. Volgens vrywilliger Jada van Nieuwenhuizen, wat leerders van Graad 2 tot Graad 4 by die Prochorus Nasorgsentrum in Jonkershoek gehelp het, was die ondervinding lewensveranderend. “Dit het my ’n nuwe perspektief gegee op die gebied waarin ek woon; dit het my ’n blik gegee op ’n sy van Stellenbosch ’n paar kilometer van die kampus af wat ek nie geweet het bestaan nie. Ek het ook besef hoe bevoorreg ek is om die geleentheid te kon hê om goeie skole en universiteit by te woon.”

Tineke Swanepoel, wat by die Eikendal en Kaapzicht nasorgsentra gehelp het, het heelhartig saamgestem dat dit belangrik is om dankbaar te wees vir ’n mens se opvoeding. “Ek is diep onder die indruk van hoe belangrik onderwys is en hoe elke persoon se bydrae ’n verskil kan maak, selfs al be?nvloed dit net een kind se lewe.”

Sy het ’n konneksie bewerkstellig met ’n meisie wat elke dag terneurgedruk voorgekom het. Met ’n bietjie aanmoediging het sy uitgevind dat die leerder niks van skool hou nie, maar dat sy passievol was oor kuns en teken. “Die feit dat sy gevoel het sy word raakgesien, veral met haar unieke belangstellings, het ’n groot verskil gemaak.”

“Dit was duidelik dat die program wesenlik bygedra het tot die bewusmaking van studente as betrokke burgers. Almal wil graag weer in die toekoms deelneem,” het mev. Gail Fortuin, SMART-fasiliteerder en dosent by die Skool vir Rekeningkunde, gesê.

Die SMART-program illustreer die Fakulteit se verbintenis om die ekonomie en die gemeenskap te transformeer. Hierdie inisiatief bemagtig individue met die kennis en vaardighede om sukses te behaal omdat dit landelike leerders van die nodige ondersteuning voorsien om in wiskunde uit te blink, asook die geleentheid om verhoudings met studentevrywillers te bou. Op dié wyse dra dit tot langtermyn ekonomiese en gemeenskapsverandering by. Terselfdertyd transformeer die projek die vrywilligers in leiers met ’n grondige begrip van die belangrikheid van onderwys en gemeenskapsontwikkeling. Dit kring sodoende uit sodat nie net die deelnemers nie, maar die hele samelewing baat vind daarby.

Soos die SMART-program aanhou groei, sal dit steeds as baken dien van hoe onderwys, vrywilligerdiens en gemeenskapsamewerking sáám ’n blywende impak kan bewerkstellig. Die transformasie wat dit onder studente, leerders en gemeenskappe aanwakker, toon hoe deurslaggewend onderwys is vir die vorming van die toekoms.

  • · Die SMART-programspan bestaan uit ko?rdineerder Remerta Basson, fasiliteerders Gail Fortuin, Mari Patterson en Lee-Ann Pietersen, asook Nerita Malan, wat vir studentewerwing verantwoordelik is. Hulle word bygestaan deur Liesl de Villiers van die Skool vir Rekeningkunde.