Die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs die transformerende potensiaal van kunsmatige intelligensie (KI) in ho?r onderwys onder die loep geneem. Dr Hannelie Adendorff, Senior Adviseur by die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL), het die ontwikkelende verhouding tussen KI, geletterdheid en die akademiese projek by ? Auxin-sessie oor middagete insiggewend verken.
Die aanbieding met die titel “KI, geletterdheid en die Universiteit: Waar is ons nou?" is aanlyn deur meer as 100 akademici en personeellede gevolg en het praktiese insigte gebied om studente en dosente te help om verantwoordelik aan te pas by die uitdagings en geleenthede wat KI bied.
Adendorff het verwys na Microsoft en LinkedIn se Werktendens-verslag van 2023 wat saamgestel is ná ? oorsig van 31 000 “kenniswerkers" in 31 lande. Een van die treffende onthullings was dat 66% van sakeleiers waarskynlik nie iemand sonder KI-vaardighede sal aanstel nie en dat talle meer geneig is om ? kandidaat met minder ondervinding, maar sterker KI-geletterdheid te kies. “Dit laat ons in ho?r onderwys nogal nadink oor hoe ons ons studente vir die werkplek voorberei," het Adendorff gesê.
“As ons ons studente vaardighede leer wat deur KI-instrumente uitgevoer kan word, help ons hulle nie regtig nie," het sy gewaarsku. ? KI-instrument wat dieselfde vaardigheid kan verrig, sal in enige organisasie goedkoper wees en uiteindelik sal daardie gegradueerde deur iets anders vervang word."
Sy het aangevoer dat KI self nie die probleem is nie. “Met KI wat op die toneel kom, word foutlyne uitgewys wat reeds in ho?r onderwys teenwoordig was. Een van daardie foutlyne is ons vertroue in ons assesseringstelsels en in dít wat ons onderrig- en assesseringsmetodes bereik," het sy opgemerk en gevra: “Het ons nie studente opgelei om masjiene en berekenende denke na te boots eerder as om hulle te help om ware kritiese denkers te word nie?"
Praktiese integrasie in die klaskamer
Adendorff het verskeie voorbeelde beskryf van US-akademici wat KI-instrumente en kritiese evaluering suksesvol in hulle onderrigpraktyke ge?nkorporeer het.
- Skryf en kritiese denke: Studente gebruik generatiewe KI in ? uitgebreide kurrikulumprogram om skryfvaardighede te verbeter en KI-gegenereerde skryfwerk te beoordeel. “Studente was baie meer krities oor ChatGPT as wat ? mens sou verwag," het Adendorff opgemerk toe sy ? kollega se ervaring beskryf het. Deur KI-gegenereerde teks met hulle eie werk te vergelyk, ontwikkel studente beter skryf- en analitiese vaardighede.
- Kodering en probleemoplossing: ? Dosent in ekonomie en bestuurswetenskappe het opgemerk dat KI Excel-makro's of ander kode redelik akkuraat kan skryf – mits die gebruiker weet wat om te vra. Studente het gou ontdek dat hulle agtergrondkennis nodig het om KI doeltreffend te lei en dit benadruk die noodsaak van duidelike en akkurate opdragte.
- Genereer vrae met KI: Dr Melody Neaves het studente gevra om toetsvrae op te stel wat op komplekse lesings in materiaalingenieurswese gebaseer was. Toe sy studente toegelaat het om moontlike eksamenvrae met behulp van ChatGPT te genereer, het dit hulle aangespoor om kursusmateriaal noukeurig te hersien om te verseker dat die KI se uitsette korrek, relevant en in ooreenstemming met Bloom se taksonomie was. Hierdie oefening het hulle gehelp om ? dieper begrip van die materiaal te ontwikkel.
- Kontekstuele nuanse: ? Dosent in anatomie het KI begin gebruik om studente te help om te sien hoe datastelle oor kontekste heen verskil. Deur KI-gegenereerde inligting krities te ondersoek het hulle teenstrydighede ontdek wat toon dat KI-instrumente moontlik waardes uit nie-Suid-Afrikaanse kontekste kan inkorporeer en met omsigtigheid gebruik moet word.
Adendorff het hierdie voorbeelde geprys as bewys dat KI wat goed deurdag ge?nkorporeer word, ? meer diepgaande betrokkenheid by die onderwerp kan meebring. “Studente word gedwing om dubbel seker te maak wat die KI doen. Hulle kry ? dieper begrip van die inhoud en slyp hulle kritiese denke. Hulle verstaan beter waarvoor hulle KI kan gebruik, wat verantwoordelike gebruik is en wat moontlik nié is nie.
Om die etiese gebruik van KI te rig, het die US ? stel riglyne oor egtheid, aanspreeklikheid, deursigtigheid en regverdigheid ontwikkel. ? Werkgroep van sowat 15 mense – insluitend akademici, bibliotekarisse en leertegnolo? aan die US – werk tans hierdie riglyne by om praktiese kwessies aan te pak.
Riglyne het ten doel om ? raamwerk vir akademici te bied om die kompleksiteite van KI-integrasie te navigeer, insluitend praktiese oorwegings soos om KI-gegenereerde werk te bespeur en gevalle van gepaste gebruik te bepaal.
US-dosente kan kies of hulle KI wil verbied, toelaat of vereis, maar elke opsie bring ? unieke stel verantwoordelikhede mee, het Adendorff gesê. Sy het gewaarsku dat opsporingsagteware alleen nie die bre?r onderrigprobleem oplos nie: “Assessering is veronderstel om ons te wys of ons studente geleer het. As ons nie seker is dat hulle regtig die werk self gedoen het nie, verloor ons daardie kerndoel uit die oog.
'? Herhalende tema was die behoefte om leeruitkomste opnuut te bekyk. Soos wat KI toenemend in staat is om take uit te voer wat aan studente opgedra is, moet universiteite hulleself afvra of sommige uitkomste verouderd geraak het. “Moet ons studente voorberei vir spesifieke take wat KI kan verrig – of moet ons fokus op wat mense die beste doen, soos kritiese denke, kreatiwiteit en etiese beoordeling?" het Adendorff gevra.
Sy het ook kommer uitgespreek oor menslike agentskap, veral in leer. “Studente en personeel moet hulle eie agentskap gebruik om seker te maak dat hulle relevant bly," het sy gesê. Om te weet hoe om jou data te beskerm, hoe om die feite van KI-uitsette na te gaan en hoe om unieke menslike eienskappe (soos empatie en etiese oordeel) te ontwikkel, is alles deel van verantwoordelike KI-geletterdheid.
Die US verfyn praktiese riglyne en opleidingsgeleenthede voortdurend namate KI-instrumente kragtiger word. Die SOL bied nou twee keer per jaar ? Assessering-, Leer- en KI-kortkursus aan en meer hulpbronne word tans ontwikkel – van podsendings tot gevallestudieboekies. Hierdie pogings is ontwerp om die Universiteitsgemeenskap te help om KI se potensiaal te benut as ? instrument vir meer diepgaande leer, eerder as om dit bloot as ? bedreiging vir akademiese integriteit te beskou.
“Ons wil meer gesprekke oor uitkomste en kreatiewe werk ontlok en studente help om hulle eie agentskap te gebruik," het Adendorff afgesluit.
Nuttige bronne oor AI gebruik aan die US:
Amptelike verklaring oor die etiese gebruik van KI in navorsing en onderrig-leer-assessering aan die US.
? Skryf en kritiese denke: Sharon Malan (EMS), TTA podcast episode.
? Kodering en probleemoplossing: Hamman Schoonwinkel (EMS), podcast episode.
? Wys kontekstuele nuanse: Jodie Lemphane (FGGW), podcast episode.