?Die Africa Collaboration Grant (ACG) is een van die vlagskipinisiatiewe van SU Internasionaal se Sentrum vir Samewerking in Afrika (CCA) en is gemik op die versterking van vennootskappe met SU se Afrikavenote deur mobiliteitsondersteuning.
Die beurs bied geleenthede vir SU-personeel om vennote in ander Afrika-lande te ontvang en te besoek, opkomende navorsers te ondersteun en by te dra tot werkswinkels. Verder ondersteun die ACG ook SU se postdoktorale genote om vennootskappe met instellings in ander Afrika-lande te vestig en bied dit ondersteuning aan nagraadse studente om konferensies in ander Afrika-lande by te woon.
Meer as 440 Africa Collaboration Grants is tussen 2010 en 2024 toegeken, met 'n totale befondsing van meer as R10 miljoen. Sedert 2016 het die ACG befondsing vir projekte met SU se bilaterale vennote in Afrika en die African Research Universities Alliance (ARUA) geprioritiseer.
Deur mobiliteitsondersteuning moontlik te maak, stel die ACG SU-akademici in staat om met hul eweknie? op die vasteland in verbinding te tree, samewerking te bevorder en gesamentlike akademiese doelwitte te bereik.
📅 Die ACG-aansoeke is tans oop vir aktiwiteite wat tussen 1 Maart en 30 Junie 2025 plaasvind.
🗓? Aansoek sperdatum: 31 Maart 2025.
🔗 Vir meer inligting oor die beurs en hoe om aansoek te doen, besoek: https://www.sun.ac.za/.../Africa-Collaboration-Grant.aspx