中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
VK-Afrika navorsingsprojek steun moeders se geestesgesondheid met musiek
Outeur: FMHS Marketing & Communications
Gepubliseer: 25/02/2025

Navorsers van die Universiteit Stellenbosch (US) neem deel aan ? internasionale projek wat ondersoek hoe musiek verwagtende moeders se geestesgesondheid kan ondersteun. Die projek, 'Community Health Interventions through Musical Engagement (CHIME) for Maternal Mental Health,' bring navorsers van die Verenigde Koninkryk (VK), Suid-Afrika, Gambi?, Lesotho en Australi? byeen om te bepaal hoe kultureel-gewortelde musiekpraktyke perinatale geestesgesondheid in drie Afrika-lande kan verbeter.

Die navorsingsprojek van vier jaar het aansienlike befondsing van byna R65 miljoen (?2,8 miljoen) van die VK se Nasionale Instituut vir Gesondheidsnavorsing (NIHR) verkry. Hierdie toekenning sal drie gekoppelde navorsingsprojekte in Suid-Afrika, Lesotho en Gambi? ondersteun om CHIME, ? deelnemende groepgebaseerde sangintervensie vir swanger vroue, te evalueer. Die navorsers sal ook ondersoek hoe om die program vir verskillende omgewings aan te pas, veral in gemeenskappe waar deelnemende musiek ? integrale deel van kultuur en daaglikse lewe is.

“Deelnemende musiek is diep ingeweef in die kultuur en daaglikse lewe van gemeenskappe in Suid-Afrika en Lesotho," verduidelik prof Sarah Skeen van die Instituut vir Lewensloop Gesondheidsnavorsing aan die US, wat saam met prof Lauren Stewart van die Universiteit van Roehampton in die VK die projek lei. “Die Suid-Afrikaanse navorsingspan sal nou saamwerk met moeders en gemeenskapslede in Khayelitsha om ? plaaslike weergawe van CHIME te ontwikkel, en moontlikhede vir verdere aanpassing en uitbreiding oor verskillende distrikte van Lesotho te ondersoek," sê Skeen.

Daar is bewys dat groepmusiek ? mens se bui ? hupstoot kan gee en sosiale verbindings kan bevorder. Vroe? navorsing dui daarop dat daaglikse blootstelling aan spesiaal saamgestelde musiek tydens swangerskap angssimptome verminder. Dit is van kardinale belang omdat voorgeboortelike stres en angs beide die fisiese en sielkundige ontwikkeling van die kind kan be?nvloed. Die implementering van laekoste, stigmavrye benaderings soos musiek is noodsaaklik om die uitwerking van stres en angs oor generasies heen te verminder.

Stewart beklemtoon die behoefte aan kulturele bewustheid in globale gesondheidsintervensies: “Dit is uiters belangrik dat CHIME gewortel bly in plaaslike kultuur en gemeenskapspraktyke. Ons benadering identifiseer plaaslike uitdagings en werk met gemeenskapshulpbronne om pasgemaakte oplossings te skep."

Die inisiatief bou voort op vorige werk om CHIME in Suid-Afrika en Gambi? te ontwikkel. In Gambi? het navorsers saam met Gambiese vennote van die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Welsyn, die Nasionale Sentrum vir Kuns en Kultuur en plaaslike Kanyeleng-groepe saamgewerk om intervensies saam te ontwerp en te implementeer. Kanyeleng-groepe, vroulike vrugbaarheidsverenigings in Gambi?, hou deelnemende musieksessies met swanger vroue, wat temas van veerkragtigheid, sosiale ondersteuning en strategie? aanspreek om algemene fisieke en sielkundige uitdagings tydens swangerskap te bestuur.

In die aanloop tot die projek in Suid-Afrika het projekvennote, die Perinatale Geestesgesondheidsprojek by die Universiteit van Kaapstad en One-to-One Africa, saam met gemeenskapsgesondheidswerkers genaamd Mentor Mothers gewerk om ? reeks liedjies te ontwikkel om moederlike geestelike welstand te bevorder.

 


CHIME se werk in Gambi?: How can group singing support expectant mothers? - YouTube

 

Onderskfrif: Vroue van Suid-Afrika (links) en Gambi? (regs) neem deel aan die CHIME-inisiatief.

Foto-erkenning: Perinatal Mental Health Project (links) en Stefani du Toit (regs).