???Eerder as om beskadigde promosiebaniere en vlae ná 'n geleentheid weg te gooi, het die Universiteit Stellenbosch (US) 'n vennootskap met 'n plaaslike NRO aangegaan om die gebruikte materiaal in pennesakkies vir studente te omskep.
"Dit is ongelooflik om te sien hoe iets wat voorheen aan 'n vlagpaal gehang het, op 'n ander en nuttige manier gebruik word," sê Charlene Wicomb, Handelsmerkimplementeringsko?rdineerder in die US se Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking.
Sy verduidelik haar span het opgemerk hoe baie van die artikels wat gebruik word om die Universiteit te bemark, ná gebruik weggegooi word. "Ons het ontdek dat ons soveel vlae het wat óf deur die son verblyk is óf stukkend geskeur is. Dit was die ideale geleentheid om hulle in iets nuttigs te omskep." Maar sy beklemtoon dat die span nie iets van die oorblywende materiaal in massa wou vervaardig nie.
"Ons wou eerder teruggee aan die Stellenbosse gemeenskap. Die idee was om 'n plaaslike NRO blootstelling te gee en hulle talente te beklemtoon." Dit is hoe dit gebeur het dat Yeyethu Designer Studio, in samewerking met die CoCREATE HUB – 'n projek van Ranyaka se Building Business-program wat entrepreneurs uit gemarginaliseerde gemeenskappe ondersteun – by die pennesakkieprojek betrokke geraak het.
Die projek het Bulelwa Tito, wat die Yeyethu Designer Studio van die Kuyasa Horizon Empowerment-NRO in Kayamandi bestuur, se lewe verander. Dit het haar nie net in staat gestel om mense in haar gemeenskap in diens te neem nie, maar sy kon ook haar dogter se eenmalige geleentheid finansier om op 'n oorsese uitruilprogram te gaan. "Hierdie pennesakkieprojek het op die regte tyd gekom," sê sy. "Dit het alles verander."
Dit het ook die deur geopen vir toekomstige samewerking en geleenthede om gebruikte items in iets nuttigs en moois te omskep. Tito ondersoek reeds patrone om drasakke en skootrekenaarsakke uit herwinde materiaal te maak wat aan afgevaardigdes by die US se konferensies gegee kan word. Prof Nico Koopman, Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel, sê: "Volhoubaarheid gaan nie net oor die bewaring van ons omgewing nie; dit gaan oor die opheffing van gemeenskappe, die bevordering van kreatiwiteit en om nuut te dink oor die waarde van dít wat ons dikwels weggooi. Hierdie inisiatief beliggaam die US se verbondenheid tot verantwoordelike rentmeesterskap – van ons hulpbronne én verhoudings."
Hoewel Tito baie tuis agter haar naaimasjien in haar ateljee – omring deur hope helderkleurige materiaal en spoele blink garing – lyk, erken sy laggend sy het nooit beplan was om 'n naaldwerkster te word nie. "Dit het uit nuuskierigheid begin", verduidelik sy, aangesien sy eintlik vir 'n rekenaarkursus ingeskryf was toe sy van die modeontwerpkursus gehoor het. "Ek het besluit om dit te probeer," sê sy. Ondanks die feit dat sy niks van naaldwerk af geweet het nie, het sy vinnig van kursus verander en is sy nou 'n bekwame naaldwerkster en ontwerper met 'n goeie aanvoeling om pasgemaakte mode te skep.
Tito erken dit was nie 'n maklike reis nie. Sy was medestigter van Yeyethu Designer Studio om 'n modehandelsmerk te skep en opleidingsgeleenthede vir mense in die omgewing te bied. Met die verstadiging van besigheid gedurende die 中国体育彩票-pandemie het haar vennoot ander geleenthede gaan ontgin. Maar hierdie enkelma van Gqeberha was nog nooit een wat wegskram van 'n uitdaging nie. Haar ondernemende gees het reeds in haar skooldae na vore gekom toe sy warm lekkernye verkoop het om geld vir vervoer en kos in te samel. Haar ma, 'n huishulp, het haar altyd aangemoedig om hard te werk en die belangrikheid daarvan om ongeag die omstandighede haar bes te doen, by haar ingeboesem,
Hierdie werksetiek het Tito goed te pas gekom om as 'n vennoot in die US se herwinningsprojek beskou te word, sê Wicomb, aangesien dit uitgebreide navorsing en steekproefneming geverg het om die finale produk presies reg te kry. Dit was nie maklik om bypassende materiaal en ritssluiters vir die US se "selfversekerde maroen" Pantone te vind nie en Tito moes verskeie kere na Kaapstad en Somerset-Wes gaan om die regte skakerings te vind. Sy het haarself toe geleer om die ritssluiters in te sit deur TikTok-video's te kyk. Maar dit was al die moeite werd en lang ure werd, stem Wicomb en Tito saam. "Hoewel nie een van die sakkies dieselfde is nie – hulle het almal 'n unieke patroon (afhangende van watter deel van die vlag gebruik is) – vertel hulle almal 'n storie van die US, verduidelik Wicomb.
Die voltooide pennesakkies het boonop amper nooit die kampus bereik nie. Bulelwa het in November verlede jaar daaraan begin werk sodat dit by vanjaar se verwelkomingsprogram in Januarie aan studente gegee kon word. Tot Tito se ontsteltenis het die besending egter 'n paar dae voor die geleentheid verdwyn terwyl dit van Kayamandi af na die hoofkampus onderweg was. Gelukkig is die kosbare vrag teruggevind – al was dit te laat vir die Verwelkoming. Dit sal nou op 15 Maart by die US se Opedag en later in die jaar aan leerders uitgedeel word wanneer die US skole besoek.
Die pennesakkie-inisiatief het ander herwinningsidees laat ontstaan, sê Wicomb. Daar is reeds planne om die le? bottels van plaaslike wyne wat by die US se geleenthede geniet word, as blompotte te hergebruik. Wicomb sê sy hoop die pennesakkieprojek sal ook fakulteite op kampus inspireer om maniere te vind om hul klaargebruikte promosiemateriaal te hergebruik. Hierdie loodsinisiatief "wys ons hoe maroen ons harte is", sê sy met verwysing na die US se verbondenheid tot volhoubaarheid en ondersteuning van projekte met 'n sosiale impak.?
Foto en video: Stefan Els