Beste studente
Die ho?ronderwyssektor ervaar nasionaal uitdagings ten opsigte van studentfinansiering, veral NSFAS-kwalifiserende en “verlore middel"-studente. Dit is ook die geval by die Universiteit Stellenbosch (US) waar 'n aantal van ons NSFAS- en “verlore middel"-studente weens skuld en ander administratiewe NSFAS-kwessies uitdagings ondervind om te registreer.
Ondanks die feit dat die Universiteit alles in sy vermo? doen om studente in hierdie penarie by te staan, is dit jammer dat sommige groepe en individue vroe?r vandag lesings en dele van die Neelsie Studentesentrum op die Stellenbosch-kampus ontwrig het.
Ons kan die Universiteitsgemeenskap verseker dat ons met versigtigheid te werk gaan om toepaslike re?lings te tref om studente wat geraak word, toe te laat om te registreer. Intussen het ons vir ongeregistreerde studente toegang tot alle leermateriaal en die akademiese programme moontlik gemaak sodat hulle nie agter raak in hulle akademiese vordering nie.
Terwyl die Universiteit erken dat studente en personeel 'n reg op massabyeenkomste het, moet hierdie byeenkomste aan die Universiteit se protokol vir massabyeenkomste van studente voldoen. Die protokol is ook duidelik. Deelnemers aan die massabyeenkoms mag onder meer nie die Universiteit se akademiese werksaamhede ontwrig of 'n risiko vir die Universiteit inhou in die vorm van die vernietiging van roerende of nie-roerende institusionele eiendom of die ontwrigting van bedryfskontinu?teit nie. Wat die Universiteit se Dissiplinêre Kode vir Studente betref, word studente aangemoedig om 'n respekvolle en bedagsame omgewing te handhaaf deur enige optrede te vermy wat orde en dissipline by die Universiteit kan ontwrig of potensieel ontwrig. Die Universiteit sal nie huiwer om dissiplinêre stappe teen studente en/of personeel te doen wat hierdie gedragskode oortree deur akademiese aktiwiteite te ontwrig nie.
Die Universiteit betreur die impak wat enige vorm van ontwrigting op daardie studente en personeel het wat aktief by die akademiese program betrokke is. Ons besef daar is kommer onder belanghebbendes, insluitende ouers en studente, oor die invloed op studente se veiligheid en hulle akademiese werk en ons sal, soos die gebeure ontvou, voortgaan om met belanghebbendes in hierdie verband te kommunikeer.
Die Universiteit werk hard daaraan om 'n vinnige oplossing vir hierdie kwessies te vind sodat ons ononderbroke met die akademiese program kan voortgaan. Dit sluit verdere skakeling met belanghebbendes (insluitende studenteleiers) in oor die uitdagings wat ondervind word. Toepaslike maatre?ls en stappe sal gedoen word om ons personeel en studente en die Universiteit se eiendom te beskerm en te verseker dat klasse ononderbroke voortgaan.
Die ontwrigting van sommige van ons klasse en sommige ruimtes in die Neelsie-studentesentrum vroe?r vandag word veroordeel en kan gevolge inhou vir diegene wat nie aan die Universiteit se re?ls en beleide gehoor gegee het nie. Ons bevestig dat alle geskeduleerde klasse volgens die akademiese rooster sal voortgaan.
Die situasie word via Kampussekeruteit fyn dopgehou.
Let asseblief op die volgende:
- Ons doen 'n beroep op studente om waaksaam en kalm te bly, en om met hulle dosente en koshuishoofde (waar van toepassing) in aanraking te bly, terwyl die toepaslike US-protokolle in werking gestel moet word. Ons doen 'n beroep op personeel om ewe waaksaam en kalm te wees.
- Studente word versoek om altyd hulle studentekaart by hulle te hê, aangesien toegangsbeheer voorlopig strenger by ons geboue toegepas sal word.
Ons wil herhaal dat die Universiteit sal voortgaan om elke redelike stap binne sy vermo? te doen om studente ten opsigte van registrasie, studenteskuld en, soos die afgelope paar weke gedoen is, individuele studente te ondersteun om verblyf te kry. Lees asseblief hierdie skrywe vir die jongste maatre?ls.
?