中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SA universiteite moet kwantumkapasiteit bou vir kontinent
Outeur: Faculty of Science (media and communication)
Gepubliseer: 20/02/2025

?


Dr Yaseera Ismail
, 'n kwantumfisikus in die US se Departement Fisika, het Suid-Afrika verteenwoordig by die openingseremonie van die Internasionale Jaar vir Kwantumwetenskap en -tegnoplogie, wat op 4-5 Februarie 2025 by UNESCO (Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie) se hoofkwartier in Parys, Frankryk plaasgevind het.

Sy was 'n genooide spreker vir die paneel oor Openbare Betrokkendheid en Opvoeding in Kwantumfisika en -tegnologie, waartydens Prof. Emily Edwards van die Duke Kwantumsentrum in die Verenigde State as moderator opgetree het. Prof. Jacquline Romero van die Australiese Navorsingsraad se Sentrum van Uitnemendheid vir Gemanipuleerde Kwantumstelsels, Dr John Donohue van die Universiteit van Waterloo, Kanada, en Me Elisa Durney, hoof- uitvoerende beampte van Girls in Quantum, Chili, het ook in die paneel gedien.

Ismail sê die paneelbesprekings het onderwerpe ingesluit soos: die regeringsrol in die bevordering van  openbare geletterdheid in kwantumwetenskap, raadgewing ten opsigte van  kwantumstrategie? in lande waar kwantumpogings nog nie goed gevestig is nie, die smee van bande en kapasiteitsbou vir kwantuminligtingswetenskap in Afrika, en skakeling met jonger studente en onderwysers ten einde hulle opgewonde  oor kwantumwetenskap te maak en die relevansie daarvan te laat begryp.

“Ek het Suid-Afrika se Kwantumtegnologie-inisiatief aangeroer wat daarop fokus om tegnologie uit die laboratorium na tegnologiedemonstrators te neem vir kommersialisering. Daar is ook 'n sterk fokus om universiteite sónder 'n sterk kwantumagtergrond te betrek om kwantumkapasiteit in Suid-Afrika te bou," verduidelik sy.

Sy het ook klem geplaas op strategie? vir die ontwikkeling van kwantumkapasiteit oor die Afrika-kontinent heen. “Baie Afrika-universiteite en -navorsingsinstellings het goed gevestigde optika- en fotonika-programme, wat as sterk grondslag dien vir kwantuminligtingswetenskap. 'n Strategiese benadering sou die uitbreiding van kurrikula ten opsigte van kwantumoptika, kwantumberekening, kwantumkommunikasie en kwantumwaarneming behels, om 'n soomlose oorgang van klassieke optika na kwantumtegnologie? te verseker. Verder, om kwantumkapasiteit op die kontinent te kan uitbou, moet ons fokus op die benutting van bestaande sterkpunte, strategiese samewerking bevorder, en plaaslike kundigheid kweek. Algehele skaalkapasititsontwikkeling van kwantuminligtingwetenskap vereis 'n veelkantige benadering, wat belegging in infrastruktuur, akademiese opleiding, kurrikulumhervorming, en nasionale en internasionale samewerking insluit," sluit sy af.

Die Internasionale Jaar van Kwantum gee erkenning aan die grensverskuiwende prestasies in kwantumwetenskap oor die afgelope eeu, en dien as aanmoediging vir verdere innovasie en samewerking in hierdie transformerende veld. Dit is 'n oproep tot aksie vir navorsers, opvoeders, beleidsmakers, en industrieleiers om bymekaar te kom en vordering te versnel en voorspraak te maak vir kwantumwetenskap en -tegnologie.

“Kwantumtegnologie? beloof transformerende vooruitgang op die gebied van berekening, kommunikasie, en waarneming. 'n Sleutelboodskap wat uit al die besprekings ge?dentifiseer is, is die belangrikheid van opvoeding en inklusiwiteit," sluit sy af.

Met ander woorde, geen land behoort agtergelaat te word in hierdie wedloop om kwantumtegnologie te ontwikkel nie, soos Dr Lidia Brito, assistent- direkteur-generaal vir Natuurwetenskappe  by UNESCO in sy slotrede gesê het nie.

Op die foto bo: Tydens die openingsermonie van die Internasionale Jaar van Kwantumwetenskap en -tegnologie (ook bekend as IYQ2025), het deelnemers soos Dr Yaseera Ismail ook skouers geskuur met Nobelpryswenners soos Prof. William PhillipsProf. Anne L'Huillier, en Prof. Alain Aspect.