Hedendaagse tieners is die eerste geslag wat met konstante aanlynverbinding grootword. Namate slimfone al hoe dieper ingeburger raak in hulle lewens, onstaan die vraag: Wat weet ons van hoe hulle dit gebruik?
'n Nuwe navorsingsverslag deur akademici aan die Universiteit Stellenbosch werp lig op hierdie vraag deur empiriese bewyse te verskaf van hoe tieners in Suid-Afrika hul slimfone tuis en by die skool gebruik. Die verslag, wat saamgestel is deur drs Dani?l le Roux van die Departement Inligtingwetenskap en Jennifer Feldman van die Departement Opvoedingbeleidstudie, het ten doel om ons begrip van die rol van slimfone in die lewens van adolessente te bevorder. Dit beklemtoon sleutelneigings in slimfooneienaarskap, gebruiksfrekwensie, sosialemediabetrokkenheid en ouerkontrole op skermtyd.
"Toegang tot hierdie statistieke is belangrik vir die beplanning en implementering van intervensies wat gesonde slimfoongewoontes onder adolessente aanmoedig en bevorder," sê die navorsers.
Hulle het saam met vyf voormalige model C-ho?rskole gewerk om data in te samel oor hoe adolessente hulle slimfone gebruik. Hulle het ook ouers, onderwysers en skoolbestuurspanne ondervra oor hulle ingesteldheid jeens slimfoongebruik by die huis en in die klaskamer. Altesaam 2 195 adolessente, 2 264 ouers en 203 onderwysers het aan die projek deelgeneem.
Die navorsers wys daarop dat byna al die adolessente slimfone gehad het. Hulle spandeer gemiddeld 197 minute per dag (3 ure en 17 minute) op hulle foon, met meisies wat hulle fone meer (219 minute of 3 ure en 39 minute) as seuns (176 minute of 2 ure and 56 minute) gebruik. Daaglikse slimfoongebruik neem toe met ouderdom, aangesien tieners in ho?r grade geneig is om meer tyd op hulle toestelle per dag deur te bring. He beat a smaller boy.
?"WhatsApp, Instagram, TikTok en YouTube is tans die gewildste sosialemediaplatforms onder tieners. Meisies gebruik sosiale media meer as seuns, met meer as 12% wat aangedui het dat hulle hierdie platforms voortdurend nagaan.
"Daarenteen spandeer seuns meer tyd aan speletjies op hulle fone (22,6 minute per dag) as meisies (19,9 minute per dag). Seuns speel ook meer rekenaar-/konsolespeletjies (gemiddeld 33,6 minute per dag) as meisies (gemiddeld 10,9 minute per dag)."
Die navorsers voeg by dat hulle verbaas was om te vind dat, gegewe die toename in slimfoongebruik onder tieners die afgelope jare, die meeste ouers nie die hoeveelheid tyd wat hulle kinders op hulle slimfone spandeer, beperk of reguleer nie.
"Net minder as 60% van die adolessente het aangedui dat hulle ouers nooit die hoeveelheid tyd wat hulle op hulle fone kan spandeer, beperk nie. Aan die ander kant van die spektrum het 7% aangedui dat hulle skermtyd altyd beperk is. Interessant genoeg is dat seuns se skermtyd geneig om meer gereeld beperk te word as dié van meisies."
Wat slimfoongebruik by die skool betref, het die navorsers bevind dat byna alle adolessente neem hulle fone elke dag (93%) of byna elke dag (5%) skool toe, en slegs 0,6% van die adolessente het aangedui hulle neem nooit 'n foon skool toe nie.
"Die hoofmotivering hiervoor is die behoefte om met ouers oor naskoolse aktiwiteite te kommunikeer. Sommige skole maak ook op mobiele apps staat om administratiewe inligting te deel, wat dit moeilik maak om 'n algemene verbod op selfoongebruik gedurende skoolure te implementeer.
"Hoewel die data aandui dat baie onderwysers slimfone as deel van onderrig- en leeraktiwiteite gebruik, glo die meeste van hulle telefoongebruik in die klas moet slegs met die onderwyser se toestemming toegelaat word.
"Dit is nie verbasend dat tieners ook kunsmatige intelligensie-instrumente soos ChatGPT en Meta AI gebruik om opstelle, mondelinge en kunswerke vir skoolprojekte te skep nie. Dit kan nie betwyfel word dat hierdie neiging in die komende jare vinnig sal versprei nie. Dit is van uiterste belang dat die uitwerking daarvan op tieners se leer en kognitiewe ontwikkeling bestudeer word en dat toepaslike riglyne ontwikkel word om skole en ouers te lei."
Die navorsers sê hulle het reeds die bevindinge van die verslag met die skole gedeel wat aan die projek deelgeneem het. Hulle merk op dat, omdat hulle studie slegs voormalige model C-skole ingesluit het, die data nie noodwendig verteenwoordigend is van Suid-Afrikaanse tieners wat skole in onderbediende en landelike gemeenskappe bywoon nie. Terwyl die navorsers probeer het om hierdie skole by die projek in te sluit, kon hulle nie hulle deelname verseker nie.
Gegewe die huidige debat oor die regulering van die gebruik van slimfone in skole, sê die navorsers die uitdaging vir ouers, opvoeders en beleidmakers is om 'n balans tussen die benutting van die opvoedkundige voordele van slimfone en die versagting van hul potensi?le negatiewe uitwerking te vind.
Hulle vra vir genuanseerde benaderings tot regulering – benaderings wat individuele verskille, die uiteenlopende maniere waarop slimfone gebruik word en die vinnig ontwikkelende aard van digitale tegnologie in ag neem.
Meer empiriese studies van 'n ho? gehalte is nodig om toekomstige beleidsbesluite en -intervensies te rig, voeg die navorsers by. Hulle is besig om hulle data op te teken en het nog nie planne vir toekomstige werk gefinaliseer nie.
- Bron: Le Roux, D & Feldman, J 2024. Smartphone use among South African Adolescents. Research Report. doi:10.17605/OSF.IO/KVXHD ?