中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Derde intensiewe Engelse program versterk vennootskap tussen die Universiteit Stellenbosch en die Ivoorkus
Outeur: Sue Segar, Afrikaans translation Petro Mostert
Gepubliseer: 07/02/2025

?Dit word algemeen aanvaar dat Engels die internasionale taal vir besigheid is. Dit maak nie saak hoe talentvol jongmense in hul studieveld is nie, sonder sterk Engelse vaardighede, sal hulle nie 'n mededingende voordeel in die globale kommersi?le wêreld hê nie.

Dit was die algemene konsensus toe dertig sakestudente van die Ivoorkus onlangs 'n vier weke-lange Intensiewe Engelse Program (IEP) voltooi het wat die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied het.

Die studente, almal in hul derde jaar aan die Institut National Polytechnique Félix Houphou?t-Boigny (INP-HB) in Yamoussoukro, het op 30 Januarie 2025 die einde van die program by 'n geleentheid in die Stellenbosse Wynlande gevier. Dit was die derde kohort van INP-HB, een van Ivoorkus se voorste ho?ronderwys- en navorsingsinstellings, wat aan die IEP deelgeneem het.

Die IEP, wat die Universiteit Stellenbosch se Taalsentrum bestuur en die Sentrum vir Samewerking in Afrika (CCA) by die US Internasionaal fasiliteer, bied Engelse taalkursusse vir internasionale studente op voor- en nagraadse vlak aan om hul lees-, skryf-, luister- en praatvaardigheid, grammatika en woordeskat te ontwikkel. Die program beklemtoon kruiskulturele uitruilings om individue toe te rus met alomvattende vaardighede om met eweknie? in die internasionale sakewêreld te kommunikeer.

Die afsluiting van hierdie IEP was 'n bewys van jarelange samewerking tussen die US Internasionaal en die Taalsentrum om vennootskappe tussen tersiêre instellings en regerings regoor Afrika te bou. Dit het plaasgevind in die konteks van meer as drie dekades van diplomatieke betrekkinge tussen Suid-Afrika en Ivoorkus, en belanghebbendes glo dit het die samewerking tussen die twee ho?ronderwysinstellings verstewig.

Die rol van die CCA is om 'n bemagtigende omgewing te skep vir personeel, na-doktorale genote en studente aan die Universiteit Stellenbosch om verhoudings met ho?r onderwys en ander instellings regoor Afrika te bou. Die CCA ondersteun ook tematiese navorsingsamewerkings oor netwerke in Afrika heen. Wanneer dit by die implementering van sulke programme kom, trek die hele US Internasionale span saam om te verseker dat die programme vlot verloop en sal lei tot 'n transformerende studente-ervaring.

Norma Derby, Programbestuurder: Afrika-vennootskappe by die CCA, het gesê die IEP-samewerking is nog 'n voorbeeld van die Universiteit Stellenbosch se verbintenis om betekenisvolle vennootskappe in Afrika te bou. “Hoewel dit die derde IEP-kohort van die Ivoorkus was, was dit die eerste keer dat studente ons in die somer kom besoek het. In vorige jare was hulle in die middel van die winter hier. Hulle kom uit 'n warm klimaat, so hulle hou nie van winter nie. Hulle het die buitelug-aktiwiteite baie geniet."

Dr Moustapha Traore, Direkteur van INP-HB se Besigheidstudies en Bestuursfakulteit, het die groeiende samewerking tussen Afrika-ho?ronderwysinstellings verwelkom en gesê dat die ontwikkeling van Engelssprekende vaardighede 'n manier is om tot die Ivoorkus se ontwikkeling by te dra. Hy het die ambassade van die Republiek van die Ivoorkus in Suid-Afrika bedank vir die fasilitering van die program en het gevra vir 'n wyer samewerking.

“Ons leef in 'n globale wêreld waar ons met met baie Engelssprekende lande moet saamwerk. As een van die voorste instellings in die Ivoorkus, moet die INP-HB die voortou neem, daarom is IEP vir ons baie belangrik."

Mnr Diomandé Gondo Serge Siaba, minister en raadgewer wat die ambassadeur van die Ivoorkus verteenwoordig, het die IEP geprys as "'n wonderlike geleentheid vir INP-HB", en gesê: "Dit is wonderlik om te sien hoe die toekomstige leiers van Ivoorkus met hul eweknie? in Suid-Afrika meng.

“Engels is die internasionale taal, en maak nie saak hoe sterk jou tegniese vermo?ns is nie, as jy nie Engels-magtig is nie, kan jy nie jou kennis behoorlik oordra nie. Vir ons studente om 'n intensiewe opleidingskursus in Engels by een van Suid-Afrika se voorste akademiese instellings te ondergaan, en boonop 'n nuwe kultuur te leer ken, is geweldig waardevol.

“Ons is verheug oor hierdie samewerking, wat nie net samewerking tussen universiteite behels nie, maar ook tussen die ambassades en regerings.

 “Maar ek glo ons moet ons samewerking ook oopstel vir ander studierigtings. Die boodskap van ons ambassadeur is dat ons nou ander geleenthede moet ondersoek om saam te werk, soos uitruilgeleenthede vir studente om besigheid, ekonomie, geskiedenis en ander studierigtings te studeer. Ons werk na daardie doelwit."

Uitstappies en werkswinkels is 'n belangrike deel van die Engelse leerervaring. Die studente kon hul Engels buite die klaskamer oefen terwyl hulle die Kaap se landmerke, soos Tafelberg, Kaappunt, Robbeneiland, Lanzerac-wynlandgoed en die akwarium, besoek het.

Eppie McFarlane, 'n Engelse onderwyser van die Taalsentrum, het gesê die studente het elke dag vir sowat vier uur lesings gehad en die res van die tyd spandeer aan uitstappies, insluitend uitstappies na die Stellenbosch Botaniese tuin, museums, 'n rit in die Kaapstadse toerbus, 'n bergstaptog en 'n aasdierjag in Stellenbosch. "Hulle het die geskiedenis van die Kaap en Suid-Afrika geleer en die onderwysers het ook die studente se ervaring met die besigheidsaspek van hul studies verbind."

'n Hoogtepunt van die afsluitingsgeleentheid was die aanbiedings deur studente om hul verbeterde Engelse vaardighede te demonstreer. Hulle opdrag was om konsepte vir sake-idees uit die Kaap op te stel wat hulle tuis kon toepas. Van hulle idees sluit in 'n Poly Garden, 'n botaniese tuin nader aan die kampus wat deur die Botaniese Tuin in Stellenbosch ge?nspireer is; Chap Chap, 'n bekostigbare elektriese bromponieverhuringsagentskap, soortgelyk aan Stellenbosch se GoNow-stelsel, sodat studente vinnig op kampus rond kan beweeg; Clay and the Potter, 'n keramiekverfwerkruimte wat "kuns en ontspanning bymekaar bring"; en Akanzas, 'n besigheid met stylvolle handelsmerkitems om INP-HB te bevorder, soortgelyk aan die Maties-handelsmerkitems wat baie sigbaar is op die kampus van die Universiteit Stellenbosch. "Hoekom kan ons nie dieselfde handelsmerkherkenning hê as wat ander groot universiteite soos Harvard, Oxford en US het nie," het een aanbieder gesê.

Finansiesstudent Milca Adjoumani, wat tans 'n internskap by die ouditeursfirma Forvis Mazars doen, het gesê die IEP het haar vlakke van Engels oor die vier weke aansienlik verbeter. "Daar was 'n fokus op skryf- en leesvaardighede, en die onderwysers het ook temas uitgelig wat met besigheid verband hou," het sy gesê.

Die kulturele ervarings buite die klaskamer was net so betekenisvol, sê me Adjoumani, wat nog nie voorheen buite haar tuisland gereis het nie.

“Stellenbosch is so 'n pragtige stad. Ek vra myself voortdurend af of dit regtig Afrika is. Ek het dit so inspirerend gevind om hier te wees. Ek kom beslis weer."

Student Jean-Luc Doyere, wat bemarking en bestuurswese studeer, het die interaktiewe styl van die program geprys en bygevoeg dat dit beslis 'n reuse impak maak, veral omdat hy tans aansoek om aan die vooraanstaande sakeskool, HEC Paris, te gaan studeer “Ons moet 'n TOEFL (Test of English as a Foreign Language)-toelatingstoets aflê, en hierdie program het my gehelp om my punte vir grammatika te verbeter en my woordeskat uit te brei. Dit was 'n wonderlike leer-ervaring vir ons."

Hy het bygevoeg: “Ek het dit baie geniet dat die son in Kaapstad ná agtuur sak. In die Ivoorkus het ons sonsondergang om 18:00."

Derdejaar bemarking- en finansiesstudent, Maeva Kone, het die IEP as "'n uiterse ryk ervaring" beskryf.  “Dit was regtig waardevol om met moedertaal-Engelssprekendes te praat terwyl ons terselfdertyd hierdie pragtige land ontdek het."

“Die klasse was stimulerend omdat die onderwysers dit so interaktief gemaak het, en die uitstappies was aangenaam en onvergeetlik. Die besoek aan Robbeneiland en 'n voormalige politieke gevangene wat ons rondgewys het en meer oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis vertel het, was onvergeetlik. Ons het nie net van Nelson Mandela geleer nie, maar ook van ander gevangenes."

“In vier weke het my Engelse vaardighede geweldig verbeter. Die onderwysers het ons so baie gehelp met dinge soos uitspraak en ander punte waaraan ons normaalweg nie aandag sou gee nie."

Dr Nico Elema, Direkteur van die Sentrum vir Samewerking in Afrika, het gesê die sentrum dra ook by tot twee sleutelfokusareas van Stellenbosch Universiteit: doelgerigte vennootskappe en transformerende studente-ervarings. Hy het die US se verhouding met die Ivoorkus as 'n doelgerigte vennootskap beskryf wat transformerende studente-ervarings tot gevolg het.

Hy het die studente toegespreek en gesê: “Ek hoop dat wanneer jy terugkyk, jy verandering in jouself kan sien, in jou persepsie van Suid-Afrikaners en van ons kultuur. In soverre jy transformeer, ervaar ons ook transformasie.

“Ons koester regtig hierdie verhouding met die Ivoorkus en die ambassade speel 'n groot rol daarin. Ons sien uit na die volgende groep studente. Ek sou ook graag wou sien dat Stellenbosch-studente Yamoussoukro gaan besoek."

Dr Elema het gesê daar is baie meer potensiaal vir strategiese samewerking tussen Afrika-ho?ronderwysinstellings rondom tematiese lyne soos klimaatsverandering en datastudies.

“Ons het 33 formele ooreenkomste, maar dit beperk nie ons aktiwiteite nie. Daar is min Afrika-lande met wie akademici van die Universiteit Stellenbosch nie saamwerk nie. Dit is ook noodsaaklik dat Suid-Afrika by sy mede-Afrika-lande leer. Daar is orals geleenthede van uitnemendheid oral oor ons kontinent waaruit ons kan leer, en ons moenie arrogant wees om te dink ons het al die antwoorde nie," het hy afgesluit.