Verlede jaar het op 'n ho? noot vir die Universiteit Stellenbosch (US) se prof Faadiel Essop en sy gesin afgesluit. Die vooraanstaande akademikus in die Afdeling Mediese Fisiologie aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) en die direkteur en medestigter van die Sentrum vir Kardiometaboliese Navorsing in Afrika (CARMA) het vroeg in Desember gehoor dat hy die ontvanger van die gesogte Genootskapstoekenning vir Onderrigbevordering by Universiteite (TAU) vir 2024 is.
Kort daarna het die Essop-gesin die gradeplegtigheid van die jongste mediese dokter in die gesin, dr Aaliyah Essop, bygewoon. Sy is die derde lid van die Essop-gesin om 'n MBChB-graad te ontvang – ma Rehana is ook 'n mediese dokter en die oudste Essop-seun, Ziyaad, het in 2020 as dokter van die US gekwalifiseer. Yasin, die jongste Essop, studeer ook geneeskunde aan die US en sal aanstaande jaar as dokter kwalifiseer.
Dit lyk asof 'n liefde vir wetenskap en leer deur die gesin se are loop. Essop haal dikwels die woorde van die Griekse filosoof Plutargos aan: "Die verstand is nie 'n le? houer om te vul nie, maar 'n vuur wat aangesteek moet word."
Sy akademiese reis het met 'n diepe nuuskierigheid oor die menslike liggaam en 'n begeerte om 'n verskil te maak begin. Essop, wat op Ceres gebore is en in die Paarl grootgeword het, het in 'n sake-gerigte gesin grootgeword en hy het sy pa gehelp om 'n supermark oor naweke en vakansies te bestuur. Terwyl sommige verwag het dat hy in sy pa se voetspore sou volg, het Essop se weetgierigheid hom op 'n ander pad gelei. "Ek was nog altyd daarin ge?nteresseerd om te verstaan hoe die menslike liggaam funksioneer," onthou hy. "Ek was in verwondering daaroor en wou dit, asook bre?r filosofiese vrae oor die lewe ondersoek."
Omarm betekenisvolle betrokkenheid
Gedurende sy studentejare aan die Universiteit van Kaapstad (UK), waar hy 'n Baccalaureus Scientiae-graad gevolg het, het Essop by uitreikprogramme betrokke geraak en het 'n mentor vir ho?rskoolleerders in die Paarl se Mbekweni-township geword. Hy het vinnig besef dat die onderwys oor meer as net die aanbied van inhoud gegaan het; dit het daaroor gegaan om hoop te inspireer. "Ek wou leerders moontlikhede wys waaraan hulle nog nooit eens gedink het nie en wou by hulle 'n gevoel van doelgerigtheid kweek," verduidelik hy. Hierdie ervarings het die grondslag vir sy toekomstige onderrigstyl gelê, wat steeds betekenisvolle betrokkenheid en empatie beklemtoon en ten doel het om kritiese, onafhanklike denkers te produseer.
Essop se daaropvolgende rolle by die UK, insluitend nadoktorale werk by die ikoniese Hatter Hartnavorsingsinstituut onder prof Lionel Opie, en verdere hartnavorsingswerk as 'n Fulbright-genoot by die Universiteit van Houston-Texas se sentrum vir gesondheidswetenskap het sy navorsings- en kliniese horisonne verbreed. Tog het hy daarna gesmag om wyer te onderrig. Toe die geleentheid hom voordoen om week-lange kursusse aan afstandsonderrigstudente in afgele? en benadeelde gebiede aan te bied waar fasiliteite beperk was, het hy die krag daarvan ontdek om geneeskundige en wetenskaplike kennis vir diegene toeganklik te maak wat andersins uitgesluit sou wees. "Ek het sulke entoesiasme gesien, en dit het my o? laat oopgaan vir hoe ongelyk die speelveld werklik is. Daardie verantwoordelikheidsin – om gapings te oorbrug – het my nooit verlaat nie."
Teen die tyd dat hy in 2007 as medeprofessor na die US verskuif het, was Essop se dubbele verbintenis tot navorsings- en onderriguitnemendheid stewig gevestig. Sy werk in geneeskundige fisiologie, met 'n fokus op kardiometaboliese toestande soos diabetiese kardiomiopatie en MIV-verwante hartsiektes, het sy aansien in nasionale en internasionale kringe verhoog. Tog het hy toegewyd aan die vorming van die volgende generasie navorsers en klinici gebly wat, in sy woorde, "bestaande paradigmas sou uitdaag en die status quo sou weerstaan".
Essop se onderrigfilosofie is gewortel in dít wat hy "die pedagogie van betrokkenheid" noem. Vir voorgraadse klasse het hy suiwer didaktiese aanbiedings vermy. In plaas daarvan het hy groepwerk, werklike gevallestudies en verskeie "raaiseloplossings"-opdragte bekendgestel wat studente gedwing het om op hulle voete te dink. "Studente fikseer dikwels op punte en memoriseer feite," merk hy op. "Ek wou hê hulle moes die werklike toepaslikheid van die materiaal sien – om te besef dat kennis nie dooie inligting is nie, maar eerder iets is om te verken, te kritiseer en toe te pas."
Transformerende onderwys
Hy het ook sy persoonlike verhale in lesplanne begin verweef. Besinnings oor sy eie pad van winkelassistent tot internasionaal erkende wetenskaplike het gehelp om grense af te breek. "Dit gaan oor modellering," sê hy. "Wanneer studente sien dat jy ook gesukkel het of jou rigting bevraagteken het, vermenslik dit die proses en moedig dit hulle aan om oop en vrymoedig te wees in hulle eie verkennings."
Sy pogings by die US het nie ongesiens verbygegaan nie. Hy het in 2018 'n toekenning vir uitnemende onderwys van die Universiteit ontvang en het sy vakkundigheid oor onderrig en leer uitgebrei deur die kortkursus, Scholarship of Educational Leadership, te voltooi. Hy het vier jaar later in 2022 'n TAU-genoot geword – 'n erkenning wat die weg sou baan vir sy TAU-toekenning in 2024.
Essop se verbintenis tot transformerende onderwys strek verder as die klaskamer. Hy is 'n uitgesproke kampvegter vir die aanspreek van wetenskaplike elitisme en die dekolonisering van geneeskundige onderwys. Sy betrokkenheid by die Visuele Regstellingsprojek op die US se hoofkampus was 'n keerpunt in hierdie verband. Die projek, wat die skep van 'n collage van beelde behels het om inklusiwiteit te bevorder, het die opvatting uitgedaag dat die wetenskap en geneeskunde in 'n vakuum, losgemaak van samelewingskontekste, bestaan.
Hierdie ervaring het hom ge?nspireer om die "Kenmerke van die Wetenskap"-module te ontwikkel, 'n honneursvlakkursus wat die kruising van die wetenskap, samelewing en etiek ondersoek. Die module dek onderwerpe soos die sosiale kontrak tussen die wetenskap en die samelewing, die invloed van neoliberalisme op die geneeskunde, wetenskaplike rassisme en wetenskapkommunikasie. "Die doel is om gegradueerdes op te lewer wat nie net tegnies vaardig is nie, maar ook kritiese denkers en veranderingsagente is," verduidelik Essop.
Afbreek van silo's
Essop se innoverende benadering tot onderwys beklemtoon ook interdissiplinêre leer. Behalwe om hom vir outentieke, studentgesentreerde leer te beywer en die verborge vooroordele van wetenskap te konfronteer, het hy samewerking tussen geneeskundestudente en kunsstudente gelei en hulle aangemoedig om die hart vanuit 'n wetenskaplike én 'n artistieke perspektief te verken. Hierdie projekte het nie net die leerervaring verryk nie, maar ook 'n dieper begrip van die onderlinge verbondenheid van verskillende vakgebiede bevorder. "Deur silo's af te breek, kan ons nader aan waarhede kom en komplekse probleme oplos," sê hy.
"My doel is om studente te help om in te sien dat die wetenskap nie net oor molekules en datapunte gaan nie," verduidelik Essop. "Dit gaan oor regte mense en werklike implikasies. Ons kan nie pandemies, ongelykhede en sistemiese uitdagings aanspreek as ons in ons eie wetenskaplike borrel opgesluit bly nie."
Afgesien van sy onderrig en navorsing, is Essop ook diep verbind tot mentorskap en leierskapontwikkeling. Hy het as stigter en direkteur van CARMA 'n deurslaggewende rol in die bevordering van kardiometaboliese navorsing in Afrika gespeel. Sy leierskap strek ook tot by sy rol as president van die Afrika-vereniging vir Fisiologiese Wetenskappe en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Komitee van die Internasionale Unie van Fisiologiese Wetenskappe. Vir sy navorsingsbydraes het hy ook die Fisiologievereniging van Suider-Afrika (PSSA) se Lewenslange Loopbaanprestasie-toekenning ontvang en is hy onlangs as 'n genoot van die Royal Society of South Africa (RSSAf) ingehuldig.
Groot gesinsondersteuning
Die 2024 TAU-genootskapstoekenning is 'n gepaste erkenning vir Essop se bydraes tot onderrig en leer. Die toekenning vier opvoeders wat transformerende onderwys dryf en tradisionele paradigmas uitdaag, en Essop se werk is 'n voorbeeld van hierdie waardes. Die TAU-genootskapstoekenningskomitee het hom geloof vir sy "intellektuele moed, gekombineer met opregte nederigheid, (wat) [hom] in staat gestel het om dissiplinêre konvensies uit te daag terwyl [hy] 'n genuanseerde begrip van toegang en sukses behou wat blote getalle oorskry. Ons waardeer veral [sy] pragmatiese benadering om 'n balans tussen die uitbreiding van verantwoordelikhede en akademiese uitnemendheid te handhaaf." Die TAU-toekenning is die hoogtepunt van sy ondervindings en filosofie?, sê hy. "Dit is 'n manifestasie van alles waarna ek in my loopbaan gestreef het."
'n Sterk gesinsnetwerk het ook 'n deurslaggewende rol in Essop se sukses gespeel. Sy vrou het hom deur die jare vir sy vele ondernemings in navorsings- en onderriginnovasie aangemoedig. Sy kinders hou hom intellektueel op sy tone en neem deel aan wat hy met liefde 'geestelike gimnastiek' noem. "Ons het dikwels lewendige debatte by die huis. Hulle weet hoe om my aannames te bevraagteken," lag hy, "en ek wil hê hulle moet dit doen. Dit is deel van kritiese denke en help my om my eie idees te verfyn."
Essop het ambisieuse planne vir die toekoms om sy projekte uit te brei. Nadat 'n boekbundel van hom wat oor die navigasie van die wetenskap in 'n era van twyfel handel, onlangs verskyn het, werk hy nou aan 'n boek wat op die dekolonisering van die geneeskunde fokus. Hy beoog ook om sy "Kenmerke van die Wetenskap"-module na ander universiteite te neem en interdissiplinêre en transformerende onderwys op 'n bre?r skaal te bevorder. "Ek voel ek kan dit amper voltyds doen," sê hy met 'n glimlag. "Daar is soveel meer om te doen."