中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nuwe verslag werp lig op huidige realiteite van vaderskap in SA
Outeur: SOSAF
Gepubliseer: 05/02/2025

?Die “State of South Africa's Fathers 2024" (Toestand van Suid-Afrika se Vaders ofte wel SOSAF 2024)-verslag, wat Dinsdag 4 Februarie 2025 vrygestel is, bied 'n kritieke datagedrewe blik op die werklikhede van vaderskap in Suid-Afrika vandag. Hierdie derde uitgawe van die verslag bied vars insigte oor die rolle wat pa's in versorging speel, die maatskaplike en ekonomiese uitdagings wat hulle in die gesig staar, asook die ontwikkelende dinamika van vaderskap in Suid-Afrikaanse huise. In 2023 het slegs 35,6% van Suid-Afrikaanse kinders by hulle biologiese pa's in dieselfde huishouding gewoon, terwyl 40,3% saam met mans gewoon het wat nie hulle biologiese pa's was nie.

Die SOSAF 2024-verslag is deur Equimundo: Sentrum vir Manlikheid en Maatskaplike Geregtigheid, die Universiteit Stellenbosch (US), die Universiteit van Kaapstad (UK) en die Afrika Gesondheidsnavorsingsinstituut (AHRI) saamgestel. Dit is deur die niewinsgewende organisasie, Sonke Gender Justice, and Sesame Workshop Suid-Afrika vervaardig en deur die US se splinternuwe Tataokhona-projek uitgegee. Leiers van hierdie organisasies beklemtoon die belangrikheid van hierdie navorsing om beleide te vorm en gesprekke oor die rol van alle pa's in Suid-Afrika te bevorder.

Veranderinge

Wat duidelik is, is dat die tradisionele rol van die vader as die "gesinsonderhouer" fundamenteel ontwrig is, maar tog het dit nie gelyktydige veranderinge in geslagssosiale norme tot gevolg gehad nie. In die “State of the World's Fathers"-opname van 2023, waaruit inligting vir die SOSAF-verslag geput is, het 'n ho?r persentasie vroue (85,1%) as mans (79,8%) in Suid-Afrika gesê hulle ondersteun hulle biologiese kinders finansieel. Tog speel baie pa's nie 'n groter rol in die versorging van hulle kinders as 'n gebalanseerde reaksie op hierdie ekonomiese werklikheid nie. In huishoudings waar pa's nie betrokke is nie of heeltemal afwesig is, dra ma's dikwels die dubbele las van versorging en finansi?le voorsiening, wat in baie gevalle steeds die huishoudelike hulpbronne benadeel en kinders se toegang tot geleenthede be?nvloed.

Die UK se mederedakteur van SOSAF 2024, dr Mandisa Malinga, sê: "Wat vir my die meeste uitstaan, is die rol wat ekonomiese stabiliteit in die bepaling van mans se ouerskap en betrokkenheid by hulle kinders se lewens speel. Hoewel die meeste van die mans wie se stemme in die verslag verteenwoordig word, 'n begeerte uitspreek om 'n teenwoordige pa te wees, dien hulle sosio-ekonomiese status as 'n hindernis.

"Die voorkoms van armoede en werkloosheid in die land het 'n impak, asook die geslagsverwagting om vroue te posisioneer as die een wat die werklike ouerskapswerk moet doen. Dit beklemtoon die belangrikheid daarvan om lig te werp op hoe die bevordering van hegte, versorgende verhoudings met hulle kinders mans se lewens kan verryk en hulle identiteit as pa's en as mans kan laat groei."

Sosiale pa's

'n Belangrike bevinding van die verslag is dat minder kinders by hulle biologiese pa's as by ander mans woon en dat hierdie getalle die laagste en hoogste is wat dit nog ooit aangeteken is – nog nooit het só min kinders by hulle biologiese pa's gewoon nie, en ook nie soveel by ander mans soos ooms, oupas, ouer broers of ma's se nuwe lewensmaats nie. Maar dit beteken nie dat hierdie ander mans as sosiale pa's optree en bydra tot daaglikse kindersorg nie. Hierdie werklikheid beklemtoon die groeiende behoefte aan sosiale pa's – mans wat aktief as versorgers, mentors en rolmodelle intree. Die verslag beklemtoon dat kinders by positiewe sorg baat vind wat deur enige man verskaf word wat help met die kinders se ontwikkeling en gesondheid.

Dr Wessel van den Berg, Senior Voorspraakbeampte by Equimundo en mederedakteur van SOSAF 2024 sê: "Die belangrikste bevinding van SOSAF 2024 is die beduidende rol van sosiale pa's in die lewens van kinders. Die verslag beklemtoon dat meer kinders in Suid-Afrika saam met mans woon wat nie hulle biologiese pa's is nie (40,3%) as diegene wat by hulle biologiese pa's woon (35,6%), en dit lyk na 'n tendens wat in die toekoms kan voortduur.

"Hierdie bevinding is van kardinale belang omdat dit die tradisionele idee van vaderskap wat uitsluitlik aan biologiese verbintenisse gekoppel is, uitdaag en die belangrikheid daarvan beklemtoon om die uiteenlopende vorme van vaderskap wat in Suid-Afrika bestaan, te erken en te ondersteun. Om die rol van sosiale pa's te verstaan en te erken, kan help om meer inklusiewe beleide en intervensies te skep wat alle vorme van vaderskap ondersteun, wat uiteindelik die welstand van kinders en gesinne bevoordeel."

Omgee-vaderskap

Pa's se gebrekkige betrokkenheid by sorg het diepgaande implikasies vir Suid-Afrikaanse kinders. Studies dui daarop dat kinders wat sonder pa's se betrokkenheid by kindersorg en ondersteuning vir ma's grootword, meer geneig is om ekonomiese ontberinge, swakker opvoedkundige uitkomste en geestesgesondheidsuitdagings te ondervind. Die gebrek aan 'n konsekwente vaderfiguur laat kinders dikwels sonder kritieke emosionele ondersteuning en leiding, wat hulle kwesbaarheid vir riskante gedrag en sosiale isolasie verhoog. Dit beklemtoon die behoefte aan ingrypings wat positiewe vaderskap bevorder en verseker dat kinders toegang tot ondersteunende manlike rolmodelle – hetsy biologiese of sosiale pa's – het.

Professor Kopano Ratele, wat die Tataokhona-projek aan die US verteenwoordig wat die SOSAF-verslae gepubliseer het en een van die mederedakteurs is, sê: "SOSAF 2024 herinner ons daaraan dat Suid-Afrika ekstreem is wanneer dit kom by die aantal kinders wat nie by hul biologiese pa's of enige biologiese ouers woon nie. Hierdie feit, wat ons kinders met gebrekkige ouerlike of sonder enige ouerlike leiding kan noem, het verborge en langtermyn-, asook ooglopende en onmiddellike verreikende sielkundige, sosiale en ekonomiese gevolge.

"Ek sien nie hoe enigiemand wat oplet na die toestand van Suid-Afrika, wat beteken om om te gee vir die toestand van die land se kinders, gesinne, vroue en mans, nie kan omgee vir hierdie toestand van vaderskap nie. Die vraag word dan: Wat moet omtrent hierdie feit van kinders met onvoldoende ouerlike leiding gedoen word? Ons moet daarop fokus om wat mans oor hulleself dink, te verskuif deur 'n ander storie oor manlikheid te vertel – 'n volledige, moedige storie met vele lae oor sterk, sorgsame, betrokke en verbonde mans."

Konsep van vaderskap

Dr Tawanda Makusha, mederedakteur en senior navorsingsgenoot by die AHRI, stel 'n fokusverskuiwing voor van die vraag of 'n kind by hulle biologiese pa woon na die bepaling van wie aktief by 'n kind se lewe betrokke is. Baie Suid-Afrikaanse kinders word groot in uitgebreide huishoudings waar sosiale pa's soos oupas, ooms of stiefpa's heel moontlik teenwoordig en betrokke by hulle kan wees. Hy sê: "Die erkenning en ondersteuning van sosiale pa's, wat afgesien van familielede, selfs ook onderwysers of gemeenskapsmentors kan wees, kan help om te verseker dat kinders stabiele, positiewe manlike rolmodelle het, selfs in die afwesigheid van biologiese pa's. Ondersteunende, konsekwente en verantwoordbare sosiale pa's bied 'n model van manlikheid wat emosionele intelligensie, versorging en verantwoordelike mentorskap waardeer.

"Die poging om mans te help om meer betrokke vaderfigure, biologies of sosiaal, te word, vereis intervensies soos opvoedingsprogramme wat seuns en jongmans leer oor versorging, kinderontwikkeling en emosionele verantwoordelikheid. Dit sluit ook gemeenskapsinisiatiewe in, wat mans ondersteun om hulle rolle op maniere te herdefinieer wat met moderne werklikhede ooreenstem."

Unieke behoeftes

Volgens dr Onyinye Nwaneri, die besturende direkteur van Sesame Workshop Suid-Afrika, is dit van uiterste belang dat intervensies wat daarop gemik is om die land se lae vlakke van vaderlike betrokkenheid by ouerskap en versorging aan te spreek, erken dat mans verskillende behoeftes het. "Dit sluit die aanspreek van ho? koerse van geweld, depressie en dwelmmisbruik in, wat gekoppel kan word aan skadelike norme rondom manlikheid. Daar moet op die bou van billike geslagsnorme in die kinderjare gefokus word om gesonder besluitneming later in die lewe te bevorder deur seuns en jongmans se toegang tot mentors te verseker wat billike geslagsnorme onderskryf en gesonde gedrag modelleer, " sê sy.

"Om doeltreffend te wees, moet ons direk met mans en seuns praat wanneer ons mansbetrokkenheidsprogramme ontwerp en die gevolge daarvan evalueer. Openbare opvoedingsveldtogte, werkplekbeleide wat werk-lewe-balans ondersteun en gemeenskapsprogramme wat die waarde van versorging deur albei ouers bevorder, kan help om 'n kulturele verskuiwing na gedeelde versorgingsverantwoordelikhede tussen mans en vroue aan te moedig."

Transformasie van kinderjare

Die toestand van pa's in Suid-Afrika het 'n diepgaande uitwerking op ons kinders. Om mans as sorgsame, betroubare rolmodelle te ervaar wat 'n positiewe krag in kinders se lewens is, kan die vooruitsigte van generasies vorm.

Jean-Marie Nkurunziza, die MenCare-streeksprogramspesialis by Sonke Gender Justice, sê: "Betrokke vaderskap is 'n spelwisselaar vir Suid-Afrikaanse gesinne. Mans moet weet dat pa's en sosiale pa's wat aktief by kindersorg en gesinslewe betrokke is, 'n diep positiewe invloed op kinders se kognitiewe, sosiale en emosionele ontwikkeling het. Dit is ook goed vir mans. Die verslag se bevindinge is dat betrokke pa's meer geneig is om beter verhoudings met hulle lewensmaats, verbeterde geestesgesondheid en groter ekonomiese stabiliteit te hê.

"Wat nog meer ter sake is, is dat hulle kinders waarskynlik akademies beter sal presteer, beter sosiale vaardighede sal hê en verminderde risiko's van geweld en mishandeling sal ervaar. Deur betrokke vaderskap 'n maatskaplike norm te maak, kan ons die volle potensiaal van Suid-Afrikaanse gesinne ontsluit en 'n beter toekoms vir ons kinders skep."

SOSAF 2024 dien om nuwe gesprekke oor vaderskap te inspireer wat van uiterste belang is vir die Suid-Afrikaanse samelewing. Dit speel egter ook 'n deurslaggewende rol in die be?nvloeding van die land se beleid om verbeterde ouerskap, kindersorg en ontwikkeling te ondersteun. Van den Berg sê ten slotte: "Danksy die betrokkenheid van Equimundo en Sonke Gender Justice in 'n mylpaal-hofsaak in 2023, kan Suid-Afrika heel moontlik die vasteland lei in die voorsiening van gedeelde ouerskapverlof vir pa's en ma's. Ons moet vorentoe beweeg met soortgelyke belangrike beleidsveranderinge wat billike ouerbetrokkenheid ondersteun, en dit ook vir pa's makliker maak om as versorgers in hulle kinders se lewe op te tree."

  • Foto met vergunning van Liquidlingo Communications.