Prof Vernon Louw se loopbaan het hom na baie verskillende plekke geneem sedert hy in 1994 sy MBChB summa cum laude aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) geslaag het. Nou, drie dekades later, is hy terug ná sy aanstelling as die nuwe Uitvoerende Hoof van die Departement Geneeskunde.
Louw, wat reeds al die hoofde van die eenhede in die FGGW se Afdeling Algemene Interne Geneeskunde ontmoet het voor sy ampstermyn vandeesmaand begin het, sê: “Om hierdie mense te ontmoet, hul harte te sien, te sien hoe hulle so toegewyd is ten spyte van die uitdagings, die manier waarin hulle nuwe dinge wil bou en doen, hul passie vir die pasi?nte, vir die studente – dit het my regtig ge?nspireer. Dit is die soort mense met wie ek wil werk."
Hy het by die FGGW aangesluit ná sewe jaar by die Universiteit van Kaapstad (UK) en Groote Schuur-hospitaal as voorsitter en hoof van die Afdeling Kliniese Hematologie. Louw beoog om die eerste ses maande in sy nuwe pos te gebruik om die FGGW se Departement Geneeskunde en sy personeel te leer ken, “en dan saam as 'n span uit te vind waarheen ons moet en wil gaan".
Hy wys daarop: “Ek het nog nie 'n visie nie. Visies kan baie abstrak en teoreties wees. Ons moet baie, baie prakties wees. In elke probleem is 'n geleentheid wat jy kan benut of kan oplos."
Louw voeg by: “Ek werk in spanne. Ek sal ? volslae mislukking in hierdie pos wees as ek dit op my eie moes doen. Tweedens, ek is lief daarvoor om die wind onder mense se vlerke te wees. Ek sien dit as my primêre verantwoordelikheid om ondersteuning te bied sodat ek hulle kan help om te kom waar hulle wil wees."
Hy is duidelik opgewonde oor sy aanstelling: “Ek hou van mense wat selfbeginners en selfgemotiveerd is. Daar is ? dryfkrag om ? verskil te maak, om betekenis te skep, om agente van verandering te wees. Ek het dit in die Departement Geneeskunde aan die Universiteit Stellenbosch gevind."
Keer terug na sy alma mater
Sy terugkeer na die FGGW was dalk net ? kwessie van tyd. “Ek het ongelooflike mentors as student gehad - die wonderlikste mense en onderwysers," onthou hy. “Ek het dit baie geniet om medies aan die Universiteit Stellenbosch te studeer."
Nadat Louw in 1994 as die top finalejaar mediese student gegradueer het, het hy sy internskap by die Hottentots-Holland-hospitaal (nou Helderberg-hospitaal) in Somerset-Wes voltooi en daarna ? jaar in die Verenigde Koninkryk as ? lokum deurgebring.
Hy het aan die einde van 1996 na Suid-Afrika teruggekeer om ? pos as kliniese assistent in Interne Geneeskunde by die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad op te neem. “Ek hou van die uitdaging om raaisels op te los," sê hy. “Interne Geneeskunde is vol sulke uitdagings. Ek sê altyd vir my studente dat Sherlock Holmes verpligte leeswerk vir 'n mediese student is."
Louw beskryf Interne Geneeskunde as sy eerste liefde en het byna per ongeluk in hematologie beland: “Nege maande voor die einde van my opleidingsperiode is ek aan hematologie toegewys, wat ironies genoeg ? vak was wat ek glad nie as ? voorgraadse student geniet het nie, seker omdat ek so min daarvan verstaan het."
Hy het later opleiding in Kliniese Hematologie aan die Katholieke Universiteit en die Universitaire Ziekenhuis Gasthuisberg in Leuven, Belgi?, van 2001 tot 2003 ontvang. Die volgende jaar het hy Hoof van Kliniese Hematologie aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein geword.
“Ek het baie wyd begin, maar ? belangstelling in yster ontwikkel," verduidelik Louw. “Vandag is my primêre belangstelling yster, wat die eerste pilaar van pasi?ntbloedbestuur is. Dit is ? groot passie.
“Tweedens glo ek regtig dat die goud tussen velde gevind word. Byna elkeen van my studente werk aan ? koppelvlak waar yster hematologie en ? ander spesialiteitsarea bymekaar kom. Om oorvleuelende belangstellingsareas te vind; dis waar die gapings is."
Kuns en geneeskunde
Louw stel ook belang in die koppelvlak tussen verskillende velde. Hy doen tans ? PhD in kuns en geneeskunde aan die UK: “Die areas wat my die meeste interesseer is die Renaissance-tydperk en veral die Barok-tradisie."
Hy vind die Vlaamse skilder Peter Paul Rubens (1577-1640) besonder fassinerend. Sommige van sy skilderye beeld uit wat lyk asof dit fisiese abnormaliteite is. Louw ontwikkel verskeie hipoteses oor hierdie aspek en beskryf sy navorsing as “my passieprojek".
Louw het ook ? liefde vir tale en skryf dit toe aan die feit dat hy drie jaar lank ? Vlaamse skool in Belgi? bygewoon het. Daar het hy Frans, Duits, Nederlands en Engels gedoen. Hy is deesdae daarop ingestel om sy Duits op te knap en “in Italiaans te duik net om te sien hoe dit lyk".
Dit is benewens die najaag van sy belangstellings in filatelie, skaak, musiek (hy beskou homself as “? kampvuur saamsing tipe kitaarspeler"), po?sie en liedjieskryf. En dan is daar nog die YouTube-opleidingsvideo's wat hy maak.
Aanlyn leer
Louw se belangstelling in aanlynleer het in 2011 begin nadat hy 'n TED-praatjie deur die Amerikaanse opvoedkundige Salman Khan gekyk het. “Ek was absoluut weggeslaan deur die stories wat hy gedeel het oor mense in verafgele? uithoeke van die wêreld wat vir hom e-posse gestuur het oor hul leerprosesse," sê hy. “Ek het besluit ek wil dit ook doen."
Vandag word Louw se video's in baie lande gekyk en het tot dusver 800 000 besigtigings gelok. Tog, ten spyte van die groot potensiaal van hierdie aanlyn platform, is hy vinnig om te beklemtoon: “Ek is pro tegnologie en onderriginnovasies, maar wat vir my baie belangriker is, is dat ons studente inspireer. Hulle moet nie studeer om 'n eksamen te slaag nie, maar om 'n goeie dokter te wees."
Benewens sy vele akademiese en persoonlike projekte, vind Louw ook op een of ander manier nog tyd om president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kliniese Hematologie, voorsitter van die Globale Oortappingsforum en ? lid van die Wêreldgesondheidsorganisasie se Werkgroep oor Voorligting vir Pasi?ntbloedbestuur te wees.
Ten spyte van hierdie veeleisende skedule, is Louw 100% toegewy aan sy gesin. Hy sê sy vrou Hymne, 'n fisioterapeut, en hul drie dogters (mediese dokter Talitha, rekenmeester Danielle-Verné en elektroniese ingenieurstudent Anna-Mart) is “super-ondersteunend". Hy erken ook sy ouers, Vernon en Hester Louw – beide alumni van die Universiteit Stellenbosch en voormalige sendelinge – dat hulle ? kritieke rol in sy lewe gespeel het tydens sy vormingsjare.
Louw is duidelik ? begaafde akademikus en ? deernisvolle mens. Hy sal beslis 'n groot aanwins wees vir die Universiteit Stellenbosch se Departement Geneeskunde en vir die Fakulteit. “Ek wil help bou," sê hy.