Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMRC) en die Universiteit Stellenbosch (US) kondig die aanstelling van medeprofessor Mohlopheni Jackson Marakalala aan as Eenheidsdirekteur van die US/SAMRC Sentrum vir Tuberkulose Navorsing (STR). Dié sentrum is gele? in die US se Departement Biomediese Wetenskappe in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.
Marakalala is tans ? internasionale genoot by die Wellcome Trust en fakulteitslid by die Afrika Gesondheidsnavorsinginstituut en professor by Universiteitskollege Londen, en sal sy nuwe rol op 1 Maart 2025 opneem. Hy volg prof Robin Warren op, wat sy ampstermyn as STR-eenheidsdirekteur in 2024 afgesluit het.
Die STR is toegewy aan die uitvoer van voorpuntnavorsing om die begrip van tuberkulose (TB) te verbeter, vinnige diagnostiese toestelle te ontwikkel en die volgende generasie navorsers in die voortdurende stryd teen TB te kweek.
Marakalala se navorsing fokus hoofsaaklik op aansteeklike siektes, veral die immunopatogenese van TB, met die doel om gasheergerigte terapie? te ontwikkel wat middelaars van longskade teiken. Sy navorsing ondersoek ook die meganismes wat deur mikobakterie? gebruik word om verskeie komponente van die immuunstelsel te ontduik.
Prof Liesl Zühlke, SAMRC Visepresident: Buitemuurse Navorsing en Interne Portefeulje, het haar entoesiasme oor die aanstelling uitgespreek: “Ek sien uit daarna om saam met prof Marakalala te werk terwyl hy talent binne die eenheid koester en ontwikkel, en nuwe vennootskappe smee wat die SAMRC versterk deur belyning met ons strategiese doelwitte."
Met ? PhD in Chemiese Patologie het Marakalala homself gevestig as ? prominente navorser in aansteeklike siektes. Sy loopbaan sluit in affiliasies met die Instituut vir Aansteeklike Siektes en Molekulêre Geneeskunde aan die Universiteit Kaapstad en Harvard TH Chan Skool vir Openbare Gesondheid (VSA). Sy bydraes tot die veld het hom talle toekennings besorg, insluitend die 'Rising Star'-toekenning by die 2019 Grand Challenges-byeenkoms, Nasionale Navorsingstigting se Opkomende Navorsingsuitnemendheid-toekenning, en die SAMRC se Wetenskaplike Meriete toekenning. Hy het wyd gepubliseer in gesogte ho?-impak joernale en het talle vroe?-loopbaan wetenskaplikes gementor.
Prof Nico Gey van Pittius, Visedekaan: Navorsing en Internasionalisering by die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, het gesê: “Ons is verheug om prof Marakalala by ons uitsonderlike navorsingspan te verwelkom. Sy uitgebreide internasionale ervaring in aansteeklike siektes, veral TB, maak hom by uitstek geskik om die FGGW se wêreldklas TB-navorsingspogings te lei. Gekombineer met die US se Biomediese Navorsingsinstituut se moderne fasiliteite, en die sterk jarelange vennootskap tussen die US en die SAMRC, verwag ons baanbrekende navorsing van sy eenheid."