As die vierde algemeenste kanker by vroue wêreldwyd, bly servikale kanker 'n groot gesondheidsuitdaging. Meer as 90% van sterftes kom in lae- en middelinkomstelande (LMIL's) voor, met Afrika suid van die Sahara as een van die streke wat die swaarste getref word. Servikale kanker, wat ontwikkel as gevolg van 'n langtermyninfeksie met die menslike papillomavirus (MPV), is die grootste oorsaak van kankersterftes onder vroue in Suid-Afrika, ten spyte van vooruitgang in vroe? opsporing en voorkoming.
“Hoewel daar 'n verskuiwing van selgebaseerde servikale kankersifting na MPV-DNS-sifting plaasgevind het, is laasgenoemde alleen dikwels nie spesifiek genoeg om klinies bruikbare resultate te lewer om vroue te identifiseer wat die risiko loop om servikale siekte te ontwikkel nie," sê dr Robyn Adams. Sy het onlangs haar doktorsgraad in verloskunde en ginekologie aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Die titel van haar PhD-studie was “Exploring options for the secondary prevention of cervical cancer in South Africa".
Adams het ondersoek ingestel na die gebruik van 'n chemiese proses bekend as DNS-metilering as 'n molekulêre toets om sorg in MPV-siftingsprogramme te prioritiseer, veral vir vroue wat met MIV leef en positief toets vir sekere ho?risiko-MPV-tipes, maar nie direkte verwysing vir behandeling ontvang nie. Vroue wat met MIV leef, loop 'n groter risiko vir aanhoudende ho?risiko-MPV-infeksies en servikale kanker weens verswakte immuunstelsels.
- ?Selfoongebruikers klik hier vir video.
Volgens Adams bied DNS-metilering 'n potensi?le oplossing om die spesifisiteit van MPV-sifting te verbeter. Sy verduidelik: “Die DNS-metileringsmerkertoets werk deur spesifieke veranderinge in die DNS van servikale selle op te spoor. Hierdie veranderinge, bekend as metilering, vind plaas wanneer metielgroepe of 'etikette' by sekere dele van die DNS gevoeg word. Hierdie 'etikette', wat soos skakelaars optree, kan be?nvloed hoe gene geaktiveer word om die instruksies in die DNS te lees om prote?ene te maak wat die selle help om hulle werk te doen.
“Wanneer MPV-infeksie veranderinge in die servikale selle veroorsaak, kan dit tot abnormale DNS-metileringspatrone lei. Die toets fokus op twee belangrike biologiese aanwysers wat al bewys is dat dit met die teenwoordigheid en erns van servikale siektes, insluitend servikale kanker geassosieer word."
Adams sê hierdie toets is uniek omdat dit, anders as tradisionele metodes soos selkontroles wat na abnormale selle soek, veranderinge in die DNS teiken wat vroe?r in die siekte plaasvind, wat dit moontlik maak om klinies beduidende MPV-geassosieerde servikale abnormaliteite op te spoor wat meer geneig is om tot kanker te oor te gaan.
“Deur hierdie vroe? molekulêre veranderinge op te spoor, bied DNS-metileringstoetsing 'n meer akkurate manier om vroue te identifiseer wat 'n groter risiko het om servikale kanker te ontwikkel. Dit is veral belangrik in gebiede waar vertraagde toegang tot behandeling en opvolgsorg 'n uitdaging is.
“Wanneer dit saam met MPV-toetsing gebruik word, bied dit 'n akkurater manier om te bepaal of 'n MPV-infeksie waarskynlik beduidende siektes sal veroorsaak en of dit net 'n tydelike infeksie is wat nie onmiddellike ingryping vereis nie. Sy voeg by dat hierdie toets ook uitgevoer kan word op dieselfde monster wat vir MPV-toetsing gebruik word, of dit nou deur 'n gesondheidsorgwerker of deur die persoon self geneem word."
Adams wys egter daarop dat hoewel die toets vroue met servikale probleme korrek ge?dentifiseer het, dit ook 'n groot aantal ongeldige resultate opgelewer het, wat in sommige gevalle nie duidelike antwoorde gebied het nie.
“Omdat die ongeldige resultate potensi?le betroubaarheidskwessies aan die hand doen, is bykomende navorsing met 'n groter poel deelnemers nodig om dit te verfyn en om die doeltreffendheid daarvan te bevestig. Hoewel die toets belofte toon, is verdere werk nodig om die geskiktheid daarvan vir roetine-sifting van servikale kanker te bepaal. Die verbetering van bekostigbaarheid sal ook van uiterste belang wees, veral vir inwerkingstelling in Suid-Afrika en ander LMIL's."
Terwyl navorsing oor hierdie onderwerp voortduur, beveel Adams aan dat ons ons nasionale beleid vir die voorkoming van servikale kanker met die riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) belyn, wat MPV-DNS-toetsing as die goue standaard vir primêre sifting prioritiseer. In Suid-Afrika beveel baie dokters steeds Papsmere aan, maar MPV-toetsing word toenemend as 'n beter, akkurater metode vir kankersifting aanvaar.
“Die belyning van die nasionale beleid met die WGO-riglyne sal konsekwente implementering in alle provinsies verseker en 'n verenigde en billike servikale kankersiftingsprogram skep wat die land se uiteenlopende gesondheidsorguitdagings aanspreek.
“Ons kan dit bereik deur die landwye oorgang na MPV-DNS-toetsing te versnel; die inkorporering van opsies om self monsters te neem om hindernisse in toegang aan te spreek; versterking van data-insameling en moniteringstelsels om vordering op te volg, leemtes te identifiseer en programvolhoubaarheid te verseker; gereelde opdatering van die nasionale beleid om nuwe wetenskaplike bewyse te weerspie?l; en die versekering van gedifferensieerde siftingsbenaderings vir vroue wat met MIV leef, insluitend korter tussenposes, vroe?re sifting vanaf 25-jarige ouderdom, en pasgemaakte strategie? wat behandeling vir hierdie vroue kan prioritiseer op grond van die erns van hulle toestand en vroe? opsporing kan verbeter."