中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Student using app
Universiteit Stellenbosch digitaliseer studentelewe met nuwe koshuis-toep
Outeur: Jeraldene Menon
Gepubliseer: 03/02/2025

?Die Universiteit Stellenbosch (US) is geen vreemdeling as dit by innovasie kom nie. Afrika se eerste elektriese minibus en 'n vervaardiger van ruimtekomponente tel onder die instelling se indrukwekkende lys van prestasies. SUNCOM se Koshuisdienste-afdeling bou nou voort op hierdie nalatenskap met die bekendstelling van ‘n digitale studentetoepassing. Die doel is om daaglikse prosesse te vereenvoudig, kommunikasie te verbeter en volhoubaarheid te bevorder met papierlose administrasie. Die eerste fase is 'n loodsprojek wat die haalbaarheid van die digitalisering van US se mees arbeidsintensiewe studenteverwante prosesse toets voordat dit op groot skaal gaan uitrol.?

Die US Koshuisdienste, 'n afdeling van SUNCOM (voorheen bekend as die Universiteit Stellenbosch Kommersi?le Dienste ), bestuur die universiteit se studentebehuisingsbedrywighede. In hulle strewe tot uitnemendheid doen die afdeling gereeld vergelykende studies met plaaslike en internasionale universiteite om te verseker dat hulle hul dienste optimaliseer. Hierdie navorsing het gelei tot die ontwikkeling van die toep, in vennootskap met Factory209 (F209), ‘n US-afwentelmaatskappy wat spesialiseer in die kommersialisering van universiteitsinnovasies.

Geraldine Minnaar, Bestuurder van Koshuisdienste, het haar opgewondenheid oor die toepassing se bekendstelling gedeel en beklemtoon hoe dit administratiewe prosesse kan vereenvoudig en verwerkingstye kan verminder. “Hierdie toep sal papierwerk uitskakel en ons in staat stel om studente-navrae vinniger en doeltreffender te hanteer.” 
Die implementering volg 'n gefaseerde benadering, met Nemesia en Dagbreek as die eerste koshuise waar die app getoets gaan word. ’n Opleidingsessie is op Maandag 27 Januarie by Nemesia gehou om alle betrokkenes gereed te kry vir die bekendstelling op 29 Januarie 2025. Hierdie voorgraadse koshuise sal die platform toets onder noukeurige monitering van F209. Indien die loodsprojek suksesvol is en nadat verdere tegniese verbeterings gemaak word, sal die platform vanaf die tweede semester na alle koshuise uitgerol word.

SUNCOM se Bedryfshoof, Gary Muizenheimer, het die universiteit se verbintenis tot innovasie beklemtoon en gesê: “As deel van die Innovasie- en Kommersialiseringsafdeling is ons voortdurend op soek na nuwe maniere om studente se ervarings te verbeter. Ons is vol vertroue dat hierdie toep suksesvol gaan wees en 'n waardevolle toevoeging tot Koshuisdienste sal maak.”

Die Koshuisdienste-afdeling, in vennootskap met F209, bly daartoe verbind om die platform voortdurend te verbeter en aan te pas sodat dit aan die veranderende behoeftes van studente en personeel voldoen.

Vir meer inligting oor Koshuisdienste aan die Universiteit Stellenbosch, klik hier.