中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Verseker jou plek in die maroen golf
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 24/01/2025

Dames en here, ons het opwindende nuus!

#Move4Maties durf die ikoniese 2025 Kaapstad-fietstoer aan. Ons gaan vanjaar groot en mik na 'n maroen golf met 100 energieke fietsryers wat hierdie inisiatief verteenwoordig. #Move4Maties ’n unieke en kragtige manier om die hele Universiteit Stellenbosch-gemeenskap te verenig. Dit put inspirasie uit ’n passie vir fiksheid, ’n ingesteldheid van terugploeg in ander, en die begeerte om huidige en toekomstige Maties te help om hul drome te verwerklik.?

Deur by ons span aan te sluit ervaar jy nie net die opwinding van die fietsrit nie, jy help ook om fondse in te samel vir verdienstelike Maties-studente in finansi?le nood. Elke trap van die fietspedale bring ons nader om te verseker dat hardwerkende studente hulle drome kan najaag sonder die bekommernis van finansi?le struikelblokke op hul pad.

En as 'n spesiale dankie vir jou ruimhartigheid bied ons jou R100 afslag op jou inskrywingsgeld.

Dit is jou kans om by 'n passievolle span alumni, personeel, studente, en vriende aan te sluit, en jou liefde vir fietsry te kombineer met jou verbintenis om 'n verskil te maak.

Deur by die #Move4Maties-span aan te sluit, het jy toegang tot die volgende voordele:

  • R100 afslag: Ontvang 'n afslag van R100 op jou inskrywingsgeld vir die Kaapstad-fietstoer.
  • #Move4Maties-trui: Splinternuwe trui-ontwerp
  • Viering voor die fietstoer: Sluit by ons aan vir 'n opwindende pretonthaal voor die fietstoer op Donderdag 6 Maart vir netwerkgeleenthede met medefietsryers, fietsryhandelsmerke en -legendes ter voorbereiding vir die Groot Dag.
  • Fantastiese pryse: Fantastiese pryse word toegeken aan alle fondswerwers wat hulle doel bereik, en diegene wat spangees beliggaam.

Verseker jou plek in die maroen golf

Moet asseblief nie hierdie geleentheid misloop om fiets te ry vir ons studente in nood, kontak te maak met mede-Maties, en werklik 'n verskil te maak nie. Plekke is beperk, so registreer nou! Jy het kans tot Donderdag 30 Januarie.

  1. Verseker jou inskrywing en R100 afslag op Quicket hier.
  2. Skep jou GivenGain-fondswerwingsbladsy. Teken hier in.

Maak gereed om te trap vir studentesukses. Kom ons maak 2025 ons grootste en suksesvolste #Move4Maties Kaapstad-fietstoer ooit.

Vrae? Kontak vir Alwin Mabuza by amabuza@sun.ac.za 

Hier gaan ons!