中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Professor Chris van der Hoven aangestel as Senior Direkteur van die Stellenbosch Bestuurskool
Outeur: Stellenbosch Business School / Bestuurskool
Gepubliseer: 23/01/2025

?Die Stellenbosch Bestuurskool kondig met trots die aanstelling van professor Chris van der Hoven as sy nuwe Senior Direkteur met ingang van 1 Januarie 2025 aan.

Hierdie aanstelling is 'n deurslaggewende oomblik in die instelling se strewe na akademiese uitnemendheid en bedryfsrelevante navorsing en leer. Sy kundigheid strek oor die bedryf en die akademie wat beteken dat hy al saam met leierskapspanne in meer as 40 lande gewerk het.

Prof Van der Hoven het 'n PhD aan die Universiteit van Cambridge gehaal en beskik oor 'n magdom ondervinding en 'n bewese rekord in strategiewe leierskap. Nadat Van der Hoven sy loopbaan in Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk (VK) begin het, het hy by die Cranfield Bestuurskool en daarna by die Universiteit van Cambridge gewerk. Terwyl hy in die VK gesetel was, het hy besoekende akademiese poste by tien toonaangewende universiteite beklee, insluitende die Stockholm Skool vir Ekonomie, die Mannheim Besigheidskool, die Paul Cezanne-Universiteit in Frankryk en die Nanjing-Universiteit. Plaaslik was hy 'n besoekende akademikus by die Universiteit van Kaapstad se Nagraadse Bestuurskool (projekportefeuljebestuur en innovasiebestuur) en by die Gordon Institute of Business Science (strategie).

Voordat hy het in 2018 die leisels by die Stellenbosch Besigheidskool se Uitvoerende Ontwikkelingseenheid (SBS-ED), die uitvoerende ontwikkelingsarm van die Besigheidskool, opgeneem het, oorgeneem het, was Prof Van der Hoven die akademiese direkteur by die Wits Besigheidskool. Onder sy leierskap het SBS-ED gefloreer, ondanks die uitdagings van die 中国体育彩票-pandemie, en hy dit in 'n aanpasbare en veerkragtige organisasie met 'n uiteenlopende kli?ntebasis omskep.

Sy bydrae tot akademiese vakkundigheid het studieleiding aan verskeie PhD-, MBA- en Innovasie-meestersgraadstudente ingesluit. Hy was ook die medeskrywer van talle gevallestudies, vaktydskrifartikels en boekhoofstukke. Sy voortgesette werk in die bedryf het op daarop gefokus om nuutaangestelde uitvoerende hoofde aan boord te bring, asook op direksiedinamika en strategie.

Visioenêre leierskap vir 'n transformerende denkwyse

Terwyl die Stellenbosch Besigheidskool ses dekades van bevordering van leierskap in Afrika en verder vier, is prof Van der Hoven gereed om die instelling na 'n opwindende nuwe hoofstuk te lei.

Sy aanstelling beklemtoon die gedeelde visie van die SBS-adviesraad en die Universiteit Stellenbosch-leierskap om oorsig en ondersteuning vir beide die graad- en uitvoerende kortkursusportefeuljes te versterk.

Hy beoog om deur sy "een skool"-benadering die instelling se verbintenis met die bedryf en sy verhoudings met toonaangewende sakestemme te bevorder. Sy verklaarde sameroepingslogika is om die indiensneembaarheid van individue vir hulle organisasies deur die gekombineerde portefeulje van graad- en uitvoerende ontwikkelingsprogramme te bevorder. Vir studente beteken dit dat hulle leer om aktief na o?nskynlik onoorkomelike uitdagings te soek en dit te omarm en sodoende te leer om in voortdurend veranderende kontekste te floreer – hetsy vir bevordering, om in hul loopbane in 'n rigting te stuur of om vervulling te vind in hulle bydrae tot die samelewing wat hulle dien. Vir maatskappye behels dit die voorbereiding van personeel om na nuwe rolle oor te skakel, om by verandering aan te pas en om 'n betekenisvolle invloed op sakegroei te hê. “Relevante navorsing bly 'n uiters belangrikge onderliggende aspek van die Skool se vermo? om hierdie geleenthede te bied. Die vermo? van ons gegradueerdes om hierdie navorsing te doen, die relevansie van die inhoud van die navorsing en ons gevolglike invloed is wat die Stellenbosch Besigheidskool laat uitstaan," voeg hy by.

Hy sê: "Ons is duidelik: Ons rus leiers met die vaardighede en die ingesteldheid toe om waardige uitdagings te identifiseer en te bepaal, om dit om te keer en om groei binne hulle organisasies aan te dryf. Dit sluit inspirerende persoonlike groei vir die mense in hulle 'sorgsfeer' in. Vir ons gaan dit nie oor 'onderwys-soos-gewoonlik' nie. Vir ons gaan dit daaroor om lewensveranderende leerervarings te lewer wat indiensneembaarheid, behendigheid en duidelikheid in 'n ontwrigtende wêreld bevorder. Deur dít te doen, erken ons die behoefte aan belyning tussen persoonlike bemarkbaarheid en die behoeftes van werkgewers."

Ten slotte wys prof Van der Hoven daarop dat "ons as 'n besigheidskool die bykomende verantwoordelikheid het om aktief by en vir besigheid betrokke te raak. Die kortpad na irrelevansie is as ons op die kantlyn van die ideologiese en konseptuele stryd van ons vasteland en land staan. Dit is 'n uitdagende taak om in te weeg op 'n wêreld van fopnuus en sosiale hipersensitiwiteit. Ons moet die moed hê om vir besigheid te pleit deur uiteenlopende stemme bymekaar te bring, die bewyse te verskaf waar dit bestaan en oorgerustheid te verban. Die Stellenbosch Besigheidskool moet 'n netto positiewe bydraer bly (nie 'n netto verbruiker nie), sodat ons personeel en gegradueerdes gesog is in die markte wat hulle bedien."

Bou voort op die nalatenskap van uitnemendheid

Prof Van der Hoven volg prof Charles Adjasi op, wat die afgelope jaar as direkteur waargeneem het. Adjasi se buitengewone leierskap het stabiele en samewerkende leierskap gedurende die oorgangstydperk verskaf. Dit het die Skool se samewerkende kultuur en verbondenheid tot uitnemendheid gedurende sy ampstermyn verseker.

Die Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, professor Wim de Villiers, het gesê: "Die Universiteit Stellenbosch is verheug om prof Van der Hoven as die nuwe Senior Direkteur van die Stellenbosch Besigheidskool te verwelkom. Sy indrukwekkende rekord in akademiese leierskap en sy begrip van internasionale handel posisioneer hom perfek om die Skool na 'n nuwe era van innovasie en impak te lei. Terwyl ons voortgaan om ons visie te bevorder om toekomstige leiers te vorm en transformerende verandering regoor Afrika en verder te dryf, is ek vol vertroue dat die Stellenbosch Besigheidskool onder leiding van prof Van der Hoven sy reputasie as 'n wêreldklasinstelling verder sal versterk. Ons wens hom alle sukses met hierdie belangrike rol toe."

Prof Van der Hoven is getroud en woon in die Paarl. Hy hou van sy e-fiets en is 'n oorland-entoesias wat die afgelope drie jaar Zambi?, Botswana en Namibi? besoek het. Hy het twee volwasse dogters, wat albei trotse gegradueerdes van die Universiteit Stellenbosch is.

Meer oor die Stellenbosch Besigheidskool

Die Stellenbosch Besigheidskool is 'n internasionaal-erkende instelling wat deurgaans onder Afrika se top sakeskole gereken word. Die Skool het die gesogte Triple Crown-akkreditasie (EQUIS, AACSB en AMBA), 'n onderskeiding wat deur minder as 1% van sakeskole wêreldwyd gehou word. Die Skool is bekend vir sy verbintenis tot akademiese uitnemendheid, leierskapontwikkeling en bedryfsrelevansie, en het leiers opgelewer wat 'n tasbare invloed op Afrika en die res van die wêreld het. Die Stellenbosch Besigheidskool bied 'n volledige reeks graad- en uitvoerende ontwikkelingsprogramme in gerieflike formate aan.