中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Uitblinkers by tweede Sosiale Impak-toekennings vereer
Outeur: Sibulele Mboyi
Gepubliseer: 20/12/2024

Die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs sy tweede jaarlikse Sosiale Impak-toekenningsplegtigheid aangebied om erkenning te verleen aan die merkwaardige individue en spanne wie se werk ? groot verskil in ons gemeenskappe maak.

Van ? baanbrekersinisiatief wat bewustheid oor buurtopknapping verhoog tot programme wat kinders met MIV ondersteun en ? baanbrekersvennootskap tussen die Universiteit en gevangenisse, is die ontvangers van die toekennings ? voorbeeld van die Universiteit se toewyding tot kennis in diens van die samelewing. Nege ontvangers is by die toekenningseremonie by die US Museum vir hulle bydraes vereer om sosiale impak in hul gemeenskappe te bevorder.

Prof Nico Koopman, Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel aan die US, het in sy verwelkomingstoespraak die belangrikheid daarvan beklemtoon om diegene te vereer wat waarde tot gemeenskappe toegevoeg het. “Sosiale impak moet ? transformerende impak wees wat bydra tot samelewings waar daar waardigheid vir almal en genesing van wonde vir almal is," het hy benadruk.

“Vanaand vier ons ons kollegas, want julle dra by tot kennis in diens van die samelewing deur navorsing en vernuwing, leer en onderrig, asook al die akademiese professionele dienste en ko-kurrikulêre werk. Julle dra by tot die vernuwing van individue, van instellings, van ons kampusse en van ons gemeenskappe in die bre?r samelewing," het Koopman gesê.

Die programdirekteur vir die aand, Joanne Williams, het verduidelik dat die idee agter die Sosiale Impak-toekennings was om te erken dat sosiale impak nie in isolasie plaasvind nie.

“Sosiale impak is spanwerk. Dit is ? samewerkingspoging met gemeenskapsvennote. Albei ons kategorie? erken dit, maar met ons eerste toekenningskategorie identifiseer ons ? spesifieke individu binne ? inisiatief," het Williams verduidelik. “Ons spantoekenningskategorie gee erkenning aan personeellede of spanlede in samewerking met ? gemeenskapsvennoot."

Individuele ontvangers

Die individuele Sosiale Impak-toekennings is deur dr Leslie van Rooi, Senior Direkteur: Sosiale Impak en Transformasie aan die US, oorhandig.

Die eerste ontvanger was dr Armand Bam, Hoof van Sosiale Impak by Stellenbosch se Besigheidskool, wat vereer is vir sy onwrikbare toewyding om betekenisvolle maatskaplike verandering te bevorder, veral op gebiede van sistemiese ongelykheid.

Ria Olivier, mede-ondersoeker, projekbestuurder en digitale argivaris van die Antarctic Legacy of South Africa, het ? toekenning ontvang vir dié projek wat ten doel het om Suid-Afrika se nalatenskap in die Antarktiese streek te bewaar. Die toekenning is namens haar deur dr Anne Treasure ontvang.

Prof Ronnie Donaldson van die Departement Geografie en Omgewingstudies is bekroon vir sy inisiatief om die kunste te gebruik om bewustheid oor buurtopknapping in Stellenbosch se landelike gemeenskappe en dorpe te skep.

Tembela Boyana van die Familiesentrum vir Navorsing met Ubuntu (Famcru), wat in die Departement Pediatrie en Kindergesondheid by die US se Tygerberg-kampus gesetel is, is vereer vir die ontwikkeling en ondersteuning van ? kultureel sensitiewe, bedagsame en ondersteunende metode om jong kinders se MIV-status aan hulle bekend te maak.

Dr Mary Nel het die toekenning ontvang vir die Ubuntu-leergemeenskap, ? baanbrekersvennootskap wat in 2018 tussen die US en die Departement van Korrektiewe Dienste gevestig is. Die program het ten doel om opvoedkundige toegang vir gevangenes te bevorder, terwyl studente bemagtig word om betekenisvol by kwessies van maatskaplike geregtigheid en persoonlike transformasie betrokke te raak.

Spantoekennings

Dr Sipho Mahokoto, senior dosent in sistematiese teologie en etiek, het die oorhandiging van die toekennings vir die groep- en spaninisiatiewe gefasiliteer.

Die eerste ontvanger van ? Sosiale Impak-spantoekenning was prof Shahida Moosa, Hoof van Mediese Genetika by die Tygerberg-hospitaal en die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), vir haar span se waardevolle bydraes tot openbare gesondheid deur die Navorsingsgroep vir Seldsame Siekte-genomika. Die toekenning is namens haar deur dr Marianne Gush ontvang.

Dorette du Plessis van die Sentrum vir Indringingsbiologie aan die US en haar span het ? Sosiale Impak-toekenning ontvang vir die Iimbovane-uitreikprojek, ? opvoedkundige inisiatief wat die natuur as ? platform gebruik om leerders te help om praktiese wetenskapsvaardighede en ? waardering vir biodiversiteit te ontwikkel.

Dr Therese Fish, Visedekaan: Kliniese Dienste en Sosiale Impak by die FGGW, en prof Karin Baatjes, Visedekaan: Leer en Onderrig by die FGGW, het ? gesamentlike toekenning vir die InReach Sentraal-Karoo-projek ontvang. Die inisiatief het ten doel om die agterstand in katarakoperasies en tandheelkundige dienste in die Tuinroete en Sentraal-Karoo-distrikte aan te pak.

Die ontvanger van die laaste toekenning was Pieter Conradie, navorsingsingenieur van die Fakulteit Ingenieurswese, vir die Spoorveiligheidsveldtog. Hierdie projek het ten doel om jong kinders oor spoorwegveiligheid te onderrig.

Die individuele ontvangers van die Sosiale Impak-toekenning het elkeen R25 000 as ? gratifikasie ontvang, terwyl projekspanne R30 000 ten bate van hulle inisiatiewe ontvang het.