中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Van plattelandse wortels tot radioster: Sibulele Ndudula skitter op MFM 92.6
Outeur: Steyn du Toit
Gepubliseer: 19/12/2024

?Elke tree van sy daaglikse ses kilometer lange staptog van Kayamandi na die Universiteit Stellenbosch (US) se Neelsie-studentesentrum om MFM 92.6 se ontbytprogram aan te bied, getuig van Sibulele Ndudula se passie vir radio en sy onwrikbare vasberadenheid om te doen waarvoor hy lief is.

Dié jare lange deursettingsvermo? en volharding het vrugte afgewerp – Ndudula is onlangs by die nasionale Telkom Radio-toekennings as Beste Ontbytprogramaanbieder (kampuskategorie) aangewys.

Ndudula se verhaal getuig van veerkragtigheid. Hy is in die plattelandse dorp Mthatha in die Oos-Kaap gebore en geto? en is as seun deur radiostemme bekoor wat groot afstande na luisteraars oorbrug het en intieme verbintenisse met hulle geskep het.

“Radio was nog altyd my droom. Toe ek 14 was, nadat ek jare lank geboelie is, het ek besef ek wil my stem gebruik om ? impak te maak. Radio was in my kindertyd die hoofmedium en ek het daarvan gedroom om ? aanbieder te word," onthou Ndudula.

“Ek het langs die pad baie verwerping ervaar. Terwyl ek in Grahamstad gestudeer het, het ek ondanks aanvanklike 'nee dankies' aangehou om by die plaaslike radiostasie aan te klop. Uiteindelik het ek my voet in die deur gekry en met middernagskofte begin. My kollegas het my oor produksie geleer. Dit was my deurbraak en ek het nog nooit teruggekyk nie."

Radio is ? roeping

Die 33-jarige se reis het hom oor provinsies heen van die Oos-Kaap na KwaZulu-Natal geneem, asook deur ontelbare persoonlike uitdagings. Hy het uiteindelik in die Wes-Kaap beland en in 2022 by MFM 92.6, die US se kampus- en gemeenskapsradiostasie, aangesluit. MFM, wat bekend is vir dinamiese programmering en toewyding tot die koestering van jong talent, het aan hom ? platform gebied om sy vaardighede te slyp en as ? uitsaaier te groei.

Ondanks sy verantwoordelikhede as ? pa van twee en die daaglikse uitdaging van ? lang stap werk toe, het Ndudula sy rol as die aanbieder van die stasie se vlagskip-ontbytprogram aangegryp. Hy is gou ook as die aanbieder van die daaglikse middageteprogram aangestel – ? dubbele rol wat hy ywerig vervul het. Hy het hom boonop as ? bekwame fasiliteerder van die afgelope twee jaar se kwekeling-innames onderskei, verduidelik MFM 92.6 se waarnemende stasiebestuurder, Martin de Abreu. “Sy vermo? om insiggewende kommentaar met innemende humor te meng, het meegebring dat hy vinnig ? gunsteling onder luisteraars geword het."

Vir Ndudula is radio ? roeping. Hy glo in die krag daarvan om gemeenskappe in te lig, op te voed en te verbind. Hy put die beste uit elke onderhoud, hetsy of dit met die sielkundige dr Angelic Nespola, die wêreldbekende kwantumfisikus prof Francesco Petruccione, die skepper van amapiano-treffers Tyler ICU, die rapper Early B of die komediant Dalin Oliver is.

“Radio het ? lank bestaande voordeel as ? betroubare, direkte platform. Dit lewer regstreekse, ongeredigeerde inhoud, wat intydse interaksie bevorder. Anders as TV, wat dikwels op geredigeerde beeldmateriaal staatmaak, stel radio luisteraars in staat om stories vir hulleself voor te stel en te interpreteer, wat kreatiwiteit aanwakker. Ofskoon sosiale media vinnig is, is daar ? probleem met betroubaarheid," verduidelik Ndudula. “Radio verg verifikasie en geloofwaardige bronne, wat betroubaarheid verseker. Hierdie balans van onmiddellikheid en integriteit onderskei radio as ? noodsaaklike medium."

De Abreu beskou Ndudula se onlangse toekenning as ? weerspie?ling van die stasie se toewyding om talent te koester. “Ons span se harde werk en die etos wat ons handhaaf, begin aansienlike vrugte afwerp. Sibulele se reis is nie net sy eie nie – dit is ? bewys van wat moontlik is wanneer talent en geleenthede ontmoet."

Nis vir plaaslike storievertelling

Ondanks Ndudula se prestasies het hy sy visier op ? selfs groter droom gerig: om sy eie gemeenskapsradiostasie te begin. Sy visie is om ? platform te skep wat stemme wat onvoldoende verteenwoordig word, te versterk, opleiding vir aspirant-uitsaaiers te verskaf en as ? nis vir plaaslike storievertelling te dien.

“My droom is om eendag by ? groter stasie te werk en my stem landwyd te laat opklink. As dit nie gebeur nie, is my doelwit om ? gemeenskapsradiostasie in my tuisdorp, Mthatha, te vestig. Terwyl ek grootgeword het, het ek net isiXhosa-stasies gehoor en het eers van Engelse radiostasies gehoor nadat ek Makhanda toe getrek het," sê hy. “Dit het my ge?nspireer om ? Engelse/isiXhosatalige stasie tuis te skep wat groter loopbaangeleenthede aan plaaslike aanbieders bied. Daar is tans beperkte geleenthede vir isiXhosa-aanbieders en hulle wag lank vir bevordering. ? Tweetalige stasie sal moontlikhede uitbrei, terwyl ons steeds ons taal en kultuur eerbiedig."

As hy oor sy eie pad nadink, wat ? Nasionale Diploma in Menslike Hulpbronbestuur insluit, is Ndudula nederig en dankbaar. “Ek is alles aan my ouers verskuldig, wat my ondersteun het op maniere wat ek nooit kan terugbetaal nie. Hulle is nie meer hier nie, maar ek hoop hulle is trots op my en op hierdie toekenning. Hulle opofferings en geloof in my drome inspireer my elke dag. “Ek sou ook nie hier gewees het sonder die ondersteuning van my gesin, my kollegas by MFM en die luisteraars wat my vertrou om deel van hulle oggende te wees nie," voeg hy by, met die hoop dat sy storie ander sal inspireer om hulle passie ondanks struikelblokke na te streef.

Vir die US en MFM 92.6 beklemtoon Ndudula se sukses die waarde daarvan om in jong talent te belê. “Ons is van die groei van ons span tot die vergroting van luisteraarsinteraksie daartoe verbind om ? betekenisvolle uitsaai-ervaring met impak te skep," sê De Abreu. “Die stasie se pogings om vermaak met opvoeding en kreatiwiteit met professionaliteit te balanseer, lewer voortgesette dividende soos blyk uit toekennings soos dié van Sibulele en die groeiende betrokkenheid van die gehoor."

Lees meer oor MFM 92.6 en die stasie se ses benoemings in die nasionale radiotoekenningskompetisie: