中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die krag van verbind bly met jou alma mater
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 17/12/2024

Wanneer laas het jy jou e-posadres, fisiese adres, en selfoonnommer vir die Universiteit Stellenbosch bygewerk? Indien jy onseker is, is jy nie alleen nie. Daar is heelwat alumni wat nie besef hoe belangrik dit is om hul kontakbesonderhede tot op datum te hou nie. Het jy geweet die Alumni-kantoor stuur e-posse spesifiek volgens jou gelyste woonadres uit? As jou besonderhede verouderd is, kan jy dalk uitnodigings na funksies, netwerkgeleenthede, en streekspesifieke nuus misloop.

Om met jou alma mater en jou plaaslike alumni-tak verbind te bly gaan nie net oor nostalgie nie, dit beteken eerder om deel te bly van 'n wêreldwye netwerk wat deur wedersydse steun en gedeelde geleenthede gedy. Dink hoe goed dit sal wees om uitnodigings na eksklusiewe alumni-byeenkomste, akademiese praatjies, en kulturele geleenthede in jou area direk in jou e-posbus te ontvang. Deur jou inligting by te werk help jy om die Stellenbosch-alumnigemeenskap te verstewig en te verseker dat jy deel van 'n onderling verbonde, florerende globale Maties-netwerk bly.

Een van die beste maniere om hierdie verbintenis te ervaar is deur ons alumni-takke. Hierdie takke dien as die hub vir netwerkvorming, professionele groei, en sosiale betrokkenheid. Of dit nou 'n formele geleentheid met 'n gasspreker, 'n toevallige ontmoeting, of 'n gemeenskapsinisiatief is, die alumni-takke bring alumni op betekenisvolle maniere byeen. Dit bied die geleentheid om eendersdenkende mense te ontmoet, ervarings te deel, en jou professionele en persoonlike horisonne uit te brei.

Vir diegene wat verder verbind wil bly – het julle geweet ons het WhatsApp-groepe vir alumni in verskeie streke oor die wêreld heen? Hierdie groepe is 'n goeie manier om in kontak te bly en by ander Maties in die omgewing in te skakel. Sluit aan deur eenvoudig 'n e-pos te stuur aan alumni@sun.ac.za met vermelding van jou studentenommer, naam, van, selfoonnommer, en woonadres, sodat ons dataspan jou profiel kan bywerk.

As jy weer met voormalige klasmaats, kamermaats of ander alumni wil kontak maak, is ons interne platform Maties Connect net die plek vir jou. Dink daaraan as ons eie LinkedIn vir Maties. Op www.matiesconnect.com kan jy uitreik na ou vriende, netwerk met mede-alumni, vakatures adverteer, of selfs daardie volgende posisie opsoek. En die beste van als? Dis heeltemal gratis vir alle Stellenbosch-alumni.

Deur op datum en verbind te bly bevoordeel jy nie net jouself nie – jy dra by tot 'n sterker, meer samehangende alumni-netwerk. Saam kan ons 'n globale gemeenskap bou wat ons gedeelde erfenis vier, samewerking bevorder, en geleenthede vir elke Matie skep.

Moenie jou verbintenis met Stellenbosch en die wonderlike alumni-netwerk laat vervaag nie. Werk asseblief jou besonderhede by, sluit aan by 'n alumni-tak of 'n WhatsApp-groep, en verken die geleenthede wat deur Maties Connect op jou wag. Kom ons hou die Matie-gees lewend en voorspoedig, waar ons ook al in die wêreld is.?

  • Werk jou besonderhede by deur 'n e-pos na alumni@sun.ac.za te stuur. Onthou om jou US-nommer en huidige posadres in te sluit.