?Toe dr Teresa David in 2015 by die Universiteit Stellenbosch (US) aangeland het, kon sy net een frase in Engels sê: "Goeiem?re." David is gebore en geto? in Angola waar Portugees die amptelike taal is, en het nog nooit in enigiets anders as haar moedertaal gestudeer nie.
Hoewel kommunikasie aanvanklik 'n groot uitdaging by die US was, het sy haar daartoe verbind om in 'n rekordtyd Engels vlot te leer praat. Deur suiwer vasberadenheid en die ondersteuning van onverwagte mentors het sy die eerste in haar gesin geword wat gegradueer het. Sy is ook die eerste Angolese vrou wat 'n PhD in Nuwe-Testamentiese studies verwerf het.
David is in Huambo in sentraal-Angola gebore en is die vyfde kind in 'n gesin van agt broers en susters wat diep betrokke by die Evangeliese Pinksterkerk grootgeword het. Sy het in die pastorale voetspore van haar pa, Nascimento David, gevolg deur te besluit om teologie te studeer.
"My pa is my rots. Hy was nog altyd my grootste rolmodel en ondersteuner," sê David. "Hy het gesê hy wil hê ek moet 'n goeie opvoeding kry sodat ek 'n loopbaan kan bou en vir myself kan sorg. Hoewel hy sou verkies het dat ek eerder in die regte studeer, het hy my nooit ontmoedig nie."
Haar akademiese reis het by die Evangeliese Teologie Ho?r Instituut in Lubango-ISTEL in Angola begin, waar sy in 2013 'n Baccalaureus in Teologie verwerf het.
Die idee om na die US te kom, is in 2014 gebore toe haar pa 'n pastoorvriend in Johannesburg besoek het." Ná 'n gesprek met sy vriend het my pa gebel om te vra of ek 'n nagraadse kwalifikasie in Suid-Afrika wou doen. Ek het gesê, ja, daar is 'n universiteit waaroor my dosente dikwels gepraat het in 'n plek met die naam Stellenbosch," vertel David.
Bemeester Engels
"Ek het nie geweet waar Stellenbosch is nie, so my pa het besluit om die dorp te besoek. Hy het dadelik op Stellenbosch verlief geraak. Hy het gesê dit sal die perfekte plek vir my wees, want ek is jonk en gretig om myself uit te daag deur ander tale te leer."
Haar gesin het genoeg geld gespaar om David se eerste studiejaar by die US te dek. Voordat sy vir haar nagraadse diploma in Teologie geregistreer het, het sy die jaarlange intensiewe Engelse program voltooi wat deur die Taalsentrum aan die US aangebied word. "Dit was baie uitdagend, maar om die Engelse program te doen, was die beste besluit wat ek kon geneem het," sê David. "Die kursus is uitstekend. Aanvanklik kon niemand my verstaan nie, so ek moes myself dwing om te luister en te probeer kommunikeer."
Haar gesin het ongelukkig teen die einde van 2015 teenspoed beleef wat haar studies amper ontspoor het. David se ma, Valeriana, is met 'n breingewas gediagnoseer en haar broer het tuberkulose gehad.
"My pa het my gevra om terug te kom na Angola. As gevolg van my ma en broer se gesondheidsprobleme was daar nie geld vir my om te studeer nie. Maar toe gebeur iets wonderliks. 'n Man met die naam Jo?o Baptista wat ek op die lughawe ontmoet het toe ek die eerste keer na Suid-Afrika gekom het, het kontak behou en dikwels navraag gedoen oor my akademiese vordering. Hy het 'n vriend van ons gesin geword. Toe hy my pa bel om uit te vind hoe dit met my gaan ná my eerste jaar, het die gesprek 'n toevallige wending geneem. Hy het uit die niet aangebied om vir ons geld te leen as my pa sukkel om my te onderhou. Ons was geskok. Ek het my pa gevra of ek eers daaroor kon bid en dink."
Ná 'n paar dae van besinning het David besluit om die aanbod van geldelike hulp te aanvaar. Dit het haar in staat gestel om haar visum te hernu en vir registrasie by die US te betaal. Teen die einde van 2015 het sy sulke fenomenale vordering gemaak dat sy winsgewende vryskutvertaalwerk van Engels in Portugees begin doen het. Hierdie inkomste het haar in staat gestel om vir die volgende akademiese jaar te registreer en die geld wat by die weldoener geleen is, terug te betaal. Gelukkig het die gesin teen daardie tyd verneem dat haar ma verkeerd gediagnoseer is en nie 'n breingewas het nie. Dit het ook beter gegaan met haar broer.
'n Begaafde student
David is in Desember 2017 met Baptista Alberto Panda getroud – dieselfde jaar wat sy haar meestersgraad in teologie aan die US begin het. In 2019 het sy haar meestersgraad met vlie?nde vaandels voltooi. "Nadat ek na Angola teruggekeer het, het my dosente kontak behou en dikwels navraag gedoen oor my planne om met 'n PhD voort te gaan. Ek het 'n konsepvoorstel by my studieleier gelos voordat ek weg is, en hy het reeds met regstellings begin. Dit het my gemotiveer om terug te kom."
Die besluit om vir haar PhD te registreer, is bemoeilik deur die feit dat sy in 2019 swanger geraak het. David het 'n week nadat sy aan haar seun, Alberto Weyale David Panda, geboorte geskenk het, die nuus ontvang dat sy 'n doktorale beurs ontvang het. Dit was weer eens haar pa se raad wat David oortuig het om die uitdaging aan te pak. "Gaan en sit jou studie voort. Jy hoef nie as vrou met minder tevrede te wees nie. Wat jy ook al nodig het, ons is hier om jou te ondersteun," het hy vir haar gesê.
David het in 2021 aanvanklik sonder haar man, maar met haar agt maande oue baba na die US teruggekeer. "Dit was moeilik, ook weens die 中国体育彩票-pandemie. Ek moes my baba by die dagsorg los terwyl ek elke dag in die biblioteek deurgebring het. Gelukkig het ek teen daardie tyd 'n goeie ondersteuningstelsel gehad – vriende wat vir my soos familie geword het. My seun het ook gefloreer. Hy praat nou Engels en Afrikaans. Ek probeer hom nog steeds Portugees leer!" lag David.
Haar man het later by haar op Stellenbosch aangesluit. Hy het ook teologie aan die US begin studeer en sal aanstaande jaar sy meestersgraad voltooi.
Prof Jeremy Punt van die US se Fakulteit Teologie beskryf David in sy studieleierverslag as 'n "begaafde en ywerige student". Hy loof die akademiese nougesetheid waarmee sy korrupsie, nepotisme en leierskapsdinamika in Angola deur 'n Bybelse perspektief vir haar proefskrif bevraagteken het.
Haar navorsing het dieper gedelf in hoe nepotisme en voortrekkery, eerder as meriete, dikwels besluitneming in godsdienstige instellings dryf – 'n besonder relevante kwessie in Angola. "Wanneer mense in openbare instellings op grond van hulle verbintenisse eerder as hulle kwalifikasies bevorder word, benadeel dit maatskaplike geregtigheid," verduidelik David.
Dankbaar teenoor die US
Sy sê sy sal altyd dankbaar wees teenoor die US vir die geleenthede wat sy gekry het en die deure wat die Universiteit vir haar oopgemaak het. "Ek het gehoor hoe mense aannames maak oor Stellenbosch en sê dit is 'n rassistiese plek of net vir ryk mense bedoel. Ek praat uit my eie ondervinding en kan uit die diepte van my hart sê dat daar baie goeie mense hier is.
"Studieleiers soos prof Jurgens Hendriks het 'n groot verskil in my lewe gemaak. Hy het vir my soos 'n vaderfiguur geword. Hy was redelik streng, maar hy het my gedruk om uit te blink en my potensiaal te verwesenlik," sê David. "Ek is ook baie dank aan die Fakulteit Teologie deur die Netact-kantoor verskuldig wat my die geleentheid gegee het om as huisadministrateur by Weidenhof 14, die internasionale koshuis vir studente, te werk. Hierdie ervaring het my akademiese reis verryk en gehelp om vir my verblyf te betaal." David is so ontroer deur die hulp en ondersteuning wat sy op Stellenbosch ontvang het, dat sy besluit het om 'n boek getiteld The Angels in My Life te skryf.
Sy hoop om voort te gaan met navorsing. "Akademiese betrokkenheid maak my gelukkig. Ek sal graag iewers 'n dosent of 'n navorser wil word, maar op die oomblik hoop ek om 'n postdoktorale geleentheid te kry om myself as navorser te vestig."
Die hoogtepunt van die viering van haar akademiese prestasies aan die US was om uiteindelik haar ouers op Stellenbosch te verwelkom en hulle by haar gradeplegtigheid in die gehoor te hê. "Dit is 'n wonderlike gevoel. Ek is die eerste in my gesin wat 'n meestersgraad of 'n PhD behaal het. Nadat ek my eerste graad verwerf het, het my pa en my ma en my broers en susters ook hulle s'n verwerf. Ek dink my moed en durf het my gesin aangemoedig en ge?nspireer. Om myself uit te daag om anders te wees, was vir ons almal baie lonend."
FOTO: Stefan Els