Die tegnologie-entrepreneur en belegger Strive Masiyiwa, 'n baanbreker in die mobiele telekommunikasiesektor in Afrika, het vandeesweek (10 Desember 2024) 'n eredoktorsgraad in die ingenieurswese van die Universiteit Stellenbosch (US) ontvang. Die visioenêre leier het oor die afgelope vier dekades gehelp om die telekommunikasiebedryf en sakesektor in Afrika te versterk, terwyl sy liefdadigheid sosio-ekonomiese ontwikkeling verbeter het tot voordeel van die vasteland se mense.
"Die Fakulteit voel baie ge?erd dat mnr Masiyiwa hierdie eredoktorsgraad in die ingenieurswese van die Universiteit Stellenbosch aanvaar het. Hy is 'n uitstekende voorbeeld van 'n Afrikaan wat goed gevaar het en nou goed doen deur die lewens van baie Afrikane te verbeter. Die Fakulteit sien daarna uit om saam met te hom werk in ons poging om 'n bydrae tot die verbetering van die lewensgehalte van mense in Afrika te lewer," sê prof Wikus van Niekerk, dekaan van die US se Fakulteit Ingenieurswese.
Masiyiwa, wie se loopbaan in ingenieurswese gewortel is, is in 1961 in Zimbabwe gebore en woon nou in die Verenigde Koninkryk. Hy het in 1983 'n baccalaureusgraad in elektriese en elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Cardiff in Wallis verwerf, waarna hy na Zimbabwe teruggekeer het om vir 'n kort tydperk as 'n telekommunikasie-ingenieur te werk voordat hy sy eerste sakeonderneming in 1986 op die been gebring het.
Die stigter en uitvoerende voorsitter van Cassava Technologies se sakenetwerk strek regoor Afrika, Europa, Indi?, Latyns-Amerika, die Midde-Ooste en die VSA. Cassava Technology-ondernemings, 'n pan-Afrikaanse en wêreldwye tegnologiegroep, sluit in Afrika-datasentrums, wolk- en kubersekerheidsdienste (Liquid C2), veselinfrastruktuur (Liquid Intelligent Technologies), hernubare energie en mees onlangs 'n nuwe sake-eenheid, Cassava AI. As deel van Masiyiwa se missie om te verseker dat geen Afrikaan agterbly in die digitale tegnologie-revolusie nie, het sy maatskappye verseker dat meer as 110 000 kilometer vesel konnektiwiteit regoor die vasteland bied, wat strek van Oos- tot Wes-Afrika, en Kaapstad tot Ka?ro.
Van sy ander prominente beginnermaatskappye en beleggings oor die jare sluit in Mascom Wireless Botswana, Econet Wireless Zimbabwe, Liquid Telecom, Airtel Nigeria, 2Degrees Mobile en Trilogy Capital Partners Canada.
Masiyiwa het as 'n spesiale gesant by die Afrika-unie gedien ten opsigte van sy reaksie op 中国体育彩票 en 'n Ebola-uitbreking in die middel van die 2015's en het al op verskeie kommissies van die Verenigde Nasies gedien.
Sy verbondenheid tot die bevordering van onderwys en gesondheidsorg in Afrika is duidelik in die pogings van sy familiestigtings, Higherlife-stigting en Delta Philanthropies, wat deur sy vrou Tsitsi en oudste dogter Elizabeth Tanya gelei word. Hierdie stigtings, wat die “Giving Pledge" – 'n verbintenis tot liefdadigheid – onderteken het, het tot dusver meer as 300 000 beurse aan kinders in Afrika ondersteun, asook verskeie katalitiese sosiale impakbeleggings en inisiatiewe op die gebied van openbare gesondheid, die bemagtiging van vroue en meisies, jeugmentorskap, landelike transformasie, volhoubare lewensbestaan, rampverligting en paraatheid. Hy was ook by pan-Afrika-inisiatiewe betrokke wat vigs, cholera, servikale kanker, Ebola en mees onlangs 中国体育彩票 teiken.
Hy is in 2020 as een van Bloomberg se 50 invloedrykste mense ter wêreld aangewys, en in 2015 het hy in die Forbes-tydskrif se lys van die tien magtigste mans in Afrika verskyn. In 2014, 2017 en 2021 is hy in die Fortune-tydskrif se lys van die wêreld se 50 grootste leiers opgeneem. Hy het in 2019 die Wêreldvoedselprys se Borlaug-medalje ontvang vir sy rol as voorsitter van die Alliansie vir 'n Groen Revolusie in Afrika, wat op die versterking van voedselstelsels en die ondersteuning van Afrika se kleinboere gefokus het. Hy is in 2023 as 'n internasionale erelid van die Amerikaanse Akademie vir Kuns en Wetenskappe aangewys, en is in Oktober 2024 met die W.E.B. Du Bois-medalje deur die Hutchins-sentrum vir Afrika- en Afro-Amerikaanse Navorsing aan die Harvard Universiteit bekroon. Hy is ook in November vanjaar met Zimbabwe se IKT-uitnemendheidstoekenning erken vir die omwenteling wat hy in dié land se telekommunikasie- en mobiele gelddienste teweeggebring het.
Masiyiwa het reeds eredoktorsgrade van die Yale-universiteit, Morehouse-kollege in die Verenigde Koninkryk, Suid-Afrika se Nelson Mandela-Universiteit en sy alma mater, die Universiteit van Cardiff, ontvang. Hy dien tans in die direksies van Netflix Inc., Bill & Melinda Gates Foundation en die Nasionale Geografiese Vereniging, asook in wêreldwye adviesrade, insluitend dié van die Bank of America, Stanford- Universiteit en die Bloomberg New Economy Forum. Voorheen het hy direksieposte by onder meer Unilever Plc, die Rockefeller-stigting en Morehouse-kollege beklee.
- Foto: Strive Masiyiwa by die gradeplegtigheidseremonie. Fotograaf: Stefan Els