Hulle is verseker die twee mees herkenbare eerstejaar rekenaarwetenskapstudente in Suid-Afrika.
Veer Gosai (19) en Joel Cedras (18), eerstejaarstudente aan die Universiteit Stellenbosch (US) het mekaar in April 2024 tydens 'n rekenaarwetenskaptutoriaal ontmoet. Die twee het onmiddellik by mekaar aanklank gevind toe hulle eers oor hul eie IT-projekte begin gesels het wat op ho?rskool ontwikkel is.
Veer, wat aan die Ho?rskool Fourways in Johannesburg gematrikuleer het, bou en bestuur reeds sedert ho?rskool gratis opvoedkundige webwerwe. SA Papers is 'n webwerf met vorige eksamenvraestelle vir laer- en ho?rskoolleerders in Suid-Afrika wat in 2024 meer as drie miljoen besoekers gehad het. Hy bou nou soortgelyke webwerwe en mobiele toepassings vir leerders in Rwanda, Zambi?, en ander ontwikkelende lande.
Joel, 'n oudleerder van Protea Heights Academy in Brackenfell, kodeer al sedert sy laerskooldae. Buiten sy akademie, is hy 'n vryskutwebontwikkelaar wat webwerwe vir klein besighede en organisasies sonder winsbejag bou.
Sedert daardie eerste ontmoeting het hul vriendskap – en rekenaarvaardighede – hul op 'n nasionale wipwarit geneem. Nadat groot swakplekke in SASSA se maatskaplike toelae-betalingstelsel én bedrog met die aanlyn aansoekproses om die Maatskaplike Noodleniningstoelae aan die lig gekom en in GroundUp gepubliseer is, is hul na die Parlement ontbied. Hulle het ook talle onderhoude met televisie- en radiostasies en die gedrukte media gehad, wat eNCA, Cape Talk, PowerFM, IOL, You Magazine, Die Burger, en die SABC ingesluit het.
Me Nokuzola Tolashe, Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, het onlangs die twee studente geprys vir die openbaarmaking van hul bevindinge.
Veer sê die meeste van die kode wat betrokke is in die blootlegging van die SASSA-bedrog, was in JavaScript wat hul al op skool geleer het. Gedurende hul eerste jaar op universiteit het hul geleer hoe om doeltreffende en leesbare kode soos Python te skryf.
Met die kombinasie van hierdie kennis en vaardighede is die twee nou op 'n missie om die IT-stelsels van openbare instellings en maatskappye in die private sektor in Suid-Afrika te verbeter in openbare belang: “Ons is twee eerstejaar rekenaarwetenskapstudente wat aan die Universiteit Stellenbosch studeer en ons wys kwesbaarhede uit in verskeie regerings- en private sektor-stelsels wat openbare beskikbare internetbronne gebruik," verduidelik Veer en Joel.
Is daar nog ondersoeke in die pyplyn?
“Ons werk tans aan 'n paar nuwe ondersoeke benewens die SASSA- en Me&You RICA bedrogkwessie wat kwesbaarheid uitwys wat ons in baie, private maatskappye gevind het," voeg hulle by.
Hulle werk nou saam met die hoofredakteur van GroupdUp, dr. Nathan Geffen, om hierdie stories die lig te laat sien: “Nathan was instrumenteel in sy leiding om hierdie kwessies eties te benader. Hy het ons gehelp om die verskillende sake aan relevante mense en departemente te rapporteer en ons gehelp om ons eie artikels te skryf. Hy het 'n groot rol gespeel in die ontleding van ons bevindinge, aangesien hy ook 'n rekenaarwetenskap en datagedrewe agtergrond het. Sy platform, GroundUp, het ons in staat gestel om ons verdoemende bevindings wat van kardinale openbare belang is, te publiseer, én sy span het gehelp sodat ons suksesvol kon wees.
Maar na alles is die twee min gepla oor hul beroemdheid: “Die media en publiek beskou ons bevindings in 'n positiewe lig. Ons is bly dat SASSA, die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, die Parlementêre Portefeuljekomitee vir Sosiale Ontwikkeling en die Suid-Afrikaanse publiek almal saamstem dat die skuiwergate in die SRD-stelsel dringend aandag moet kry, aangesien dit die mees kwesbare mense in die samelewing negatief raak.
“Ons is dankbaar teenoor die publiek dat hulle die erns van hierdie saak insien en ons is dankbaar teenoor die verskillende nuusplatforms dat hul hieroor verslag doen," sluit hulle af.
Hieronder is snelskakels na hul onthullings en hul inligtingsessie aan die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling.
https://groundup.org.za/article/we-discovered-flaws-massive-fraud-in-sassas-srd-system/
https://groundup.org.za/article/social-grant-fraud-sassas-responses-inspire-no-confidence/
https://www.parliament.gov.za/press-releases/media-alert-social-development-committee-be-briefed-alleged-weaknesses-sassas-social-grant-payment-system
https://www.youtube.com/live/hK-LFmxZ-dU?si=ejy4EswieM1jF9uA
https://groundup.org.za/article/this-mobile-provider-failing-to-implement-rica-law/
Op die foto bo, Joel Cedras en Veer Gosai. Foto: Stefan Els