?Pieter Wever het in 1984 by die Universiteit Stellenbosch (US) aangesluit as deel van die Afdeling Finansies. Dit was die begin was van 'n veertigjarige nalatenskap wat ons vanjaar met sy aftrede vier. Die US het destyds 'n voertuigpoel van slegs twintig voertuie gehad. Namate die vraag na meer voertuie toegeneem het, het die universiteit besef dat daar 'n behoefte was aan 'n meer gestruktureerde vervoerdienste afdeling. Dit het Pieter en sy span genoop om die US se eerste volwaardige voertuigvloot-afdeling te stig. In Januarie 1995 het hulle as ‘n volhoubare eenheid begin funksioneer.
Pieter het in sy loopbaan by die US waardevolle verhoudings met personeel, verskaffers, fakulteite en belanghebbendes in die bedryf gebou, wat instrumenteel was in die groei van die afdeling. Elize Cloete van Halfway Toyota in Ottery skryf: "Pieter se sagte ysterhand is fenomenaal om na te wil streef. Ons by die Halfway Toyota-groep is dankbaar vir die se?n van Pieter se tyd, wysheid en bo alles: sy onvoorwaardelike uitkyk en perspektief".
Wat in 1988 as 'n maatskappymotorskema vir personeel begin het, het ontwikkel tot een van die belangrikste dienste aan personeel en studente aan die US. Pieter se reis saam met die Vervoerdienste-afdeling was nie sonder uitdagings nie, maar sy deursettingsvermo? en rustige houding het hom in staat gestel om dit met gemak te navigeer. Pieter, wat bekend is vir sy aangename sin vir humor en toeganklikheid, het 'n gesonde en positiewe omgewing vir personeel en kollegas geskep wat lank na sy aftrede sal voortduur.
Vir een van sy grootste aanhangers, Lelanie Langford, Operasionele Bestuurder by Vervoerdienste, is Pieter 'n advertensie vir die US. "Ongeag die persoon wat hier inkom, almal word met liefde en respek behandel. Of dit nou die Rektor of 'n skoonmaker is, daar is geen onderskeid by hom nie. Hy dien almal en behandel hulle dieselfde. Hy het mense gehelp om die regte keuses te maak toe hulle hul voertuie gekoop het, en in die proses het hy hulle baie geld gespaar. Hy doen sake met integriteit en word deur die hele bedryf gerespekteer.”
Hein Swanepoel, Senior Direkteur by SUNCOM (waarvan Vervoerdienste deel vorm), het sy gedagtes oor Pieter gedeel: "Ná veertig veertig jaar se harde werk en toewyding sal Pieter se nalatenskap 'n permanente stempel op hierdie afdeling laat. Hy was altyd daar vir sy personeel, gereed om 'n bemoedigende woord te deel en 'n grap te maak op die manier wat net hy kon. Pieter het sy personeel werklik soos familie behandel en het die vermo? gehad om die vrede te bewaar in enige situasie. Sy nalatenskap gaan oor meer as net sy werk, wat altyd voorbeeldig was. Dit spreek tot sy karakter, vriendskap en vriendelikheid.”
Hein het gesê die voertuigvloot in 1994 was bitter klein in vergelyking met sy grootte vandag. Soos die kampusgemeenskap gegroei het, het die behoefte aan verhoogde vervoerdienste en 'n belynde vervoerpersoneel-komplement ook toegeneem. "Pieter het hierdie uitbreiding gefasiliteer deur die implementering van die Mobiliteitsplan in 2013 wat die pendeldiens ingesluit het om personeel en studente op die kampusse te vervoer.”
Volgens Hein is Matie-fietshuur en parkeerbestuur is later by hul dienste gevoeg om volhoubaarheid aan te moedig en te bevorder. Soos die kampus verder uitgebrei het na nuwe gebiede, het Pieter en sy span bykomende vlote bygevoeg om die groeiende aantal personeel en studente te akkommodeer.
"Pieter se visie en leierskap was instrumenteel in die groei van hierdie departement, wat nou finansieel onafhanklik van die universiteit funksioneer, na sy integrasie met SUNCOM. Sy bydraes buite die departement sluit in verskeie samewerkings met die motorbedryf en die US Logistieke departement. Hy het ook verskeie samewerkings met die Ingenieursfakulteit gedryf, soos die mees onlangse projek: die omskakeling van Suid-Afrika en Afrika se eerste elektriese minibustaxi’s,” sê Hein.
Namate die Vervoerdienste-afdeling na 'n nuwe beweeg, sal Pieter altyd vereer word as 'n voorloper wie se nalatenskap steeds die US en sy steeds groeiende gemeenskap raak.