??Elke jaar hou die Universiteit Stellenbosch (US) se Verantwoordelikheidsentrum (VS) van Bedryf en Finansies 'n toekenningsgeleentheid om die prestasies van ons personeel te vier. Vanjaar is twee uitsonderlike personeellede van Innovus vereer vir toewyding en harde werk in hul onderskeie omgewings die afgelope jaar. Dudley Meyer, Groepsko?rdineerder by Koshuisdienste, 'n afdeling van SUNCOM, en Nadine Price, Operasionele- en Gemeenskapsbeampte by US LaunchLab (LL), is deur hul bestuurders genomineer as erkenning van hul bydraes.
Dudley Meyer het sy reis by Koshuisdienste in Desember 2009 as 'n Ko?rdineerder by die Tygerberg-kampus begin. Sy kalm, professionele en vriendelike houding het hom 'n betroubare steunpilaar onder kollegas, studente en ander belanghebbendes gemaak.
Na sewe jaar in hierdie rol, is Meyer op 1 September 2024 as Groepko?rdineerder by Koshuisdienste aangestel. Voor sy nuwe aanstelling, het hy van 2022 af 'n tussentydse rol vervul om 'n nuwe beste praktyk werkmetode in werking te stel. Hierdie nuwe werkmetode het verseker het dat die Tygerberg-woonstelle in lyn met die US se oorhoofse waardes, is. Hy het dit met gemak behaal.
Geraldine Minnaar, Bestuurder van Koshuisdienste, het Meyer vir sy werksetiek geprys en gesê: “Hy is altyd gretig om te help en die ekstra myl te loop vir enigiemand wat vra. Hy is betroubaar en natuurlik kalm in stresvolle situasies. Oor die algemeen is sy positiewe houding uiters aansteeklik. Dudley is een van die mees toegewyde en hardwerkende mense wat ek die plesier gehad het om mee te werk, en die terugvoer van ander interne belanghebbendes weerspie?l dit ook. Ons is werklik dankbaar en gelukkig om hom as deel van ons span te hê."
Nadine Brink, wie dikwels beskou word as die hartklop van SU LaunchLab (LL), het in 2021 by die afdeling aangesluit. In hierdie kort tydjie het sy uitsonderlike resultate behaal wat verseker het dat almal in die gesamentlike werkruimte goed versorg word, en dat die inkubate van hul entrepreneurskapsprogramme met die nodige kennis wegstap om te floreer. Brink bestuur alle daaglikse bedrywighede van die fasiliteit, die finansies en re?l funksies. Sy help ook nou met administrasie wat deel uitmaak van die portierdienste wat aan die US se afwentelmaatskappye beskikbaar gestel word. Brink word gerespekteer en is gewild by interne en eksterne belanghebbendes van SU Launchlab.
In sy motivering vir Brink se benoeming in die VS-toekennings, prys Brandon Paschal, Adjunkdirekteur van afwentelmaatskappye en bestuurder van die SU Launchlab, Brink vir haar professionele optrede en haar bereidwilligheid om bykomende verantwoordelikhede te aanvaar terwyl sy in haar rol uitblink.
“Nadine het respekvolle en konstruktiewe terugvoer gegee wat ons gehelp het om ons aanbod aan afwentelmaatskappye en studente deurlopend te verbeter. Sy was 'n groot kampioen vir ons Matiepreneurs en het waardevolle insette en sorg gegee terwyl hulle deur die Entrepreneurskapontwikkelingsprogram in die Ho?ronderwys Intervarsity-kompetisie gegaan het. Sy was 'n proaktiewe denker en aktiveerder, wat verseker het dat los drade verbind word en 'n standaard van uitnemendheid by al SU Launchlab se funksies en programme gehandhaaf word."
By die toekenningsgeleentheid op 20 November 2024, het die hele Verantwoordelikheidssentrum (VS) by die Adam Small-teater saamgekom om die prysontvangers te vier. Dudley en Nadine is hartlik verwelkom deur Prof. Stan du Plessis, Uitvoerende Bedryfshoof van die VS Bedryf en Finansies, om hul welverdiende toekennings te ontvang saam met met agt ander kollegas wie se onderskeie afdelings ook genomineer is vir uitsonderlike prestasie.?