中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Innovus vier 'n nuwe era van uitvinders by die Uitvinders-toekennings 2024
Outeur: Jeraldene Menon
Gepubliseer: 03/12/2024

Die Innovus Tegnologie-oordragkantoor (TTO) het onlangs navorsers en uitvinders by Stellenbosch Universiteit (SU), vir hul akademiese uitnemendheid gevier deur die toekenning van vanjaar se patente op hul jaarlikse Uitvinders-toekenningsgeleentheid. Die geleentheid erken die bydraes van navorsers tot die innovasie-ruimte en beklemtoon die enorme potensiaal van Intellektuele Eiendom (IE) in die bevordering van tegnologie en die skep van werklike impak in die samelewing. 

Te midde van die pragtige agtergrond van L’avenir Estate het die 2024 Innovus Uitvinders-toekennings meer as tagtig navorsers, bedryfvennote en SU-personeel bymekaar gebring. In vennootskap met Von Seidels het die TTO negentien patentsertifikate toegeken vir patente in verskeie gebiede toegeken, asookses spesiale toekennings aan meer as veertig navorsers. 

Ravini Moodley, direkteur van Innovus TTO, het gesê: “Om op die kruispunt van navorsing en werklike impak te werk, is ongelooflik bevredigend. Ons kry die kans om die potensiaal van navorsing en uitvindings te ontdek en te verken en om positiewe impak op die samelewing te maak. Dit is 'n eer om hierdie werk te doen en met hierdie navorsers te werk.” 

In 'n kort boodskap het Bastiaan Koster, besturende vennoot by Von Seidels, die belangrikheid en krag van ‘n storie wat 'n besigheid met die wêreld deel, beklemtoon. Hy het gesê dat ’n onderneming se storie oor hoe dit gegroei het, is uiters belangrik.  Elke onderneming se storie het 'n anker nodig, en daardie anker is dikwels handelsmerk wat die onderneming mee identifiseer. 

‘n Hoogtepunt van die aand was die spesiale toekennings wat Anita Nel, Hoofdirekteur van die Innovasie- en Kommersialiseringafdeling, aan die volgende ontvangers oorhandig het: 

Fakulteitstoekennings 

Toegeken Patente 2024: Fakulteit Wetenskap 
Uitvindingsaankondigings: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 
Uitvindingsaankondigings: Fakulteit Ingenieurswese 
Spin-out Maatskappy: Fakulteit Wetenskap 

Impaktoekenning 2024: Voordele-delings en Gemeenskapsontwikkeling 

  • Professor Nox Makunga 

Navorsingsinnoveerder Toekennings 2024: 

  • Dr. Catherine Kaschula 
  • Professor Gerhard Walzl 
  • Professor Robert Pott 

In sy toespraak, het Professor Stan du Plessis, die US se Uitvoerende Bedryfshoof gesê:: “Deur na julle uitvindings vannaand te luister en te besin oor die moontlikheid dat sommige van die uitvindings dalk moeilik was om van die begin af te realiseer, besef mens hoe belangrik dit is dat hierdie uitvindings produktiwiteit sal verhoog of transaksiekoste sal verlaag, want dit is die dinge wat die trajek van ons samelewing sal verhoog.” 

Sommige van die patente wat toegeken is, sluit metodes en instrumente vir die diagnose van COVID-19, Antifungale Peptied Samestellings (BIOPEP), ‘n IR Naald, ‘n Autofagiese Sensor Prototipe en 'n Lykontledings-tafel in. 

Kontak gerus ons Tegnologie-oordragkantoor om meer te leer van hierdie patente by  tto@sun.ac.za.