中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Raad neem kennis van Kriegler-paneel Se verslag, handhaaf Wilgenhof-besluit
Outeur: Stellenbpsch 中国体育彩票 Council / Raad van die Universiteit Stellenbosch
Gepubliseer: 02/12/2024

VERKLARING DEUR DIE RAAD VAN DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH?

Die Raad van die Universiteit Stellenbosch het vandag die Kriegler-paneel se verslag oorweeg. Die onafhanklike paneel, onder voorsitterskap van oudregter Johann Kriegler, het spesifieke bewerings oor die wysiging en verwante openbaarmaking van die De Jager-paneel se verslag oor die Wilgenhof-koshuis ondersoek.

Die Raad het kennis geneem van en oorweging geskenk aan van die bevindings van die Kriegler-paneel, asook skriftelike voorleggings van prokureurs namens die De Jager-paneel, bykomende dokumentasie en insette wat deur die Visekanselier verskaf is en insette deur die voorsitter van die Raad.

Die Raad het ná 'n robuuste bespreking 'n mosie met meerderheidstem aanvaar wat erken dat die Visekanselier en voorsitter van die raad 'n fout begaan het deur nie die Raad van wysigings aan die De Jager-paneelverslag in kennis te stel nie. Die minderheidstemme teen die mosie is aangeteken soos versoek.

Die Raad het aanvaar dat nie een van hulle "kwaadwillig of te kwader trou of met enige bedoeling om die besluite van die Raad met betrekking tot Wilgenhof-koshuis te be?nvloed opgetree het nie, en slegs gedoen het wat hulle geglo het in die beste belang van die Universiteit Stellenbosch is".

Die mosie het die Visekanselier gekritiseer wat die verslag van die De Jager-paneel met Kanselier Edwin Cameron gedeel het. Volgens die Raad verteenwoordig dit 'n mistasting in oorsigbestuur wat nie herhaal moet word nie.

Net so het die Raad kennis geneem van die Voorsitter se verskoning vir 'n oordeelsfout wat verband hou met die nie-openbaarmaking aan die Raad van die wysigings wat aan die De Jager-paneel se verslag aangebring is. Die Raad was krities oor hierdie oordeelsfout en het die Voorsitter dit op die hart gedruk dat 'n herhaling vermy moet word.

Die Raad het ingestem om sy bestuursprosesse wat met kommunikasie tussen die Rektoraat, die voorsitter van die Raad en met die Raad verband hou, te heroorweeg.

Laastens het die Raad sy besluite oor die sluiting en heropening van die koshuis as 'n herverbeelde, herskepte manskoshuis herbevestig. Dié besluit is "in ooreenstemming met 'n meer inklusiewe, deelnemende (raadgewende) benadering wat die Raad gevolg het".

Die Raad het ook twee mosies goedgekeur waarin hy sy "teleurstelling en ontsteltenis" uitspreek oor die uitlek van die Kriegler-paneel se verslag aan die media, aangesien sodanige optrede in stryd is met die Raad se gedragskode, dit die werk van die Raad ondermyn en tot benadeling vir geraakte individue gelei het.

Die besluite wat vandag geneem is, weerspie?l die Raad se verbintenis tot nougesette oorsigbestuur, prosedurele regverdigheid, aanspreeklikheid en respek.

Hierdie beraadslagings vloei voort uit die Universiteit Stellenbosch se kernwaardes van uitnemendheid, deernis, billikheid, aanspreeklikheid en respek wat in ons Visie 2040 verwoord word. Die Wilgenhof-saak spruit uit die ontdekking van die ontstellende inhoud van twee kamers in die koshuis in Januarie vanjaar en verdere bewyse van gedrag en rituele wat nie met hierdie waardes ooreenstem nie.

Vir 'n gedetailleerde tydlyn en stawende dokumente, klik asseblief hier.

Die Raad erken dat dit 'n uitdagende oomblik vir ons Universiteitsgemeenskap is. Ons is vol vertroue dat die Universiteit Stellenbosch sterker na vore sal tree, met 'n hernude fokus op die bou van 'n instelling wat aanspreeklikheid en respek vir almal op die hart dra.